Uit Dominee se kantoor

‘n Boekie wat handel oor ‘n leraar se ervaring van die bediening.

Geskryf deur Ds. Welly du Toit uit sy ervaring in die gemeente

Parow-Suid


Ekonomiese en Politieke veranderinge beinvloed die kerk.
Waar kom Parow-Suid vandaan?
Parow-Suid: 13 Januarie 1989 tot 21 Julie 1996
Die verhouding met die Ring van ParowDie positiewe ervarings van die bediening
Die negatiewe ervarings van die bediening
‘n Dag in die lewe van ‘n dominee
100 redes waarom jy kwaad is vir dominie
Hoe het die Here met my gepraat?


Ekonomiese en Politieke veranderinge beinvloed die kerk.

‘n Kykie in die lewe van ‘n dominee is ‘n boekie wat ek geskrywe het vanuit my ervaringe in my eerste gemeente, NGK Parow-Suid wat ek bedien het vanaf 13 Januarie 1989 tot 21 Julie 1996. Die boekie is geskrywe rondom die gebeure in hierdie gemeente en ons stryd om oorlewing rondom finansies en lidmatetal. Ek bedien hierdie stadsgemeente met sy 55 woonstelblokke vir sewe en ‘n halwe jaar as boerseun wat op ‘n plaas groot geword het. Dit was vir my ‘n reuse aanpassing vanaf Karoo bossies en Dorper skape na woonstelblokke en betonmure met stads(binne)inwoners en bergie buitewoners. Dit was nie maklik nie. Ek het Sondag vir Sondag afgestap kerk toe en met Tafelberg gepraat asof hy my verstaan en kon hoor; "berg, vir jou sien ek nie meer lank nie." Tog was dit asof die berg rotsvas gestaan het, asof dit vir my wou sÍ; "jou omstandighede gaan nie verander nie, jy moet verander." Die mens is ‘n aanpasbare wese. Hou jou oŽ op die Here en jy raak so lief vir mense en ‘n omgewing dat jy nooit weer daar wil weggaan nie. As ‘n mens weet jy is binne die wil van die Here, kan jy midde in ‘n oorlog situasie woon waar die bomme elke dag rondom jou ontplof. Dit sal vir jou steeds die veiligste plek op aarde wees want die veiligste plek op aarde is binne die wil van die Here.

Woonstel bewoners trek baie vinniger in en uit as mense wat in huise woon. Ek het in 1991 met ‘n gemeente profiel vasgestel dat 50% van die gemeentelede elke 4 jaar wegtrek. Baie mense wat om een of ander rede vanaf die platteland na die stad verhuis, of mense wat vanuit een van die ander dele van die land na die Skiereiland verhuis, huur eers ‘n woonstel as tydelike verblyf. Die woongebied Parow-Suid is ‘n relatiewe goedkoop area vir woonstelverhuring. Mense sal dan wag totdat hulle huis klaar gebou is, of totdat hulle ‘n geskikte huis kry om te huur of te koop, of totdat die huis wat hulle gekoop het ontruim is en al die verf en herstelwerk klaar gedoen is. Hierdie mense skakel nie in by die gemeente waar hulle dan tydelik vir drie tot ses maande of soms selfs langer woon nie. Dit is vir hulle slegs ‘n tydelike goedkoop verblyf.

Die situasie rondom Parow-Suid gemeente het ook in die afgelope sewe jaar drasties verander. Die gebied het geindustrialiseer, baie van die ouer mense (gelowiges, gereelde kerkgangers en ondersteuners) het weggetrek weens die feit dat woonstel huur met 99% (vanaf R250 per maand na R1250 per maand) opgegaan het. Salarisse en pensioene het nie ooreenkomstig gestyg nie. Baie van die ouer mense trek weg na hulle kinders wanneer een van die twee (man of vrou) te sterwe kom. Die oorgang van die regering in 1994 het ook drastiese veranderings in woongebiede gebring. Daar het ‘n groot kultuurverskuiwing plaasgevind binne die gemeente grense. Baie blankes het weggetrek omdat anderskleuriges rondom hulle ingetrek het. Min het hulle besef dat waarheen hulle ookal sou trek, hulle dieselfde situasie daar sou vind. Verder het baie van die blankes, oud en jonk, al swaarder en swaarder gekry finansiŽel omdat regstellende aksie hulle die swaarste getref het. Mense het weens finansies en politiek ‘n al meer negatiewe uitkyk op die lewe. Hulle moes al meer oortyd werk om hulle werk klaar te kry. Al minder mense moet al meer werk doen. Die veiligheidsituasie het baie verswak voor en na die 1994 verkiesing.

Al hierdie faktore het ‘n geweldige invloed op die kerke gehad. Mense se onseker situasies by die werk maak dat hulle geloof getoets word. Dit is maklik om ‘n rustige geloofslewe te hÍ as jy verseker is van ‘n salaris elke maand. Dit raak moeilik as jy in die geloof moet voortgaan van dag tot dag met onsekerheid of jy wel die einde van die maand nog ‘n werk sal hÍ. Die feit dat mense al langer ure moes werk, maak dat hulle nie meer beskikbaar is om wyke in ‘n gemeente te bedien as ‘n diaken of ouderling nie. Mense kry nie meer die salaris aanpassings van die verlede nie, dit maak dat hulle al minder vir die kerk gee. Ook die feit dat skoolfondse verpligtend geword het, het gemaak dat mense eerder die geld vir hulle kinders se skoolfondse gebruik, in plaas daarvan om die Here ‘n tiende van hulle bruto inkomste te gee. Die veiligheid situasie het gemaak dat kerkraadslede nie meer in die aande (veral dames kerkraadslede) wou rondloop in die wyke nie. Aan die ander kant wil mense nie meer hulle deure na sononder oopmaak nie, veral die ouer mense. Dit het ook meegebring dat mense al meer geld aan veiligheidsmaatrŽels spandeer het nl. veiligheids hekke en diefwering.

Die morele verval, groter beskikbaarheid van pornografie, agteruitgang in die televisie, agteruitgang in die koerante en tydskrifte, al meer stygende egskeiding syfer, al meer aanvaarbaarheid van saamwoners, al groter blootstelling aan ander godsdienste ens. het ook meegebring dan mense al minder onder groepsdruk verkeer het om wel in ‘n sekere mate ‘n "soortvan" geloofslewe te leef. Dit het al meer en meer voorgekom dat saamwoners ontsteld was as ek hulle weier om in die kerk te trou. In teendeel, hulle is arogant aggresief, hoe durf ek hulle geloofslewe bevraagteken. Mense het al meer aangedring op die gebruik van sakramente bv. die doop, maar hulle was nog nooit in die kerk nie. Hulle is dan woedend as jy hulle dit sou weier. Dit is asof mense net nie meer ‘n begrip het waarom dit werklik gaan nie. Hulle loop dan rond na ander gemeentes waar hulle wel hulle kinders gedoop kry, of in die huwelik bevestig word, ongeag hoe hulle geloofslewe lyk. Solank hulle net hulle mond kan oopmaak en sÍ, "ons glo en wil ons kind laat doop asseblief". Gewoonlik is hulle dan aktiewe kerklidmate so twee Sondae voor die doop of huwelik, en miskien nog so ‘n week of twee daarna. Dan verdwyn hulle weer in hulle eie sondige bestaan met die pragtige getuienis, ons is in die kerk getroud of ons kind is gedoop.

&&&&&&&&&&

SNAAKS: hoe baie R10 is as jy dit kerk toe neem, en tog so min as jy Supermark toe gaan;

SNAAKS: hoe lank ‘n uur is as jy die Here dien en hoe kort 60 minute is as jy visvang of sport beoefen;

SNAAKS: hoe moeilik dit is om ‘n hele hoofstuk van die Bybel op een slag te lees en hoe maklik dit is om ‘n hele storie boek te lees;

SNAAKS: hoe ons nie weet wat om te sÍ as ons bid nie, en tog kan ons ure lank oor nietighede gesels;

SNAAKS: hoe mens te moeg is na werk om biduur toe te gaan, maar hoe verfris jy voel as jy na ‘n partytjie gaan;

SNAAKS: hoe daar nie nog tyd is om op die kerkraad of vrouediens te dien nie, maar hoe mens ure lank na TV of Videos kan kyk;

SNAAKS: hoe verveeld mens kan raak wanneer die dominee 30 minute lank preek, maar hoe interessant ‘n volledige rolprent kan wees;

SNAAKS: hoe onbekwaam ‘n mens is om vir die Here te werk, maar hoe op hoogte van sake jy kan wees oor die politiek van die dag;

SNAAKS: NEE, dit is nie SNAAKS nie, dit is maar net tekens van waar ons prioriteite lÍ, en van ons ware toewyding aan die God wat ALLES vir ons gegee het;

WANT: God het die wÍreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hÍ."

&&&&&&&&&&

Terug na Inhoud


Waar kom Parow-Suid vandaan?

Geskiedenis was vir meeste van ons die verveligste vak op skool. As dit soms baie naby ons kom, kan selfs geskiedenis interessant wees. Wie van ons weet waar kom die naam Parow vandaan? Baie min van ons weet. Maar ons gebruik dit elke dag. Ek probeer om ‘n kort geskiedenis van die gemeente Parow-Suid te gee.

Sover vasgestel kan word, het die eerste blankes op 20 Oktober 1657 in die omgewing van die huidige Parow deurgetrek. Dit was die ses kompanjiedienaars en agt vryburgers wat onder leiding van Abraham Gabemma gestuur is om by die Hottentotte te gaan vee ruil. Volgens Gabemma se joernaal het hulle op die dag vanaf die Kaap "dwers over de vlacte" in die rigting van die "staert van de Luipaertsberg" (Tygerberg) koers gevat en in ‘n "doornsbosjen" teen die hang van Tygerberg oornag.Die Hottentotte was reeds in die gebied. Wanneer en hoe hulle daar gekom het, weet ons nie.

Nadat Gabemma die koers aangedui het, het baie reisigers dieselfde pad na die binneland gevolg. Ook kompanjiedienaars en vryburgers het in die vleie riete vir hul huise gaan sny, wild gaan jag en soms, teen die verbod van die kompanjie, vee by die Hottentotte gaan ruil. Dikwels moes soldate ook deur die sand swoeg om gesteelde vee van die Hottentotte te gaan afneem.

Eers in 1679 het die Tygerberg sy eerste blanke bewoners gekry toe aan Jan Mostert en Pieter Visagie verlof gegee is om hul vee aan die Buffelskop te laat wei.

Parow se geskiedenis was altyd nou verbonde aan die spoorweg. Op 31 Maart 1859 het Sir George Grey die eerste sooi gespit vir die bou van die spoorweg. Eers op 15 Februarie 1862, egter, het die eerste trein die Kaapse stasie verlaat te midde van die senuagtige krete van die eerste reisigers. Na die eerste stilhou op Zoutrivier "ijlde de trein ordentlyk gaauw langs de zand heuvels ter rechter zijde" deur na Durban Road (Bellville), en toe verder tot by die eindpunt Eerstervier.

Die mense wat destyds in die Tygervallei gewoon het (Tygervallei het toe aan ‘n weduwee Heuser behoort.) moes egter nog lank wag vir ‘n eie stasie. Eers moes hulle op Durban Road gaan opklim, later kon hulle darem na Elsiehalt gaan. Dit was eers in 1903 dat meneer Jack Ryan die outoriteit sover kon kry om by Parow ‘n halte op te rig. ‘n Afgeleefde passasierswa was die eerste "stasie" en twee treine per dag het darem by die "halt" stilgehou. (Nou hanteer Parow-stasie 144 treine per dag.) Gedurende die Eerste WÍreldoorlog was daar ‘n groot militÍre kamp te Tiervlei; eers toe is daar ‘n ordentlike stasie gebou.

Parow het sy ontstaan as dorp aan ‘n Duitse seekaptein, Johan Heinrich Ferdinand Parow, te danke. Net soos die ander Duitser, Hans Heinrich Hattingh, het hy besef dat die Tygervallei groot moontlikhede vir die toekoms inhou. Hy het hier getrou met ‘n Kaapgebore mejuffrou Timmerman en hom in Suid-Afrika gevestig nadat hy sy seevaardersloopbaan vaarwel geroep het. In 1886 het hy die plase Tygervallei, Rustenburg en ander eiendomme in die omgewing aangekoop; op hierdie plase is die huidige Parow aangelÍ. Saam met kaptein Scharmberg en menere Wrensch en Weimar is in 1901 die Parow-Landgoed-Sindikaat gestig en is met die uitmeet en uitlÍ van ‘n dorp begin. Scharmberg, Weimar en Wrenschstraat is na die medestigters vernoem. Die huidige Louis Trichardtstraat het vroŽer as Timmermanstraat bekend gestaan (genoem na kaptein Parow se eggenote.) Gelukkig het die naam Timmerman nie verlore gegaan nie, want in die Parow-Noord woongebied is daar nog ‘n Timmermanpark. Ook sal u nou weet waar sommige van ons huidige straatname vandaan kom.

Aanvanklik het Parow eintlik uit drie "townships" bestaan, t.w. Fairfield (die huidige gemeentes Parow-Oos en Tygerberg), Glen Lily (die huidige gemeentes Parow en Parow-Sentraal) en Parow (grotendeels die huidige Parow-Suid gemeente.) So vinnig was die toevloei van intrekkers uit veral die voorstede Woodstock, Soutrivier en Observatory, dat reeds op 15 Desember 1903 ‘n dorpsbestuur vir Parow, Fairfield en Glen Lily geproklameer is. Daar is lank gespook om van die lompe dorpsbenaming ontslae te raak, en eers in 1925 is die naam verander na Parow. Op hierdie wyse is die naam van die Duitse seevaarder ook verewig. Johan Parow en sy vrou het geen kinders nagelaat nie, maar ‘n broerskind van hom het later in Parow kom woon.

Toe die eerste grense van gemeentes aan die Kaap in 1745 bepaal is, het die Tygerberg en Tygervallei onder die gemeente Kaapstad geressorteer. Met die stigting van die gemeente Durbanville (by die stigting "de Tygerbergsche kerk" genoem), het die Tygervallei aan die nuwe gemeente behoort volgens ‘n grensskeiding wat in 1832 deur ‘n ringskommissie bepaal is. Die gebied was egter so yl bewoon dat geen afsonderlike voorsiening vir die bewoners se geestelike bediening gemaak is nie. Eers vanaf 1903 het ds. A.D. Luckhoff sr. een Sondagmiddag per maand dienste in Bellville kom hou. Op 11 Januarie 1905 word Parow vir die eerste maal in Durbanville se kerkraadsnotule genoem. Dit lyk amper asof Durbanville tevore nie bewus was van die feit dat Parow onder hom geval het nie. In werklikheid het die Kaapstadse gemeentes, veral die Nieuwe kerk van Kaapstad, baie meer belang gestel in die NG lidmate wat in Parow kom woon het. Waarskynlik is hierdie belangstelling daaraan te danke dat die eerste intekkers lidmate was van die Kaapstadse gemeentes toe hulle na die nuwe woongebiede in Parow verhuis het. Die meeste van die intrekkers was spoorwegwerkers wat voorheen in Woodstock hulle kerklike voorregte geniet het.

Nadat die kerkraad van Parow gemeente by twee verganderings eenparige besluite ten gunste van die beoogde afstigting aangeneem het, is op 22 Julie 1957 finaal besluit dat die kerkraad die afstigting van twee gemeentes van die moedergemeente aanbeveel. "Die gees van hartlikheid en eenstemmigheid in die vergaderings was iets wonderliks" volgens die mededeling in die Parow-Kerknuus. Die ringskommissie het op 22 Augustus 1957 te Parow vergader en vanweŽ die eensgesindheid het die stigtingsproses gou en vlot verloop.

Mag die Here vandag gee dat nouer samewerking tussen gemeentes en dalk moontlike terugstigtings in die toekoms ook met soveel hartlikheid en eenstemmigheid sal plaasvind.

Die deel van Parow wat tussen Voortrekkerweg en die spoorlyn geleŽ is, is afgestig met 697 lidmate en met die naam Parow-Suid. Die ander gemeente, Parow-Sentraal met 707 lidmate, het die deel van Parow gekry wat oos van Andries Pretoriusstraat, Wrenschweg en De Grendelweg geleŽ was. Aan die oostekant het Parow-Sentraal gegrens aan Tygerberg wat die jaar tevore tot stand gekom het. Albei dogters het ‘n gelyke bruidskat van R14 800 van die moedergemeente ontvang (‘n bewys van die kapitaalkragtigheid van Parow in daardie dae). Parow-Suid het drie persele ontvang wat geskik was vir ‘n kerkgebou en teen R7 500 gewaardeer is, ‘n pastorie teen R1 500, en die res sou sy in kontant ontvang.

Die twee dogtergemeentes het na die afstigting geen kerkgeboue of leraars gehad nie. Gevolglik het die drie gemeentes nog in die moederkerk vergader, en ds. Van Niekerk het die eerste paar maande as leraar van al drie gemeentes gepreek. Die moedergemeente het in die middelblok gesit en die twee dogtergemeentes in die twee blokke aan weerskante. Met die opneem van die kollektes het die diakens van elke gemeente in die betrokke blokke hul eie gemeentes se kollekte opgeneem. Na ‘n paar maande kon elke gemeente sy eie weg gaan. Parow-Suid het in die Cloetesaal kerk gehou. Die destydse konsulent ds. D.P. Hamman het die dienste waargeneem totdat ds. J.J.U. Fourie beroep is. Ds. Fourie het Parow-Suid bedien vanaf 8 Junie 1958 tot 25 Maart 1962. Hy het ook nie gras onder sy gemeente se voete laat groei nie. In 1958 is die eerste fondamente gegrawe vir die bou van nog ‘n tempel (Huis van die Here) vir Sy kinders op aarde. ‘n Gebou wat vol oud-Christelike simboliek sou wees.

Voordat ons al hierdie simboliek binne in die kerk bespreek, kom ons begin buite. As jy die kerk van voor kyk, sien jy aan die linkerkant van die deure ‘n voorstelling van die boom van die lewe deur twee bome wat in die pleisterwerk uitgewerk is. Dit is gedoen volgens ‘n besondere Switserse metode. Dit is ‘n verwysing na Genesis 2:9 en Openbaring 22:2 en 14. Daar is egter nie net simboliese bome nie, maar ook regte bybelse bome. Die eerste kerkraad het gepoog om al die bome waarvan Jesaja in hoofstuk 41 skryf: "die seder, die akasia, die mirt, die wilde vyeboom, die sipres, die plataan en die denneboom" aan te plant in die tuin buite die kerk. Die opvallende denneboom is jare gelede geskenk deur mnr. B.B. Fourie. Volgens hom het hy twee Olienhoutbome in ‘n tas van die Karoo af gebring.

Volgens die argitek, meneer H. Sikkel, is probeer om deur simboliese voorstellinge uiting te gee aan Protestanse belydenis. Bo-op die kerktoring is ‘n vlam wat uit koperplaat gemaak is. Die gedagte is dat die vlam van geloof opwaarts reik en rus op ‘n vaste fondament. Daar is drie kerkklokke in die toring ingebou. Dit simboliseer die drie maniere waarop God met Sy gemeente praat, naamlik deur die Woord, deur die Sakramente en deur Sy Gees. Dit is ook feesklokke van oorwinning wat die gemeente tot die erediens oproep. Die klokke word elektries beheer.

Die geleidelike opgang van vooraf, voordat jy die kerk binnekom laat ‘n mens ook dink aan die Skrif: "Twee mense het opgegaan na die tempel…" Die gedagte hier is dat ‘n mens bo die aardse dinge opstyg wanneer jy die kerk binnegaan. (Sien artikel p.20b) Dit is blykbaar een van die dinge wat die troupaartjies na die kerk lok.

Die eikehoutdeure is onopvallend versier met nege Bybelverhale. Die Lam (die verlore skaap), die druiwetros, die wonderbaarlike visvangs, die twee visse en die vyf brode, die engel, die koringare, Judas se dertig silwerstukke waarvoor hy Jesus verkoop het, die brandende en dooie lampe en die Nagmaalsbeker en die brood.

As ‘n mens die gebou binne gaan kom daar ‘n gevoel van ruimte, koelte, rus en afsondering oor jou. Gebou in die vorm van ‘n basiliek, dus volgens die oudste Christelike tradisie, sien ‘n mens dadelik die liturgiese ruimte deur ‘n vlak trappie van die gemeente geskei word. In die ruimte staan sentraal, die kansel, versier met ‘n eenvoudige, maar sprekende uitbeelding van die gelykenis van die saaier in al sy verskeie episodes, met regs daarvan die doopfont, versier met die duif, die kruis en twee visse, en links die Nagmaalstafel, met sy beker en kelk op ‘n kleed waarop die Christus-monogram geborduur is en daarbo die brandende lampe. Die drie rooi fluweel stoele is geskenk deur mevrou Braam Geldenhuys wat jare lank in Parowstraat gewoon het. Regs van die kansel, in die vorm van ‘n eenvoudige boek, staan die verkorte vorm van die Wet van die Here in maklike leesbare, duidelike letters.

As jy ‘n oomblik op een van die banke sit en opwaarts kyk na die konstruksie van die dak, sien jy die argitektoniese en pragtige balke wat uitstaan. Jy sien selfs teen die gewelmuur agter die kansel die vorm van die onafgepleisterde bakstene. Geen wonder dat die intreepreek in die gebou gegrond is op die woorde uit Habakuk 2:11: "Want die steen uit die muur roep, en die balk uit die timmerasie gee hom antwoord."

Die kerk is vir R66 000 gebou. Die kerk se versekerde vervangingswaarde is vandag 1,7 miljoen rand. Die kerk is bo en die konsistorie, die saal, die kombuis en kleedkamers is onder. Tien kategese lokale is in 1977 gebou. Hierdie lokale is in Oktober 1993 omskep in ‘n Laerskool.

Die kerk huisves sedert 18 Januarie 1994 Laerskool Ebenhaezer as geregistreerde Christenskool by die Kaapse Onderwysdepartement. Die skool is tans vanaf pre-primer tot standard vyf. Al die vakke word aangebied vanuit ‘n Christelike perspektief. Daar word gepoog om die kind te help in sy of haar persoonlike verhouding met Jesus. Dit word vir die kinders so prakties moontlik gemaak. Die skool het sy eie skoolwapen en skoollied. Ek haal graag die woorde van die skoollied aan:

Ander kant ou Tafelberg, daar in Parow stad

staan ‘n klein ou skooltjie, met die grootste Skat.

Ebenhaezer is sy naam, want ons is almal saam

in Jesus Naam.

Die Skat is Jesus Christus, Sy lig skyn in die stad.

Hier leer ons as kinders, om regtig kind te wees,

ons ouers te gehoorsaam en Bybel te kan lees.

‘n Lig in die wÍreld uit te straal, want Jesus kom ons haal

en dan is alles klaar.

Laat ons altyd gereed wees en wandel deur die Gees.

Bou aan ons karakter en liggaam siel en gees,

so werk ons dan met ywer om beter mens te wees.

Vir samelewing ons kant te bring, bou die toekoms in,

dis Christus wat ons dring.

Want Ebenhaezer, beteken God met ons.

Die gebou is op 3 Desember 1960 ingewy deur ds. W.A. Landman. Die inwyding is deur sowat 450 mense bygewoon. Die gemeente het eers buite vergader waar ‘n gebed gedoen is deur ouderling A.J. Louw. Daarna het die argitek, meneer H. Sikkel, die kerkdeure se sleutels aan mevrou ds. Fourie oorhandig. Sy het die deure oopgesluit, waarna die aanwesiges na binne gegaan het. Twee lede van die K.J.V het die kanselbybel (die Bybel lÍ vandag nog op kansel) aan ds. Fourie oorhandig en daarna is die inwydingsdiens deur ds. W.A. Landman waargeneem. ‘n Halfuur na die inwyding is die eerste huwelik in die kerk voltrek.

Met die inwyding was ds. en mev. Fourie al twee en ‘n half jaar in die gemeente. Met hulle vertrek in Maart 1962 was die gemeente vanaf Maart tot Julie vakant. Een van die leraars wat beroep was, was ds. Visser van Oudtshoorn wat die beroep bedank het. Min het ds. en mev. Visser geweet dat die Here hierdie stukkie arbeid vir laaste in hulle bediening sou bere. Ds. Visser het in 1988 gehelp in die gemeente totdat die gemeente vir my (Prop. Du Toit en sy vrou) bevestig het op 13 Januarie 1989. Ds. Visser is dan ook in 1989 oorlede. Ds. Visser het voor sy dood versoek dat in plaas van grafkranse, die belangstellendes eerder kontant donasies aan die Parow-Suid gemeente kan maak. Daarmee het die gemeente toe ‘n nuwe klankstelsel vir die kerk aangekoop.

Aangenaam was dit om te verneem van een staaltjie rondom die beroeping van ds. Van Lill. Die hoofouderling en nog ‘n afgevaardigde het die konsulent gaan spreek nadat ds. Van Lill die beroep na Parow-Suid bedank het. Op die vraag of hulle hom weer moes beroep, antwoord die konsulent amper verontwaardig: "Maar broers, die Here het Samuel ook twee maal geroep!" Ds. Van Lill het die tweede beroep na Parow-Suid toe aanvaar. Hy en sy vrou het met 2 seuns en ‘n dogter in die pastorie ingetrek. (Ds Van Lill se seun is vandag leraar aan die N.G. Kerk Sonnekus in Milnerton.) Van weggaan was daar geen sprake nie. Hulle het in die amp gedien totdat ds. Van Lill op 28 Januarie 1976 afgetree het.

Na ds. Van Lill se aftrede het ds. J.F.N. Geldenhuys van Uitenage die beroep aangeneem. Hy het met sy vrou en twee seuns ingetrek en die gemeente bedien tot 1987. Dit is onder sy bediening dat hier baie boodskappe opgeneem is vir die uitsending oor Trans WÍreld Radio. Op 17 April 1986 rig Ds. Geldenhuys die volgende brief aan die gemeente:

‘n Ope brief aan elke lidmaat:

Geagte lidmaat

Wag, moenie hierdie brief weggooi voordat u dit gelees het nie! Ek smeek u! Dis ter wille van u waaroor dit gaan. En u gemeente! Dit gaan oor die voortbestaan van hierdie gemeente, u gemeente. En dis u en u hulp wat ons nodig het.

Om met die deur in die huis te val! Dit kos op die oomblik R9.01 per maand per lidmaat om hierdie gemeente aan die gang te hou. Wil u graag hÍ u kind moet gedoop en in ‘n sondagskool van Jesus geleer word? En: wil u graag hÍ u kind moet ook later lidmaat word? Wil u graag besoek word as u siek is of in die nood is? Wil u graag gereeld besoek word deur ‘n dominee of ‘n kerkraadslid? Wil u hÍ u kerk moet u begrawe as u die dag dood is?

Wel, as u dit alles graag wil hÍ, dan het die Kerkraad u maandelikste bydrae van ten minste R9.01 per lidmaat - ja, u het reg gehoor - R9.01 per LIDMAAT nodig! Die huidige gemiddelde bydrae per maand per lidmaat is tans maar net R5.34 wat ‘n tekort laat van R3.67 per maand per lidmaat. En die ergste van alles is: as sake langer so aangaan, sal hierdie gemeente binnekort sy deure moet sluit.

Ons het niemand anders na wie ons kan gaan as na u as lidmaat ter wille van wie hierdie gemeente bestaan nie. ‘n Gemeente bestaan tog uit u as lidmaat vir u as lidmaat.

Kom ons kyk wat kan gebeur as u as lidmaat u R9.01 per maand gee? En onthou, elke gesin kry een maandkoevertjie en ‘n man en vrou is twee lidmate. In so ‘n koevert behoort daar dan ten minste R18.02 te wees!

Ek het vertroue in u mooi begrip en gesindheid en ek weet u sal u bydrae in orde kry waar dit nodig is om dit aan te pas.

By voorbaat dankie. U leraar, namens die Kerkraad van Parow-Suid

Ds. J.F.N. Geldenhuys

Die huidige bydrae per lidmaat per maand om die gemeente te laat voortbestaan is R60 per maand per lidmaat. U sal nie glo nie, maar ons het in die boekjaar 1995-96 R51.46 per lidmaat ontvang. Sommige mense werk nie saam met etes en funksies nie, of ondersteun nie hul eie gemeente se funksies nie, ander het geloofsbesware teen die hou van ‘n basaar want hulle sÍ: vertrou op die Here alleen, Hy sal voorsien. As die gemeente Parow-Suid nie funksies hou om die tekort van R30 000 per jaar (95/96 boekjaar) aan te vul nie, sal Ds. Geldenhuys se woorde in sy brief van 17 April 1986, tien jaar later, in 1996 waar word. Dit sou ideaal wees om slegs op die lidmate se maandelikse bydraes te reken. Dit sal ‘n groot dag wees in die Koninkryk van God. Satan buit Christene uit wat belangeloos, traag of geestelik stagnant is. Hy is in sy noppies wanneer Christene in ‘n heilige omgewing probeer wegkruip in plaas daarvan om deel te neem aan die geveg. Mense probeer hul bes om die vreugde van lidmaatskap te smaak sonder om deel te hÍ aan die stryd.

Die gemeente het reeds in hierdie tyd finansiŽel swaar gekry. Die kerraad het Ds. Stefan Spies van Parow-Wes eerste beroep. Hy het die beroep bedank. Die Ringskommissie het die gemeente aanbeveel om eerder ‘n proponent te beroep oor fianansiŽle redes. Nadat die gemeente vir ‘n jaar en ‘n half vakant was, is ek (prop. J.L. du Toit) op 2 Oktober 1988 na Parow-Suid beroep. Die kerkraad moes stem vir een van twee moontlike leraars. Waarvan ek een was. Sonder dat enige lid van die kerkraad my geken het, is daar met die aand van die stemming, eenparig op geheime stembriefies ten gunste van my gestem. ‘n Misverstand het hom voorgedoen toe daar aangeneem was dat prop. Du Toit vanaf Bellville afkomstig was. My skoonmoeder wat in Bellville woon se adres is aangegee in die Kerkbode. Die ontsteltenis van die kerkraad was groot toe hulle agterkom dat ek eintlik in Amanzimtoti (Durban) was op daardie stadium en dat hulle my trek sou moes betaal. Hierdie voorval het tot die bedanking van ‘n paar kerkraadslede gelei.

Ek is bevestig in die gemeente met handoplegging op Vrydag middag 13 Januarie 1989. Die konsulent Ds. Dirk Bester het die bevestiging waargeneem en my broer, Ds. Pieter-Roux du Toit het die diens waargeneem. Op Saterdag middag van 14 Januarie, ‘n dag na my handoplegging, het ek my eerste kennismaking met die gemeente gehad. ‘n Ma en dogter met ‘n baba op die arm het baklei en na my gekom om as regter op te tree in die saak. Voordat hulle die voordeur klokkie gelui het, het hulle mekaar so geslaan dat ek bloed van my voorstoep moes afwas. My vrou het die skreeuende baba uit die arms van die jong moeder geneem en die kind in die huis ingeneem. My intreepreek was op Sondag 15 Januarie om 09:30. Ek het gepreek oor die barmhartige Samaritaan uit Lukas 10:25-37.

 

&&&&&&&&&&

Terug na Inhoud


Parow-Suid: 13 Januarie 1989 tot 21 Julie 1996

Pinkster reekse was vir my elke jaar ‘n hoogtepunt in die gemeente. Ek het altyd ‘n besondere ervaring gehad rondom pinkster. Ek het gewonder, kan ons nie maar elke dag van die jaar ‘n diens hou nie. Sal dit nie wonderlik wees nie. Ons het gereeld toere na Kwasizabantu geneem. In Junie 1989 het ons die eerste keer as gemeente daarheen gegaan. In Junie 1991 het die gemeente weer ‘n toer na Kwasizabantu geneem. Op 17 Desember 1989 verskyn ons eerste Klokkenuus. Op daardie stadium het dit nog geen naam gehad nie.

.

In Augustus 1990 het ek ‘n profiel opgestel van die gemeente. In daardie stadium was ons 550 belydende lidmate 50 dooplidmate.Die gemeente bestaan uit 280 woonhuise en 55 woonstelle. Die grootste gedeelte van die gemeente gebied bestaan uit besighede, parkeertereine en die Parow-Brandweer, Parow stasie en die CMR kantore. Die beroepe wat die mees algemeenste deur gemeentelede beklee word is, brandweer manne, spoorwegwerkers, verkeersmanne, polisiemanne en vroue, verpleegsters en sekuriteits wagte. Dit is egter baie aangename mense om mee te werk en hulle is "plat op die aarde" mense. Geen aangeplak-geid nie, hulle is net hulleself. Mense wat nie hoogmoedig is nie, daarom kan die Here hulle ook waarlik gebruik.

Daar was ook gedurende hierdie jare groot armoede onder sommige van die mense. Ek het gesien hoe dat ‘n ou oom sy bed verkoop het om kos te koop vir hom en sy seun. Die seuntjie het in hulle eenvertrek-woonstel op die bank geslaap. Ek het gesien hoedat mense in vandag se tyd, (1996) met ‘n pensioen van R500 per maand uit kom. Dit kos geloof in God om so van die hand na die mond te leef. Die vraag in ‘n mens se hart is altyd, wat van mŰre. Sal daar mŰre kos wees om te eet.

Met die sensus opname van Maart 1996 het ons gevind dat die gemeente slegs 256 lidmate oor het. Daarvan is 43 kinders, en 213 belydende lidmate. Die volgende grafieke gee meer inligting oor die lidmate:

Op 26 November 1990 het ek ‘n beroep gekry na Okahandja gemeente in Namibie. Dit was seker een van die moeilikste worstelinge in my lewe met die Here. Die Here het gelei dat ons moet bly. Op 3 Desember 1990 het ons ‘n spesiale nagmaalsdiens gehou. Ons kerkgebou was daardie dag reeds 30 jaar (1960 tot 1990) in gebruik en ons gemeente het toe reeds 33 jaar

bestaan. Desember 1990, presies 30 jaar nadat die gebou ingewy is, het ek (ds. Du Toit) ‘n Bybeltjie aan die gemeente ten toon gestel wat ek tydens die skoonmaak van die gedenkplaat, daaragter gevind het. Die Bybel is 30 jaar gelede daar geplaas. Die woorde voorin lui soos volg: "Ter herdenking van die eerste verjaarsdag van die N.G. Gemeente Parow-Suid op 22 Augustus 1958, en by geleentheid van die viering van die 25 jarige bestaan van die Afrikaanse Bybel, uit dankbaarheid teenoor die Here deur die kerkraad aan die gemeente geskenk met die versoek dat dit moet ingebou word onder die hoeksteen van die kerkgebou wat deur die gemeente opgerig sal word, en oorhandig sal word by die aanddiens op Sondag 24 Augustus 1958, deur ouderlinge P.J.S. Terblanche." Agter in die Bybel is die 29 handtekeninge van die kerkraad van 1958. Die gedenkplaat wat toe deur die gemeente opgerig is tydens die inwyding van die gebou op 3 Desember 1960 lui soos volg: Ter herinneringe aan die inwyding van hierdie kerkgebou op 3 Desember 1960. "Op hierdie plek sal ek vrede gee, spreek die Here." Haggai 2:9, onthul deur ds. J.J.U. Fourie namens ‘n kankbare kerkraad.

Na die nagmaalsdiens van 2 Desember 1990 wat ek ook gehou het uit Haggai 2:9, is die Bybel weer teruggeplaas met ‘n papier daarin waarop die datum van die geleentheid en die huidige kerkraad se handtekeninge verskyn. Ek bid dat ‘n volgende leraar, as die Here ons spaar, na nog 30 jaar weer die Bybel sal uithaal en aan die gemeente kan wys as teken dat die waarheid rondom ons, nog steeds verkondig word soos op die eerste dag. Tydens daardie diens is ook ‘n kopie van die Klokkenuus oorhandig of gestuur aan:

Ds. en Mev. J.J.U. Fourie, vorige leraarspaar;

Mev. Ds. Van Lill, vorige leraarsvrou;

Mnr. (Ds) Geldenhuys, vorige leraar;

Mev. Ds Visser, vrou van Ds. Visser wat hier afgelos het;

Ds. Thys Nel (hy het hier afgelos tydens die lang periode waarin die gemeente vakant was in 1987 en 1988);

Prop.J. van Zyl (‘n proponent wat destyds vir ons gehelp het met prediking); Ds. D.D.J. Bester (die vorige konsulent);

Ds. F.C.J. Basson (die konsulent).

Vanaf 14 tot 17 Maart 1991 het ons ‘n baie geseŽnde sending naweek gehou met Eerwaarde Erlo Stegen en die Kwasizabantu koor. Op 29 April 1991 het Parow-Suid ‘n samesmeltingsvoorstel gemaak aan die NGK Parow-Wes omdat Parow-Wes gemeente op daardie stadium ‘n beroep moes uitbring. Parow-Suid gemeente het die geleentheid gesien om die leraars in die ring van Parow te verminder deurdat daar nie ‘n ekstra leraar beroep word nie, maar eerder ‘n samewerking aangegaan word tussen gemeentes. Vir die gemeente Parow-Suid sou dit ook meer finansiŽle stabiliteit gee vir die toekoms.

Op 16 Junie het ek aan elke gemeentelid teenwoordig ‘n koevert geld uitgedeel om daarmee te gaan woeker. Op 17 November 1991 het die gemeente ‘n gemeentevergadering gehou waarop almal hulle geld terugbetaal het, asook die deel wat hulle ingesamel het. Die kerkraad het R1370 in kontant uitgegee, en op hierdie dag het die gemeente R15 000 terug gebring. Wat ‘n seŽn was dit nie. Die Here was waarlik goed vir ons.

Die kerkraad het op sy volgende kerkraadsvergadering einde Februarie 1992 R2000 bewillig vir die droogte geteisterde gemeentes in die Oos-Kaap. Dit wat ons gegee het aan die Oos Kaap gemeentes, was uit dankbaarheid wat die Here vir ons gedoen het die afgelope jaar. Die Rings finansiŽle kommissie was baie ontsteld omdat ons ‘n gemeente is wat finansiŽle hulp ontvang, en dan self R2000 hulp uitgee. Dit kon egter nie anders nie. Ons harte het oorgeloop van dankbaarheid teenoor die Here. Ons het dan ook in 1992 die kerk geverf asook die oprit weer reggemaak.

Op 15 Maart 1992 besoek die Kwasizabantu koor ons weer vir ‘n sendingnaweek. By die geleentheid het Minister Gene Louw en Hernus Kriel ons ook besoek. Tydens die pinkster dienste van 3, 5 en 7 Junie het Piet Smit by ons opgetree.

Gedurende Junie 1992 neem ons weer ‘n toer na Kwasizabantu. Op 14 tot 16 Augustus 1992 hou ons ‘n mannekamp waarby 315 manne teenwoordig was. Op18 Desember 1992 hou ons ‘n konsert in die Parow Burgersentrum met Piet Smit as gaskunstenaar. Gedurende Maart 1993 besoek die Kwasizabantu koor ons weer.

Op 18 Januarie 1994 begin die gemeente met ‘n eie Bybelskool vir naskoolse jongmense. Dieselfde dag open Laerskool Ebenhaezer as ‘n geregistreerde Privaat skool by die Kaapse Onderwys Departement. Dit was ‘n groot dag vir die klein gemeentetjie. Die Bybelskool het in Junie 1995 geskuif na ‘n plaas in die Klawer distrik en staan vandag onafhanklik van die gemeente. Koos Greeff is die leier van die Bybelskool. Laerskool Ebenhaezer staan vandag onder leiding van ‘n privaat Trust, Ebenhaezer Skool Trust.

In Februarie 1996 word Vincent van Zyl, ons jeugwerker, uitgenooi om vir ses weke te gaan aflos in Zimbabwe. Vincent het die ses weke in Mhangura en Karoi ontsettend geniet en het terug gekom met ‘n dieper en ryper geestelike lewe. In Maart 1996 stuur die gemeente vir Fanie Blignaut as sendeling uit na Angola. In April 1996 word ek genooi om in Gobabis ‘n kamp te hou. Die gemeente Walvisbaai-Noord nooi my om die naweek voor die kamp by hulle te kom preek. Ek het die Woensdag middag in Swakopmund aangekom en by vriende tuisgegaan. Ek sou dan wag tot Sondag wanneer ek in Walvisbaai gaan preek. Dieselfde Woensdag aand het die gemeente my beroep. Ek vertel in die laaste hoofstuk meer hieroor.

&&&&&&&&&&

Terug na Inhoud


Die verhouding met die Ring van Parow

My persoonlike verhouding met die Ring van Parow en met ringsleraars was seker vir my een van die grootste ontnugterings in die bediening. Ek wil nie vandag enige persoon beskuldig nie, maar ek het as beginner in 1989 soos ‘n dwaas besluit om elke ringsleraar te besoek en by hulle te kuier. Baie gou het ek agter gekom dat dit nie juis die gebruik is nie, en dit ook glad nie die gewenste uitwerking gehad het nie. Dit is asof almal te besig is met ‘n eie koninkrykie waaraan hy bou, daar is nie nog tyd om aan die een langsaan aandag te gee nie. Ek het besef dat ringsleraars nie mekaar se vriende is nie, glad nie broers is nie, ons is slegs kollegas. Dit hou die veilige afstand. Daar was dae wat ek baie moedeloos was. Sommige ringsleraars sal dit kan getuig. Ek het geworstel om kop bo water te hou, nie geestelik nie, maar finansieŽl. Tog was die Here genadig en getrou.

Ringsittings was die grootste pyniging vir my siel. Ek kon nie verstaan hoekom dit nie op ‘n ander wyse hanteer kan word nie. Dit is ‘n stuk tradisie wat die kerk met hom saamsleep. Ons het gesamentlike ringsbyeenkomste gehou om die krisisse wat ons almal gehad het, te bespreek. Die grootste krisis is seker die 8000 lidmate wat die ring verloor het sedert 1974. Dit kan nou wel nie alles net voor die deur van die kerk gelÍ word nie, maar dit is tog treffend dat daar in die laaste 20 jaar verskeie nuwe gemeentes van ander denominasies in ons gebied opgestaan het. Dit gaan uitstekend met hulle wat finansies en getalle betref. Wat is fout met ons? Waarom sukkel ons dan so? Dit het my laat dink aan die aanhaling wat ek gelees het uit ‘n boek: "Kan iemand ontken dat die grootste oorsaak van kommer in die hedendaagse kerk geld en getalle is? Tog, dit wat vandag se kerke die meeste kwel het die Nuwe Testamentiese kerk die minste beswaar. Ons aksent is op geld, hulle s’n was op gebed. As ons klaar basaar gehou het is die plek gekoop, as hulle klaar gebid het, was die plek geskud!"

Ek bid dat die Here self Sy kerk instand mag hou.

&&&&&&&&&&

Terug na Inhoud


Die positiewe ervarings van die bediening

In hierdie gemeente het ek ervaar dat God mense se siele red en groepe gelowiges in die gemeente vorm, wat slegs deur hulle gemeenskap met ander soekende siele, siele vir die Koninkryk van God inbring. Daar was bv. ‘n groep gelowige jong ongetroude meisies wat saam funksioneer het as ‘n bybelstudie groep. Hulle het Saterdae saam gaan stap, saam ontspan en baie ander dinge gedoen. God stuur dan ‘n ander jong meisie wat by die gemeente kom bly vir ‘n ruk, gewoonlik in die pastorie. Slegs deurdat hierdie besoeker inskakel by hierdie groep van haar eie ouderdoms groep, maak dat sy sommer ver gehelp word op die geestelike pad. Dit beantwoord meeste van haar vrae, ja, dit lei selfs soms tot die redding van haar siel indien sy nog ongered is. God gebruik hierdie groepie gelowiges om ander te bereik. So groei hierdie groepie binne die opset van ‘n gemeente al groter en groter. In Parow-Suid gemeente het ons op ‘n stadium ‘n groep van 18 jongmanne gehad. Was dit nie mooi om te sien hoe soveel jongmanne die Here met ‘n ywer dien nie.

Dit gebeur dan dat die Here in so ‘n groepie iemand roep tot voltydse werk. Dit is dan hierdie bybelstudie groepie se taak en roeping om so ‘n persoon af te sonder vir die Here se werk en voort stuur en uit te stuur op die lewenspad. So het ons bv. vir Fanie Blignaut as sendeling (‘n jongman) uitgestuur na Angola. Die jongmanne het hom die hande opgelÍ en uitgestuur met ‘n uitstuur diens.

Terug na Inhoud


Die negatiewe ervarings van die bediening

‘n Predikant is seker die openbare figuur (saam met politici) waaroor die meeste gepraat word. Elke persoon het ‘n mening oor sy of haar predikant. Hoe dominie en sy vrou aantrek, hoe hulle geld spandeer, watter motors hulle ry, hoe hulle kinders is ens. ens. Elkeen is ook bereid om in ‘n openbare geselskap sy mening te lig. Indien dit ‘n negatiewe mening is, laat hy baie graag van hom hoor. Dit is seker elke mens se goeie reg om ‘n mening oor ander mense uit te spreek. Mag die Here u meet met dieselfde maat waarmee u ander meet.

As ek dinge kan uitsonder wat ‘n leraar die meeste teleurstel of negatief stem, is dit dat mense (gelowiges lidmate) Sondag na Sondag weggaan om te gaan kuier. Dan by hierdie vriende, dan by daardie vriende. Dan is hulle weer ‘n Sondag in die kerk. Daar is geen verbintenis aan hulle eie gemeente nie. Daar is geen ware behoefte na gemeenskap met gelowiges waar hulle eintlik behoort te aanbid nie.

‘n Ander rede wat ‘n mens negatief maak is mense wat deel van ‘n gemeente is, aktief inskakel en deel raak van die leierskorps, maar hulle hart is nie in wat hulle doen nie. Hulle gebruik (misbruik) die gemeente as ‘n "stepping stone" sodat hulle net na ‘n beter gemeente of woongebied kan gaan, of dit wat hulle beplan, kan uitvoer. Hulle is dus nooit regtig ge-"commit" in dit wat hulle hier doen nie. Hulle doen dit ook nooit van harte en met oorgawe nie.

Nog ‘n rede wat aanleiding gee tot negatiwiteit is mense wat stories praat waarvan hulle geensins die inhoud en waarheid ken nie. Hulle gaan vertel ander mense asof hulle eerstehands die volle waarheid ken. Terwyl hulle eintlik 50% van die waarheid ken en sommer hulle eie 50% bylas soos wat dit hulle pas. Dit maak van die waarheid ‘n leuen wat die satan aangryp en soos ‘n veldbrand versprei. Gelowiges wat nie sake met my persoonlik kom uitpraat het voordat hulle dit verder oorvertel het nie, het my nog die grootste skade aangedoen in my bediening.

Wat vir my die moeilikste was om te verwerk in die laaste twee of drie jare is, dat daar soveel gelowige lidmate in die gemeente is wat nie bereid is om die evangelie in wyke van deur tot deur te gaan verkondig nie. Ek het net besef dat ‘n mens nie ander mense kan oortuig om die skoene aan te trek wat bereid is om die evangelie te verkondig nie. Net God verander harte. Sommige gelowiges sal nooit tot die volheid van God kom, voordat hulle nie hierdie offer gebring het nie.

‘n Ander rede wat aanleiding gee tot negatiwiteit is mense wat probleme ondervind met die leraar, met wat hy in ‘n preek gesÍ het of een of ander besluit of optrede, maar hulle bespreek dit nie met die leraar nie maar met ander mense wat miskien dieselfde oor die saak voel. Leraars is hieraan net so skuldig. Dit is maar ‘n menslike reaksie om maats te soek wat voel soos jy voel. Hulle praat met mekaar oor die probleem en vergroot die probleem omdat al meer en meer mense betrokke raak in plaas daarvan om die probleem wat jy met die leraar het persoonlik met die leraar self te gaan uitsorteer. Die geskiedenis leer egter dat die mens nie uit die geskiedenis leer nie en hierdie fout maak ‘n menigte mense oor en oor en oor. "’n Wyse mens praat verstandig en kies sy woorde so dat hy ander kan leer."

Spreuke 16:23

&&&&&&&&&&

Terug na Inhoud


‘n Dag in die lewe van ‘n dominee

Soms gaan dit so woes in hierdie huis dat dit my laat dink aan hoe dit moes wees voor die Skepping, woes en leeg. Die woesterny gaan egter nie omdat dit leeg is nie, juis omdat dit te vol is. Ek het een spesifieke dag gekies en alles wat daardie dag gebeur het, aangeteken. Hier en daar het ek skuilname gebruik.

Om 05:00 lui die wekker gewoonlik langs my bed. Ek is dadelik wakker. Ek is nie ‘n mens wat moeilik opstaan nie. Die paar handelinge daarna sien ek gewoonlik op na, want dit is vir my dinge wat gedoen moet word, maar amper ook tyd mors is. Dit is nou, gesig was, hare natmaak dat dit nie regop staan nie, tande borsel, en natuurlik die ou gebruiklike goedjies. Hierna gaan maak ek gewoonlik vir my ‘n koppie koffie, vertrek daarmee sitkamer toe om langs die vistenk myself in te rig met die Bybel, pen en papier en soms ook my rekenaar. Gewoonlik word die stiltetyd uur reeds onderbreek deur ‘n telefoon oproep. My familie is boere, hulle bel tussen 05:00 en 06:00 of oom PZ van Vuuren wat ook ‘n boer is in NamibiŽ bel voor 06:00. Hy sÍ altyd, dis net die dorpsnare wat nou nog slaap. Om 06:40 gaan maak ek die kinders wakker om reg te maak vir skool. Ek drink dan weer saam met my vrou ‘n koppie koffie. Om 07:00 lui die voordeur klokkie, iemand kom gee gou iets af voor werk. Om 07:15 lui die foon weer, Oom Louw wil net laat weet dat die tannie weer in die hospitaal is. So tussen 07:15 en 07:25 pas ons gou ‘n huisgodsdiens in saam met die kinders. Net om hulle darem goed Christelik uit te stuur vir die dag. Soms voel dit asof dit nie veel werd is nie. Dit het tog groot waarde. Om 07:25 vertrek die kinders skool toe. Om 08:00 is ek op kantoor om saam met die Jeugwerkers die dag te beplan en saam te bid. Nog drie oproepe onderbreek ons vergadering. Oom Akkerman en sy vrou gaan skei, kan dominie nie hulle asseblief gaan sien nie. Tannie van Niekerk se seun lÍ in die hospitaal, sy lewer het ingegee op 29jaar. David wil net gou Cobus se telefoon nommer by die werk vra.

Die skool stuur iemand om ‘n sleutel te kom haal van die kabinet. En ek moet dringend kom kyk, die meisies toilette het weer oorstroom. Kan ek nie dadelik iets daaraan doen nie. "Ja, sommer aan die kombuis kraan ook asseblief" skreeu my vrou uit die kombuis, want sy het die versoeke van die skool gehoor. Nadat die Jeugwerkers uit is, het ek so 15 minute stilte waarin ek beplan wat ek alles vandag nog moet doen. Ek maak vinnig ‘n paar oproepe. Kort na 09:00 bel die skool weer, die vorige onnie kom vanoggend haar laaste goed haal, ek moet asseblief ook daar wees. En ek moet onthou, hulle fotostaat papier is amper op. Dadelik hierna bel Marianna vir ‘n afspraak, indien moontlik moet dit nog vandag wees. Tannie Petra bel en wil dadelik oorkom met ‘n persoon wat daar by haar aan huis is. Sy is blykbaar depressief en of ek nie vir haar ‘n gebed kan doen nie. Die voordeur klokkie lui, dis tannie Bets. Dominie moet net gou vir my hierdie pensioen vorm teken asseblief.

Die dag het nou al gevorder tot 10:30 en ek sit nog net hier in die kantoor. Ek gaan maak vir myself ‘n koppie tee. Intussen is my vrou uit skool toe, en het ons jongste seun (Ludwig) ook al opgestaan. Hy wil vanoggend op pappa se skoot sit. Ai, en pappa het tog soveel tyd en geduld vanoggend vir hom. Hy is ook huilerig en kla aanmekaar van "eina". As pappa net kon weet waar die eina is. En as hy net kon verduidelik waar die eina is. Om alles te kroon, maak hy my laai toe en vergeet om sy vingers uit te haal voordat die laai toe is. Wat ‘n treurmara.

Jan bel 11:25 vir ‘n getuigskrif. Asseblief, dit moet nog vandag of mŰre wees. ‘n Ander gemeentelid bel, as hy sy oŽ toemaak, sien hy sterretjies en dit laat hom dink aan demone. Kan ek nie asseblief vir hom bid nie. Ek sluk so ‘n laaste sluk aan die tee wat reeds koud geword het. Toe die foon weer lui, glip ek by die deur uit om gou iets in die dorp te gaan doen, sonder om dit te antwoord. Ek staan tweede in die ry by die verkeersdepartement om my sleepkarretjie te lisensieer, dit vat my egter 45 minute voordat ek bedien word. Daarna gaan ek gou na ‘n reisagent om ‘n vliegkaartjie vir my skoonma te koop. Dit neem nog ‘n 30 minute. Dit is reeds 13:10 toe ek by die huis kom. Middagete is op tafel en ons sit sommer aan. Gewoonlik eet daar gaste, ons eet feitlik nooit alleen as gesin nie. Daar bly gewoonlik jongmense by ons aan huis vir ‘n tydperk van 6 maande tot soms 18 maande.

Gedurende middagete bel daar altyd ‘n paar mense wat weet ek is tuis. Hulle begin gewoonlik die gesprek: "ek is jammer om te steur as julle eet, maar ek wil net gou … … …" Veral die wat reeds boodskappe gelaat het en my nie in die hande kon kry nie. Na middagete gaan sit ek met ‘n heerlik koppie koffie. Na middag gaan dit bietjie rustiger in die kantoor. Ek sien vir Marietha wat ‘n afspraak het. Daarna vir Marianna wat vanoggend ‘n afspraak gemaak het. Ons gaan haal die kinders by die skool. Ek en my vrou neem gou die kinders tandarts toe. Dit was hulle eerste besoek aan ‘n tandarts. Na een en ‘n halwe uur is ons terug by die huis. ‘n Vreemdeling kom by die voorhekkie in. Hy wil my net graag ontmoet want hy het my hoor preek oor Radio Tygerberg. Ek nooi hom in, en hy sit vir ‘n volle uur en gesels oor sy geestelike lewe en al sy probleme. Al my beplanning vir die middag is daarmee heen. Die mens wik, maar God beskik. Hy is uit by die deur. Ek kan nie eens onthou wat sy naam is nie.

Ludwig kom weer huil huil by my kantoor in. Hy wil net weer ‘n rukkie op pappa se skoot sit. ‘n Ander jongman is deur ‘n bekende verwys na my. Hy bel en vra of hy ‘n afspraak kan kry. Ek sukkel om vir Trudie in die hande te kry. Die 17de keer dat ek probeer, kry ek haar op die foon aan die ander kant. Ons bepreek die probleme wat sy gehad het met ‘n ander gemeentelid.

Bertus kom 17:00 gou ‘n koffietjie drink. Hy vertel my van al die probleme in sy wyk en in hoe ‘n toestand die mense se geestelike lewens regtig is. Crista hardloop in om hallou te sÍ en te hoor hoe dit met ons gaan. Abrie kom gou aan na werk, drink gewoonlik nie koffie nie, maar kom kuier net. Mechthild protesteer hardop uit die kombuis oor al die kokkerotte en stamp met haar voete soos ‘n wafferse army korporaal soos sy die goed doodtrap. As die skemer nader kom, dan kruip hulle mos uit hulle gate. Laat my aan party Christene dink.

Iemand bel weer en trap my uit oor Sondag se diens. Hoe durf ek altyd net negatief preek. Sy is nou moeg daarvoor om net altyd sleg gemaak te word. Ek luister maar net. My tannie bel van ‘n ander dorp af, sy vertel hoe geestelik verrot dit gaan daar by hulle. Gewoonlik is dit ook die dominie se skuld.

Later die aand hoor ek dat ‘n gemeentelid, Coreen Strydom die middag aangerand is. Ek bel gou daarheen om te hoor of alles darem reg is. Sy is nog maar redelik geskok en het lig daarvan af gekom. Ek berei so bietjie preek voor vir Sondag. Pak so ‘n paar dinge op my lessenaar reg. Skryf nog gou ‘n briefie op die rekenaar. My vrou het al die kinders gebad. Ons lees saam en sit die kinders in die bed. Ons gaan bad ook en klim ook in. LÍ en lees nog so ‘n rukkie. Aan die einde van so ‘n dag voel ‘n mens jy het nie veel gedoen nie. My kinders sÍ mos altyd, "my pa werk nie, hy is heeldag by die huis."

&&&&&&&&&&

Terug na Inhoud


100 redes waarom jy kwaad is vir dominie

Kwaad is miskien die verkeerde woord, miskien kan ek sÍ: verskil, of ernstig verskil sodat dit soms uitloop op ‘n geskil. Miskien kan ek ook sÍ, dinge waaroor mense my vermaan het, (ten regte en miskien ten onregte). Dit is egter heel Skriftuurlik om vir jou geestlike leiers soms kwaad te wees. Die volk van God was vir Moses verskeie kere kwaad.

U sal by die lees hiervan baie van die dinge herken. Dankie dat u die vrymoedigheid geneem het om met my te verskil. Dankie dat u u hart gedeel het. Ek wil omverskoning vra vir alles, enige plek waar ek u seergemaak het of nie reg teenoor u opgetree het nie. Vergewe my asseblief. Ek is ook net ‘n mens. Ek maak miskien meer foute as wat u maak. Kom ons wees verdraagsaam teenoor mekaar. Ons maak tog almal foute.

  1.  
  2. Met week van gebed wat altyd in die begin van die jaar gehou word, het dominie die derde aand aan almal teenwoordig twee name en adresse gegee van mense wat nie die eerste drie aande teenwoordig was nie. Die teenwoordiges moes die ander net gaan meedeel dat ons tans besig is met week van gebed en dat hulle ook welkom is. Ek is ‘n gelowige lidmaat en ek is woedend hieroor. Hy maak asof ons heidene is. (Dit is net interessant dat daar ander gelowiges is, wat dit opreg waardeer het.)
  3. Dominie wil my nie meer ‘n afspraak toestaan nie, hy sÍ ek praat oor en oor dieselfde goed. Hy sÍ ek moet grootword.
  4. Op huisbesoek by ‘n ou oom en tannie vaar die oom uit omdat dominie so baie op ander plekke preek. "Jy kan gerus meer in jou eie gemeente preek dominie.
  5. Ek kom nie kerk toe nie dominie, want die vorige leraar het my seun van die kerkboeke geskrap."
  6. Dominie, hoekom was my man nie na die "kitchen tee" genooi nie en al die ander vrouens se mans wat daar.
  7. Ek het Sondag uitgestap uit die kerk uit omdat die klank so swak was. Kan dominie nie kyk dat hulle die klank voor die tyd regstel nie, dan hoef daardie mannetjie wat gedurig aan die klank peuter nie so op en af te hardloop nie, dit is onstigtelik.
  8. Dominie, dit is uiters onvanpas dat ons Engelse liedere ook sing. Dit hoort nie in ‘n Afrikaanse Christen kerk nie.
  9. Ek is kwaad vir dominie omdat dominie die doop geweier het vir die mense na wie se dogtertjie ek kyk.
  10. Julle kollekteer alewig geld. Dis net vir die dominie se salaris.
  11. Dominie ek was in die hospitaal en jy het my nie eens besoek nie. (Ek het nie geweet dat jy in die hospitaal was nie, tannie.)
  12. Dominie, jy trek die jongmense voor en skeep ons ou mense af.
  13. Dominie neem besluite sonder om ander mense in ag te neem.
  14. Dominie was nog nooit by my vir huisbesoek nie, ek is al drie jaar in die gemeente.
  15. Dominie het te kort gepreek op my pa se begrafnis, ek sal dit hom nooit vergewe nie.
  16. Dominie verwag ons moet meng met ander rasse. Ek verkies om te assosieer met my eie mense.
  17. Dominie kry te veel vakansie. Hy is gedurig met vakansie.
  18. As dominie jou iets vra om te doen, is hy altyd haastig om dit klaar te kry.
  19. Dominie se huisbesoekies is net so ‘n gejaag. Nie eers 20 minute nie.
  20. Dominie preek net oor sonde, sonde, sonde. Ek is nou moeg daarvoor.
  21. Dominie reŽl bybelvasvrae en dit is nie reg nie. ‘n Mens gebruik nie die Bybel vir kompetisie nie.
  22. Dominie steek sy neus in my private lewe. Ek hou nie daarvan nie.
  23. Dominie het geweier om my te trou omdat ek en my ou reeds saamgewoon het. Wat het dit met hom uit te waai.
  24. Ek gaan nie weer biduur toe nie, die dominie laat bid ons in klein groepies en dan kyk die mense my snaaks as ek nie wil bid nie. Ek kan nie in die openbaar bid nie.
  25. Ek het iets persoonliks met dominie bespreek, toe preek hy Sondag daaroor.
  26. Die dominie preek te graag oor geld.
  27. Dominie het iets van blankes en kleurlinge gesÍ in die preek, dis politiek.
  28. Dominie het my nie gevra om te werk vir die basaar nie, en ek het nog elke jaar my eie tafel gehad.
  29. Dominie was onbeskof met my dogter oor die telefoon, daarom kom ek nie meer kerk toe nie.
  30. Hier was maande laas ‘n ouderling by ons aan huis, kan die dominie nie sy dinge beter reŽl nie.
  31. Dominie pas druk op ons toe om die evangelie met ander mense te deel en ek hou nie daarvan nie.
  32. Dominie wil nie verstaan dat my knieŽ my nie meer kan dra kerk toe nie. Nou preek hy aanhoudend teen die mense wat nie kerk toe kom nie.
  33. Dominie probeer mense manipileer om te wees soos hy is.
  34. Dominie keur net sekere huwelike goed. Die ander stel hy nie eens in belang nie.
  35. Dominie is hoogmoedig en dink te veel van homself.
  36. Dominie se gebede het niks vir my gehelp in my stryd teen die sonde nie. Ek soek eerder vir my ‘n ander dominie.
  37. Ander mense dra altyd stories aan na die dominie toe, daarom hou ek niks van hom nie.
  38. Kerraadsvergaderings is slegs ‘n "one man show". Dit is niks meer as ‘n inligting sessie nie.
  39. Dominie, jy is die kerk. Kan jy nie sorg vir iets beters op televisie nie. Ek sÍ jou, ek gee nie om wat julle sÍ nie, ek gaan nie verder my televisie lisensie betaal vir sulke gemors nie. Is jy dan te treurig om iets te doen, dominie?
  40. Dominie, jy kyk bo-oor die swakkeres in jou gemeente.
  41. Die dominie het geen respek meer vir die Here nie. Hy dra nie eens sy wit das en swart pak nie. Waar gaan dit alles heen? Die wÍreld gaan nou te vinnig agteruit vir ons ou mense?
  42. Ek bedank uit die kerk omdat die kerk ‘n volkskerk is, net vir Afrikaners. Ek stel nie meer belang nie.
  43. Ai dominie, jy preek so pragtig, maar dit alles help my niks nie. Jy is nog nie gedoop nie.
  44. Dominie nooi ander mense om te kom preek en ek verstaan hulle nie. Kan hy nie beter mense nooi nie, as dit dan moet!
  45. Dominie het sy mond uit te spoel oor kleredrag. Ek stem glad nie met hom saam nie.
  46. Dominie preek teen rook en daar staan nÍrens in die Bybel dat ‘n mens nie mag rook nie. Ek stel nie meer belang in sy ou sedeprekies nie.
  47. Dominie skinder alewig agter af oor ander mense.
  48. Dominie het hopeloos te vet geword. Kyk hoe lyk hy!
  49. Dominie besit drie motors, daarom gee ek nie my tiende nie. Hy gebruik dit net om motors te koop.
  50. Dominie jou Skrifuitleg laat veel te wense oor.
  51. Dominie het in ‘n brief geskrywe dat hy die mense wat nie kerk toe kom nie, gaan afsny. Daarom kom ek nie meer nie.
  52. Dominie reŽl vir ander mense hulle sake.
  53. Nagmaalwyn word nie meer bedien nie, maar druiwesap. Die Bybels praat van wyn, nie van druiwesap nie. Ek woon nie meer nagmaal by nie.
  54. Dominie, jy diskrimineer teen vrouens. Jy preek alewig dat ‘n vrou se plek by die huis is. Jy laat geen ruimte vir ‘n vrou om ook haarself te wees nie.
  55. Dominie, jou musiek smaak is uiters konserwatief en agter die klip. Kom by ou! Ons lewe aan die einde van die 20ste eeu.
  56. Dominie jy laat nie mense toe om hulle gawes te ontwikkel in jou gemeente nie. Jy druk mense wat gawes het, dood.
  57. Het jy gesien, dominie het al weer ‘n nuwe motor gekoop. Ek gee nie die volgende jaar tiendes nie, hy gebruik dit net vir sy motors.
  58. Ek het net ‘n langbroek gehad om die aand kerk toe te kom, en ek het nie die vrymoedigheid gehad om te kom nie want dominie is mos teen langbroeke.
  59. Dominie is ‘n regte Jood. Hy haal geld uit almal.
  60. Dominie het ander se verjaarsdae in die kerk afgekondig. Myne het hy vergeet. Dominie is voorsitter van al die kommissie in die kerk. Hy laat niemand toe om ook leiding te neem nie.
  61. Dominie se kinders is stout in die moederskamer. ‘n Mens kan nie die preek volg nie.
  62. Hy kry alewig ander mense om te preek, wat doen hy met al sy tyd. Kan hy nie self preke voorberei nie.
  63. Dominie gee nie aandag aan die swakkes nie, hy gee net aandag aan die sterkeres.
  64. Sy vrou woon nooit die dienste in die aande by nie, ook nie die bidure nie. Hy moenie vir ons kom preek dat ons dit moet bywoon nie. Kyk na jou eie huis ds.
  65. Dominie het alweer ‘n nuwe motor gekoop. Waar gaan ons tiendes heen?
  66. Dominie besoek net die mense met wie hy die beste oor die weg kom. Ons ander word afgeskeep.
  67. Dominie was nie bereid om my moeder te begrawe nie omdat sy jare gelede deur die vorige leraar geskrap is. Ek sal hom dit nooit vergewe nie.
  68. Dominie preek ook by Baptiste gemeentes. Dis is sonde voor God.
  69. Kyk hoe vet het hy geword. Kan hy nie na homself kyk nie.
  70. Ek kry nie meer pitkos in hierdie gemeente nie, ek gaan liewers na ‘n ander kerk.
  71. Hulle het die ander dag die ergste musiek in die kerk gespeel en self daarop gesing. Dit was te vreeslik.
  72. Dominie reŽl vir ander mense hulle sake. Hy kan nie eens sy eie ordelik reŽl nie.
  73. Dominie. reŽl alewig byeenkomste, ‘n mens kan nie alles bywoon nie.
  74. Dominie plaas druk op ons om dinge te doen soos hy glo dit gedoen moet word. Hy laat ons nie toe om ons eie inisiatief ook te gebruik nie.
  75. Dominie was besig met ‘n vergadering en kon my nie sien toe ek ‘n krisis gehad het nie. Daarom mag my vrou nie werk vir die basaar nie.
  76. Dominie het hierdie basaar pateties georganiseer. Ek ontrek my nou van alles.
  77. Dominie het nie begrip daarvoor dat ek ook ‘n huishouding het, ook kinders moet versorg en al die dinge nie. ‘n Mens kan nie net vir die kerk werk nie!
  78. Hulle kon gerus vir ‘n mens laat weet het waar die basaartafels in die dorp sal wees. Dit is chaos, niemand weet waar dit is nie.
  79. Ons moet inskakel by die gemeente voordat dominie ons kind sal doop. Waar op aarde het jy nou daarvan gehoor!
  80. Dominie laat swartes in sy huis toe, daarom gaan ek nie na hom luister nie.
  81. Die dominie is weg omdat te veel mense van hom verskil.
  82. En dan preek hy nog politiek ook, ons moet ook nou swartes in ons huise toelaat, en dit sal ek nie.
  83. Dominie laat toe dat swartes in die kerk kom, dit kan ek nie hanteer nie. Ek het nie so grootgeword nie.
  84. Daar het eenkeer ‘n slams in die kerk getuig, ek kan nie verstaan dat ds. ooit so iets kan toelaat nie. Is hy van sy verstand af?
  85. Nou kan ek nie dit meer uitstaan nie, ek sal nie verder luister na ‘n mens wat sy eie mense en eie kultuur verkoop vir ander of vermenging nie.
  86. Dan het hy nog ‘n eie skool ook begin op die kerkgronde, en daar is soveel skole in die buurt.
  87. Dominie is hier weg sonder om te groet.
  88. Die dominie is weg omdat hy geld soek.
  89. Die dominie het vir my baie beteken, dit moet ek eerlik voor die Here sÍ, maar soms het hy my darem vreeslik kwaad gemaak.
  90. ’n Mens gaan sien die dominie vir raad. Dan laat hy jou praat en praat en praat. Later ontdek jy jou eie antwoorde. Soms kom jy glad nie tot antwoorde nie. Waarom kan die man jou nie help nie. Hy het mos sewe jaar gestudeer.
  91. Dominie was bang om met ander leraars saam te werk.
  92. Ek het groot waardering en begrip vir ‘n dominie, maar hoekom moet hulle altyd die beste en mooiste huise bewoon? Waar in die Bybel staan dit?
  93. Dominie het versuim om nagmaalwyn te gaan koop. Nou moet ek dit op die heilige Sondag by ‘n kafee gaan koop.
  94. Dominie het vir iemand anders iets gesÍ wat ek vir hom vertroulik gesÍ het. Ek vertrou nooit weer ‘n dominie nie.
  95. Hoe kan die dominie so iemand aanstel in ‘n personeel pos, kon hy nie gesien het die persoon het ‘n probleem nie?
  96. Elke keer as daardie persoon terugkom van die dominie se prediking, het sy ‘n probleem in haarself. Hulle preek ‘n mens mal.
  97. Dominie maak soms belaglike stellings of grappies van die kansel af. Hy het die ander dag gesÍ, mense wat nie afval eet nie, is nie gered nie omdat daar in Genesis 12 geskrywe staan van afval eet.
  98. Dominie is nie iemand wat goed na jou kan luister nie. Jy kry soms die idee jy praat en praat en praat, maar hy is nie met jou nie.
  99. Die laaste drie redes laat ek aan jou inisiatief oor as jy aan nog iets kan dink, voeg dit gerus by.

&&&&&&&&&&

Terug na Inhoud


Hoe het die Here met my gepraat?

Mense vra baie keer die die dominie, hoe praat die Here met ‘n mens? Die antwoord sal ‘n mens dalk makliker by ‘n gewone lidmaat kry. Die Here praat deur gebeure, deur gedagtes, deur die Woord van God, deur ander mense, deur drome, ens. ens. Ek probeer in hierdie hoofstuk so ietsie daarvan in my eie lewe deel.

Op 5 Februarie skrywe Theuns de Wet vir my ‘n brief waarin hy sÍ dat hy weggaan uit die gemeente en dat hy aansoek gedoen het vir beroepe. Dan skrywe hy ook die sinnetjie in die briefie: "miskien gaan jy nog voor ons hier weg". Toe ek dit lees het ek die eerste keer in my gedagtes gedink: "Ek, weggaan uit Parow-Suid?" Dit is ‘n vreemde gedagte. Dit klink so onlogies, ontaalkundig as ek dit uitspreek. Dit klink soos iets wat ‘n mens nie mag sÍ nie.

Die Ringsbroeder byeenkoms van Woensdag 14 Februarie was vir my ‘n baie onstellende byeenkoms. Weereens het ons as Ringspredikante vir mekaar gesÍ dat daar drasties iets sal moet gebeur. Dit gaan net al slegter en slegter in die Ring wat finansies betref, asook wat lidmaat getalle betref. Niemand is egter bereid om op te staan en te sÍ, "goed, ek sal gaan" nie. Iemand sal iets daaraan moet doen, dit gaan nou al jare so, reeds die afgelope vyf jaar. En ek is deel daarvan. Ek het nog altyd geveg vir die Parow-Suid koninkrykie. Is dit regtig God se wil dat ons dit so moet doen? Dien ek die Koninkryk van God die beste op hierdie manier? Hierdie dag het ek gebid dat die Here my die bereidheid moet gee om weg te gaan. Maak nie saak wat mense sal sÍ nie, ek wil bereid wees om te gaan. Ek het die saak met die Here deur geworstel, Daarna het ek het ‘n afspraak gemaak met Ds. Koos van Niekerk en vir hom gesÍ, dat ek bereid is om te gaan.

In die tyd het twee persone vir wie ek baie lief was, van my weggedraai oor misverstande. Misverstande wat ons nooit kon uitpraat nie. Ek bid dat die Here hulle paaie gelyk sal maak en ryklik mag seŽn.

Op Dinsdag 20 Februarie kom Jan Stydom met my gesels. In ons gesprek vertel hy my dat hy vir sy vroutjie Coreen die ander aand gevra het wat sou sy daarvan dink as Ds. Welly weggaan. Hy vertel dat die eerste gedagtes was die van skok, maar later het hy tot die besef gekom dat die gemeentelede groot genoeg is om self te kan aangaan.

Cobus Greyling deel met my oor die foon die volgende dag: "Dont drop the bom of truth untill you build the bridge of trust" Ek vra "Here, van wie praat hy?" Die Here antwoord my: "Van hulle waarheen ek jou stuur." Hierdie stelling moet ek onthou. Dit gaan nog baie waar word in my nuwe situasie.

 

 

Op 14 Maart sonder ek my af en die Here gee my die volgende Skrif:

"Maak klaar, gee pad! Dit is nie julle blyplek nie, want dit is onrein en verwoes, onherstelbaar verwoes!" Maleagi 2:10

en ook

"Jy moet nou die stad verlaat, jy moet in die oop veld gaan woon en na Babel toe gaan. Daar sal jy gered word, daar sal die Here jou verlos uit die mag van jou vyande. Nou moet baie nasies nog eers teen jou saamstaan, hulle sÍ: Ons sal toekyk hoe Sion verontreinig word. Maar hulle ken nie die plan van die Here nie; hulle verstaan nie wat Hy besluit het nie: Hy het hulle soos gerwe op ‘n dorsvloer bymekaargebring. Maak klaar en dors die gerwe, Sion! Ek maak jou sterk: Ek gee vir jou bronskloue sodat jy baie nasies kan vermorsel. Jy sal aan die Here wy wat hulle buitgemaak het, al hulle besittings aan die Koning van die hele wÍreld." Miga 4:10b tot 13

Op 20 Maart kom oom Henning en tannie Dirkie van Windhoek hier aan. Hulle vertel van Jumbo de Villiers se getuienis wat hulle gehoor het wat vir hulle so ‘n seŽn was. Jumbo is ‘n ouderling in Walvisbaai-Noord gemeente. Later die dag bel Edika Visser, sy vertel van ‘n vriendin van Walvisbaai wat haar gebel het wat die Here regtig dien.

Op 25 Maart bel my stief suster Louise uit Hopetown en deel met my dat sy net gister vir iemand gesÍ het: "Ds. Welly het ‘n gawe van prediking, en meer spesifiek oor heiligmaking. Die Here sal hom seker binnekort verder lei, weg van Parow-Suid na ‘n ander gemeente."

Op 25 Maart ry ek alleen Strand toe en luister na Herman se laaste twee preke. Die een handel oor: "Eensgesindheid" en die ander oor; "Wat beteken dit om Christen te wees?". Albei hierdie preke bring my onder die oorweldigende oortuiging dat ek Parow-Suid moet verlaat.

Op 28 Maart kom deel Abrie Auret met my dat die Here hom Maandag nag (25 Maart) wakker gemaak het, dat hy vir my moet bid, want; die Here het vir hom gesÍ dat ek weggaan. Ek probeer ‘n woordelikse aanhaling van ons gesprek hier weergee:

"Gaan jy wegtrek Welly?" vra Abrie.

"Ja, wie het dit vir jou gesÍ?" antwoord ek met ‘n teenvraag.

Abrie glimlag en antwoord: "Die Here".

"Hoe het die Here dit vir jou gesÍ:" vra ek.

"Ek het net wakker geword Maandag nag, dit was asof die Here die komberse van my aftrek en vir my sÍ: ‘bid vir Welly, want hy gaan trek’. Waarheen gaan jy trek, is dit miskien NamibiŽ toe?".

"Ja Abrie, ons trek as die Here wil NamibiŽ toe" antwoord ek.

Baie belangstellend vra Abrie: "Mag ek vra waarheen in NamibiŽ?".

Ek wil hom toets en vra: "Waarheen het die Here jou gesÍ gaan ons trek?".

Abrie antwoord: "Die Here het nie vir my gesÍ waarheen nie, maar is dit dalk Mariental toe?"

"Nee Abrie, dit is Walvisbaai toe. Ons het nog nie ‘n beroep gekry Walvisbaai toe nie, maar die Here het dit vir my duidelik gemaak dat dit soontoe is. Miskien is ek verkeerd. Dan weet ek nie, maar dat dit NamibiŽ toe is, dit weet ek verseker. ‘n Beroep is ‘n snaakse ding, jy het dit nooit voordat ‘n kerkraad dit nie genotuleer het dat hulle jou beroep het nie. Walvisbaai-Noord het my gebel en gevra ek moet my CV vir hulle stuur. Oom Schalk Burger wat die ander aand gebel het toe jy geantwoord het, hy het die CV kom haal. Hy is blykbaar die hoofouderling. Maar weer sÍ ek jou Abrie, ‘n beroep is nie ‘n beroep voordat jy dit nie gekry het nie."

Abrie: "Kan ek vir jou ‘n gebed doen?".

"Ek sal dit onsettend waardeer Abrie. Ek wonder wanneer laas het ‘n gemeentelid vir my ‘n gebed kom doen."

Nadat ons gebid het, lees Abrie vir ons uit Spreuke 3:8 "dit is die geneesmiddel vir jou, die verkwikking vir jou liggaam."

"Ek gun dit vir jou Welly, en mag die Here jou seŽn waar jy heengaan. Dit sal goed wees vir hierdie gemeente. Baie van die jong gelowiges kan dan grootword."

Dit was enkele dae voordat ek sou vertrek vir ‘n skrywerskonferensie in Potchefstroom, dat ek ‘n oproep van oom Schalk Burger van Walvisbaai gekry het. Hy is in die Kaap en of hy my kan kom sien. Hulle (Walvisbaai Noord) gemeente gaan binnekort beroep en hy wil my net van nader leer ken. Kort daarna kry ek ‘n oproep van Jumbo de Villiers van Walvisbaai. Hulle stel defnitief belang om my te beroep. Ek sÍ vir hom dat ek dit ernstig sal oorweeg en dat ek binne twee weke in NamibiŽ is vir dienste, as hulle my wil sien vir ‘n onderhoud is ek bereid om op eie koste daarheen te kom. Hulle nooi my toe sommer om te kom preek in Walvisbaai vir die naweek van 14 April. Dadelik kanseleer ek my skrywers konferensie en verander my reisplanne na NamibiŽ.

Wat ‘n ervaring was dit nie om die lang pad na Walvisbaai aan te durf, alleen, net ek en my Honda wat reeds amper ‘n kwart miljoen kilometers gery het. Baie daarvan was NamibiŽ toe. EK was nie heeltemal alleen nie. Oom PZ se dogter, Edika, het saam met my gery. Tog was ek alleen met my gedagtes. Die pad was eintlik kort. Want ek het so baie dinge gehad om oor na te dink. En ek het geweet, as ek weer hierdie pad ry, dan is dit met alles wat ek het. Elke kilometer wat ek afgelÍ het, het ek die lang swart pad so gekyk en vir myself gesÍ, AS EK BEROEP WORD: my eetkamer tafel moet ook oor hierdie stukkie pad ry, my dubbelbed gaan ook nog oor hierdie stukkie pad ry, al my boeke gaan hierlangs kom. Ek hoop net ons kry dit reg om al die kokkerotte agter te laat. Hoe sal ons hulle ooit uit alles kry? My pajamas en kerkklere, ons verwarmers, die kinders, Toti die hond, (die kat sal ek maar los, Parow kan doen met nog ‘n rondloper kat???). Alles wat ek het, gaan met hierdie selfde pad langs kom. NamibiŽ toe. Wanneer?. Ek weet nie? Of dit Walvis toe is, gee ek nie om nie. Dat dit gaan wees, dit het ek geweet.

Ek is 11:00 Sondag oggend 7 April na die oggenddiens weg uit die Kaap. Ek beplan om oor te slaap in Keetmanshoop. Ek tel die dorpe, een tot vyftien. Soos ek hulle deurry voeg ek die een na die ander by. Van Rhynsdorp is 7 uit die vyftien, maar nog net 350 km ver. Van hier af gaan dit al stadiger bygevoeg word. Teen 15:30 het ek gevorder tot by Vioolsdrif, nommer dertien uit vyftien. Aan die Suid-Afrikaanse kant stop ek presies waar die vriendelik polisieman sÍ ek moet stop. "Middag meneer, kom jy van Hopetown?" vra hy vriendelik toe hy my CBE registrasie nommer lees. "Hoe het jy geweet?" vra-antwoord ek? "Ek kom van Petrusville mnr". Ai, was dit nie lekker om sommer lekker te kon gesels daar op die grens nie. Stadig ry ek oor die Oranjerivier. Om te dink hierdie rivier loop 800km verder op langs my geboorte plaas verby. Ek verlang sommer huistoe. Ek verlang my ma en pa, ek verlang na die plaashuis. Skielik voel ek so alleen. As ek oor hierdie rivier is, is ek in ‘n ander land. ‘n Land wat my binnekort gaan insluk. En ek is totaal ‘n vreemdeling. Al was ek al baie hier verby. Skielik voel ek eensaam.

Die behandeling aan die NamibiŽ kant was nie so vriendelik nie. My kar word deursoek. Die vier pakke baba doeke wat ek vir Schalk en Yolande saamgebring het, wek groot belangstelling. Ek het geen baba by my nie. "Daarop moet jy invoerbelasting betaal mnr" sÍ die doeane beampte. "Stel vas wat dit werd is en ek betaal jou dadelik" reageer ek onmiddelik. Hy stap weg van my motor, maak die padverspering oop en wys ek kan maar ry. Ek is tog te dankbaar. Ek het tog nie lus om hier opgehou te word nie, en dit vir ‘n klomp doeke wat in elk geval drom toe gaan nadat die baba deur hulle is, nie.

Die volgende is Grunau, daar waar Fanie eendag so lank gestaan het. Skielik dink ek aan ou Fanie. Chappas! Ai, ek verlang hom sommer. Wonder wat maak hy. Wonder hoe het dit met die wildvang gegaan het.? Ek bid dat hy sterk sal staan in die Here. En dan kom Keetmanshoop. Daar beplan ek om te oornag. Tussen vier uur en sewe uur beleef ek die asemrowende tonele van God se skepping. Sonsondergang oor die Suidwes vlaktes. Rooi, oranje, pers, pink, ongelooflik! Ek voel so goed op Keetmanshoop dat ek besluit om verder te ry. Nog net 5 ure se ry, dan is ek op die plaas by oom PZ en tannie SariŽtte. Die laaste 180km is grondpad en koedoe wÍreld. Die gevaarlikste. Veral omdat dit in die nag is en omdat ek reeds 1300km afgelÍ het. Ek mis ‘n vet duiker naalskraap, skrik groot genoeg om weer vir die volgende vyftig kilometer wakker te wees. Die pad is vreeslik sleg. Ek ry dan links en dan regs van die pad. Soms voel ek om eerder langs die pad te ry. Die middelmannetjies is so hoog uitgery dat ek nie in die twee spore kan ry nie. My kar is te laag. Die 170 km grondpad kos my weer R300 aan ‘n nuwe uitlaatpyp. Toe ek by Kwik Fit drie dae later protesteer dat ek laas jaar Oktober ook hier by hulle was om die uitlaatpyp te vervang, kom die antwoord wat ek verwag het, "dis ‘n ander deel van die uitlaatpyp hierdie keer mnr."

Ek is om 00:45 op die plaas aan. Uigeput, maar vars genoeg om vir nog ‘n twee ure te kuier saam met die mense van Achenieb. Vriendelike mense. Boere mense. Warm harte en warm koffie. Ons het mekaar mos lanklaas van aangesig tot aangesig gesien. Die hele werf is wakker toe ek daar aankom. Van die honde tot die ganse. Dis droogte in NamibiŽ, maar hulle kla nie. Saam is ek dankbaar oor hierdie mense se berusting in die wee van die Here. Dit kon so anders wees. Hulle kon so opstandig teenoor die Here wees, maar hulle is nie. Om 02:30 keer ons bedwaarts. Ek pluk my koffer oop om sommer gou my pajamas uit te haal en gou te gaan bad.

Bo in my koffer lÍ ‘n groen kaartjie met ‘n pragtige patroon daarop. Toe ek dit oopmaak, vind ek die volgende woorde daarin: "My Skat, Dankie dat jy so goed is vir my. Mag die Here jou ryklik seŽn en gebruik. Doen wat die Here jou sÍ om te doen en weet ek staan agter jou. Mag die Here ons verder gebruik binne Sy diens. Ry veilig en rus tog ‘n bietjie. Jy het dit nodig. Ek is baie baie lief vir jou. Pas jou mooi op. Moenie te vinnig ry nie. Ek sal jou baie verlang, maar ek sal die verlange wegbid. Liefde. XXX" In watter woorde kan ek my gewaarwordinge, emosies, ens ens ens beskryf. Op ‘n afgeleŽ plaas in die droogte geteisterde Nina distrik van NamibiŽ, ‘n liefdes briefie van die vrou in my lewe wat ek baie baie liefhet, om 02:30 in die oggend. "Dankie Here, U maak nie ‘n fout nie. Dankie vir die vrou wat u my gegee het".

Die volgende dag ry ek saam met oom PZ veld toe. Hy maak net verskoning dat ek al die hekke moet oopmaak. Vir my is dit genesing vir die siel. Die veld, die doringbome, die witgat bome, die sand en die stilte. Die beeste, die koedoes. Ai, dit is baie lekkerder as Parow se bergies, die papiere in die strate, die brandweer se alarms en die geraas van die stad, die gelui van die foon of die voordeur klokkie, die bakleiery van lidmate, die geskinder agter my rug. My siel rus, hek vir hek maak ek hulle oop en dank die Here vir gesondheid. Dat ek hier kan wees en dat ek net kan rus. Weg van ‘n telefoon, weg van mense, weg van alles. Net ek en my Skepper. Hier waar ek is. Elke hek is ‘n vreugde. Elke hek het ‘n ander ketting en maak op ‘n ander manier oop. Elke keer as ek uitklim en my voete sak weg in die warm rooi sandveld van NamibiŽ, dan dank ek die Here.

Nou eers besef ek hoe droog dit is. Noudat ek hier in die veld kom. Droogte is soos ‘n boemelaar wat saam met jou eet, by jou in dieselfde bed slaap en saam met jou loop net waar jy loop. Hy omhels jou deurentyd en hy sÍ selfs vir jou wat jy moet droom en wat jy moet dink. In so ‘n oorslaanjaar verloor selfs die driedorings hulle bas. Ek ken droogte. Ek het groot geword saam met droogte. Ek onthou hoe my pa elke dag hardop die woorde van my oupa herhaal het, "elke dag is ‘n dag nader aan die reŽn". Ek ken droogte, al is ek nog sommer kind. Droogte maak wilde diere mak. By ons het die springhase sommer op die grasperk kom wei. Hulle was nie meer bang nie, net honger, blindhonger. En elke dag is die lug dieselfde, skoon, droog, blink soos glas wat wil breek. Soms is daar sulke wit vliese in die lug, landbankvliese het ons hulle genoem. Die westewind waai die lug skoon, waai hom droog, waai hom blink. Dan kom daar dae wat die weer so mooi opsteek. Hy maak die horison donker. Diep blou donker. Op die regte plek. Alles lyk so belowend. Die reuk van reŽndrupels op warm Karoo grond. Dit ruik so vars, jy kan dit proe. Dan kom die weste wind. Gewoonlik stormsterk. Hy waai die weer so vinnig weg met al die sand daarin dat die paar verdwaalde reŽndruppels nie juis nat kolletjies maak nie. In so ‘n tyd moet ‘n mens net stil wees. Buig onder die hand wat op jou lÍ, buig laag, buig gewillig, buig geduldig, so Here, so bly U in beheer. Hoe die wind waai, hoe die maan lÍ, kyk wanneer die wit reiers uit die ver-wÍreld kom en op die ou pan kom sit. Dit is tekens. Droogte breek ‘n mens in. Jy moet dit verduur, soos ‘n siekte, dat ‘n mens al die ellende daarvan in jou moet kan opneem, sonder murmurering of verset, voordat jy ‘n kind van die wÍreld kan word. Hierdie droogte is baie dieselfde as die waarmee ek grootgeword het. Ek verstaan hierdie mense. Ek is lief vir hierdie mense. Hulle is vir my ‘n seŽn. Wag, ek moet ophou droom, ek moet eers weer ‘n hek oopmaak.

Soos ons ry dink ek aan Jacs en Debbie (hulle was gemeentelede in Parow-Suid maar woon tans in Windhoek). Sy het al ‘n paar keer gedroom en dan het dit gebeur. Jaco en Heidi se troue, en van die ander drome onthou ek nie eens nie. Sy het onder andere gedroom ons kom ook NamibiŽ toe. Sal dit regtig waar word. Of sal dit ‘n droom bly? Het sy dit regtig gedroom?

Die aand sit ons buite op Achenieb se stoep. Kyk hoe die son onder gaan. Dit bring verlange in my hart. Dit bring trane in my oŽ. Dit is ongelooflik. Niemand kan dit in woorde beskryf nie. Die doringbome, die skreeu geluid van die windpomp, die draad, die ryperd, die kalk klippe, en dan op die horison, die oranje, rooi, pers, vuurbol. Sy angel is uit, hy is moeg want dit is aan die einde van nog ‘n dag. Hy is ver van ons af, jy kan hom in die oŽ kyk, sonder dat hy jou oŽ seermaak. Die son.

As die donker toeslaan is dit donker. Pik donker. Die sterrehemel is pragtig. Die lig op die stoep trek die motte, bont naalde kokers, torre, kewers en miskruiers, springkane en ander fynigheidjies. Dit krioel spartelend na die lig wat helder skyn in die pik donker nag. As dit reŽn is daar miljoene van hierdie goggatjies. Dank die Vader hier is nie konrinkrieke nie. Van die Vader en konrinkrieke gepraat. Ek wonder darem hoekom het die liewe Vader korinkrieke gemaak? Dis sulke sinnelose aaklige grillerige ongediertes. Hulle doen nie juis kwaad nie, is ook nie gevaarlik nie, hulle is net nie mooi nie. Ag, kom ek vergeet van die konrinkrieke, kom ek asem nog van die nag in, voordat dit te ver gevorder is en ek moet gaan slaap. Ai, ‘n plaas bly maar ‘n plaas. En plaas mense bly maar plaasmense. Dankie vir die afval tannie SarriŽtte. Ja, ek sÍ altyd as jy nie afval eet nie, is jy nie Christen nie. In die volk Isreal se tyd moes hulle die skaap se kop en pootjies, ja alles eet. Wat is nou lekkerder as ‘n kerrie afval, skaap harsings en sag gekookte pootjies. My ma kon dit kook soos niemand anders nie. My ma en hierdie tannie, miskien omdat haarne net soos my ma s’n smaak. Afval sonder rys en pampoen, is soos ‘n rugby wedstryd sonder ‘n rugby bal. Wie sal nou kyk? Of soos vrugte koek sonder dadels in. Of boontjie bredie sonder boontjies. Ag nou ja, ons eet nie almal afval nie, ons is ook nog nie almal bekeerd nie. Hercu het gesÍ hy sal slegs afval eet onder vervolging, as daar niks anders is om te eet nie.

Ek ry vroeg die volgende oggend vanaf die plaas na Windhoek. Die 170 km vat lank om af te lÍ want die eerste 70km daarvan is grondpad. Die ou Honda sleep gewillig voort. Dis nie sy eerste grondpad nie. Hy ken van. Ek laai my goed af by tannie Dirkie waar ek beplan om vannag te slaap. Ek groet en gaan dorp toe. Of hulle noem dit, stad toe. Windhoek is eintlik nie ‘n baie groot plek nie. Ek het ‘n ete afspraak om 13:00 met Thys. Ek het dus twee en ‘n halwe uur om rond te loop. Ek stap in die strate wat ek teen die tyd redelik goed ken. Ek wens my vrou was hier. Sy sal so ‘n uistappie baie geniet. Ek verlang sommer opnuut na haar. Skielik pak die verlange my sommer erg. So erg dat ek sommer trane afvee. Ek besluit net daar en dan ek gaan nou vir haar iets koop. Wat sal ek koop? Ek weet nie wat nie. Ek stap so af in die straat en sien die uithang bord, INTERFLORA. Dit is vandag die antwoord vir my verlange. Ek gaan vir haar blomme stuur. By Victoria str 80 in Parow laat aflewer. Nog vandag. Ek stap in, reŽl dit dat hulle vir haar by die huis blomme sal aflewer. Betaal R100 en stap uit. Ek voel sommer beter. Ek stap daarvandaan reguit na die AEB boekwinkel onder die Kalahari Sands hotel. Ek kyk rond asof ek iets soek. Ek soek eintlik niks. Ek wil net die tyd omkry. Elke keer as die jongman wat daar werk na my kant toe kom of kyk, neem ek ‘n boek asof ek klaar gekry het wat ek soek. Hy hoef my nie te vra of hy my kan help nie. Intussen soek en eintlik niks. Ek sien die boekie van oom F.A Venter, ‘Die keer toe ek my naam vergeet het’. Ek koop dit en ‘n Bybel vir Jean. Dan loop ek maar weer. Ek gaan sit by ‘n kafee. Bestel ‘n milkshake en begin lees in die boekie. Dit tref my diep in die hart. Hoe die dood ingekruip het, hoe hy dit beskryf. Ek haal ‘n stukkie aan: "Die dood het een mŰre suutjies ingekom by my kombuis in Seemeeu 1104 in die Strand. Baie suutjies. Juis toe ek besig was om die ontbytgoedjies op te was. Ek het hom nie gehoor of gesien of verwag nie. Ek het so goed gevoel. So vol energie. Sou nog die middag gaan rolbal speel. Ek het die oggend waarlik kans gesien vir die lewe. Omdat my vrou swaar deur emfiseem en ‘n hartkwaal aangetas is, sorg ek elke oggend vir ontbyt en was daarna die skottelgoed. Ek droŽ nog so af, toe val die vadoek uit my regterhand. Ek buk en tel dit op. En vermoed niks. Dis so ‘n pragtige somer oggend - helder, windloos. Ek droŽ verder af. Die volgende oomblik staan ek met ‘n koppie in my linkerhand - en my regterhand is leeg! Ek buk en tel maar weer die vadoek op. Nog steeds vermoed ek niks. Maar ek wonder darem so terloops waarom my regterhand so agtelosig is. Hy is dan my staatmaker wat nooit verkeerd vat nie. Ondanks die skerper aandag op my regterhand, val die vadoek nog ‘n keer. Sonder dat ek beheer daaroor het. Na die derde keer vermoed ek dat alles nie pluis is nie. Hoe ek ook al op die vadoek in my regterhand konsentreer, val dit binne die bestek van drie minute nog ‘n paar maal uit my hand. Toe weet ek: daar is iets verkeerd. Dis ‘n groot ding die. Dis nie vir sommer so nie. Die vadoek val teen my sin en wil uit my hand - sonder dat ek enige pyn voel. En skielik tref dit my: ek staan van aangesig tot aangesig met die dood. Maar is die dood dan so pynloos? So genadig? En waarom voel ek geen vrees nie? Ek weet darem nog dat ek die vadoek moet opvou en wegsit en dat ek in die kamer moet kom. Die paar gedagtes kan ek mooi bymekaar sit. Ek vou die vadoek op en hang hom op sy plek. Baie netjies en versigtig. Stom van verbasing dat so iets met my kan gebeur, stap ek heeltemal normaal kamer toe sonder om aan iets vas te hou. By die voetenent van my bed gaan ek staan. My bene is skielik lam. Ek voel hoe ek begin wegsink. Die dood kom nader met elke asemteug. Ek wag op die laaste verblindende slag wat deur my sal ruk - dan is alles verby … ‘Jy moet maar die dokter laat kom Oumens’, kan ek nog sÍ. Toe sak ek inmekaar." Koop gerus vir jou die boek en lees dit self verder.

Ek sit en lees daar totdat Thys kom vir die ete afspraak. Daarna gaan ek na my oornag adres en gaan lÍ en lees verder. Ek slaap oor in Windhoek by Oom Henning en tannie Dirkie.

Tussen Windhoek en Okahandja het ek ‘n klomp koringkrieke in die pad gesien. Party lewe nog, ander is reeds dood gery. As jy een dood ry, storm die ander om daardie een op te vreet. Ek het gedink aan Christene. Hulle maak partykeer net so. As een ‘n fout begaan, of iets verkeerd doen, storm ander op hom af om hulle te verlustig in daardie een se foute. ‘n Christen jaloesie. Ai, en ek moes teenoor myself erken, dit kom ook nog by my voor. Ek wonder skielik wat sou gebeur het as ek die beroep na Okahandja aangeneem het in 1991. Die kerkraad het toe eenparig besluit om my te beroep. Hulle het vir my die beroepsbrief gestuur met die woorde: "Mag u ook so duidelik gelei word deur die Heilige Gees soos wat ons Kerkraad was met u beroep …" Tog weet ek tot vandag toe dat ek die regte ding gedoen het om die beroep te bedank. Ek wens ek kon hulle verduidelik hoekom ek vandag nog glo dat dit wel hulle en die Heilige Gees was, wat so besluit het. Die beroep na Parow-Suid was ook ‘n eenparige kerkraadsbesluit. Ek wonder as ek ooit weer beroep sou word, sal dit weer eenparig wees of sal daar teenstemme wees?

Tussen Okahandja en Karibib kry ek ‘n klomp bobbejane in die pad. Kort daarna ry ek by ‘n groot meubel lorrie verby. Op die kant staan groot geskrywe, Etosha. Waar begin ‘n mens om jou meubels hier te kry? Watter vervoer maatskappye is daar? Hoeveel gaan dit kos? Wie betaal vir die trek? Ek verstik in ‘n klomp gedagtes rondom ons meubels. Ek trek al, en ek het nog geen beroep gekry nie. Tog het ek weereens die seker wete in my hart, ek moet hierheen kom. Of dit nou is, of dit oor ‘n jaar is, of dit oor ‘n paar jaar is, ek weet ek gaan kom. Dit is alles in die Here se hande. Toe ek deur Usakos ry sien ek ‘n Hebron gerage. Dit het my aan Jaco en Heidi laat dink. Hulle huisie in Parow se naam is ook Hebron. Ek het sommer vir hulle gebid. En gewonder, sal hulle ooit hierdie pad langs kom? Dalk vir ons kom kuier. Kilometer vir kilometer het ek die 1985 km afgelÍ vanaf Kaapstad na Walvisbaai. Skielik is ek dankbaar dit is NamibiŽ en nie Kenia nie. George en Marita Besuidenhout, vriende van ons, is deur die Here Kenia toe geroep. Dit is seker 6000 km om hulle te besoek. Ek tel skielik ‘n sein op met die selfoon en bel vir Abrie by sy werk in Kaapstad. "Waar is jy?" vra hy. "Ek ry nou hier anderkant Usakos op pad na Swakopmund" antwoord ek opgewonde maar tog versigtig. Ons gesels gou-gou oor ‘n paar dinge. Na ‘n rukkie sien ek ‘n rooi velskoen in die pad lÍ. Ek dink aan David Kramer. Skielik hoor ek weer die musiek wat ure lank al hier by my in die motor speel, maar ek is net so vaagweg bewus daarvan. Skielik luister ek na die woorde wat Adriaan en Markus sing, soos ek Swakopmund kilometer vir kilometer nader.

"Dankie Heer vir hierdie dag;

Dankie Heer, op U kan ek wag;

leer my om na U te roep,

en U wil vir my te soek.

Van u genade wil ek leer,

daarin lewe meer en meer,

maak my altyd meer bewus,

van U grootheid en U rus.

Skep in my bo alles Heer,

‘n rein hart om U Naam te eer

gee my Heer bo alles Heer

U Heilige Gees om my te leer.

Heer U is groot, U is getrou,

wil U in my, U liefde ontvou,

leer my om lief te he;

soos wat U in U woord dit sÍ.

Vul my Here meer en meer

met U volle liefde teer

leer my om U so te dien

dat ander U in my kan sien.

Skep in my bo alles Heer,

‘n rein hart om U Naam te eer

gee my Heer bo alles Heer

U Heilige Gees om my te leer

Hierdie lied tref my. Dit is my gebed vir my en my gesin.

Ek laai my goed af by Schalk en Yolande in Swakopmund en vertrek dadelik weer. "Ek het ‘n afspraak" sÍ ek vir hulle. Ja, met niemand nie. Net met myself en Walvisbaai natuurlik.

Ek ry versigtig op die teerpad tussen Swakop en Walvis. Is dit nie pragtig nie? Woestyn is maar woestyn. ‘n Woestyn het sy eie bekoring. Die woestyn was nog altyd vir my ‘n plek waar God spesiaal ontmoet kan word, waar sy versorgende teenwoordigheid en besondere nabyheid op ‘n intieme wyse ervaar word. Mense wat heilig wil lewe en ‘n ontmoeting met God wil hÍ, het in die Bybelse tye altyd woestyn toe gegaan. Dis stil daar. Die grootsheid van die natuur en die stilte van die nagte bring ‘n mens na aan die Here. Daarvan was Jesus se versoeking in Mattheus 4 tog ‘n sprekende voorbeeld. Ook Johannes die Doper het uit die woestyn gekom, of in die woestyn gewoon. Dit voel in my binneste of ek juis hier, naby die woestyn, in die woestyn, weer opnuut ‘n afspraak met God het. Wat die inhoud van daardie afspraak is, sal ek seker in die volgende vyf jaar uitvind. Hoekom ek skrywe "vyf jaar", weet ek nie. Dis asof dit so uit my pen vloei, dis asof dit so moet wees. Ek weet nie. Die toekoms sal leer. Soos ek reg suid ry is die woestyn aan my linkerkant, duin vir duin, dan die teerpad soos ‘n swart strepie asof ‘n skerp gemaakte potlood dit daar getrek het, dan die see. Die pragtige diep blou see. Dieselfde see wat in Valsbaai is. Daar waar my pa en ma in hulle woonstel (Arendsig 602) sit en uitkyk oor die see. Daar waar oom FA Venter sy eerste beroerte gehad het in Seemeeu 1102. Ja dieselfde see is ook hier. Dieselfde see wat in Seepunt is. Skielik wonder ek of my pa en ma ooit vir my hier sal kom kuier. Sal my broers en suster ooit hier kom? Hoe sal dit wees as hulle hier kom kuier. Ek druk weer die kasset van Adriaan en Markus in die kassetspeler. Ek is so in gedagte, in die toekoms dat ek die musiek nie juis hoor nie. Net voor ek Walvis binne ry, raak ek al meer op my senuwees vir my eie gedagtes. My gedagtes is vir myself so deurmekaar. Die woorde "see", "woestyn", en "vyf jaar" is asof dit vir my meer betekenis het as al die ander gedagtes. Ek besluit om liewer na die kasset se woorde te luister as om verder te dink wat alles voorlÍ. Weereens is dit treffend hoe die regte lied op die regte plek vir die regte mens (ek) bedoel is:

Soos my Vader my gestuur het, stuur ek julle,

skape onder wolwe, lammers in gevaar,

wees versigtig, wees waaksaam, doen wat Ek beveel,

Hy wat my gestuur het, sal met julle wees.

Gaan dan heen, maak dissipels van al die volke

en doop hul in die Naam bo elke Naam

die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees

leer hulle volgens my Woord

Wie sal Ek stuur en wie sal vir My gaan

wie is bereid om te gaan

wie sal EK stuur en wie sal vir My gaan

toe antwood ek My Vader stuur my"

Ek ry Walvisbaai binne. Dis nie ‘n mooi dorp nie. Ek weet egter dat ‘n dorp nie is hoe hy lyk nie, maar soos wat sy mense is. Dit is soos potjiekos. Die swart driepoot pot is allesbehalwe aantreklik. Inteendeel, dit is swart, vaal en vol as, gewoonlik vuil van buite. Maak jy die deksel oop, kom die geur van die heerlike potjie daaruit. Ek soek die pastorie in 16de weg 47. Die adres was maklik om te onthou. In Parow is ons Posbus nommer 47. En ek voel so opgewonde soos ‘n 16jarige seun vandag wat vir die eerste keer vir die skool se eerste rugbyspan gekies is. Ek herhaal dit oor en oor in my gedagtes; 16de weg 47, 16de weg 47. Dit sal my nuwe woning wees. Weereens kom die twyfel in my op. Is dit regtig die Here se wil dat ek Parow-Suid moet verlaat? Is dit nou die tyd? Het ek die Here se stem reg gehoor? Skielik dink en aan Elisa wat in die droogte vir die koning se adjudant die onmoontlike gesÍ het: "mŰre sal al hierdie mense kos hÍ om te eet". Omdat die adjudant nie geglo het het nie, het Elisa vir hom gesÍ dat hy dit sal sien, maar nie saam sal eet nie. Ek is geskok oor my ongeloof. Tog weet ek, daar lÍ drie groot hekkies voor, waar ek moet oor. Die eerste een is, die beroep. Waarheen ookal. Om ‘n beroep te kry vandag is nie maklik nie. Tussen 50 en 80 persone doen aansoek vir elke beroep. Jou kanse is dus een uit tagtig. Die tweede hekkie is die afkondigings van die beroep. In hierdie gemeente, in die Ring van Usakos of waar ookal en ook in die Sinode van NamibiŽ. Sal hierdie mense my aanvaar. Ek kom van ‘n ander land. Sal hulle nie eerder iemand uit hulle eie land wil beroep nie. Die derde hekkie is dalk die moeilikste een. ‘n Werkspermit. Sal ek ‘n werkspermit kry? "Here vergewe my my ongeloof. Help my om te glo. Kom my ongeloof te hulp." Ek soek nie lank nie of ek kry die huis. Daar staan ‘n motor voor die huis. Ek ry stadig verby, ek is so bang iemand sien my. Niemand ken my tog nie. Ek kan maar kyk. Dit lyk van buite na ‘n groot huis. Ek is skielik baie teleurgesteld dat die huis nie ‘n agterplaas het nie. Tog, so 100 tree van die huis af is ‘n parkie. Ons sal daar kan krieket speel met die kinders. Ek draai om en ry weer verby die huis. Ek draai nog ‘n keer om en ry weer terug verby die huis. Dan vir ‘n vierde keer. Meer as wat ek gesien het, kan ek nie sien nie. Ek sou dit so graag van binne wou sien. Nou soek ek die kerk. Ek ry seker vir nog so tien minute rond voortdat ek ‘n mooi kerkie sien waarop geskrywe staan: NG Kerk Walvisbaai-Noord. Ek is meer opgewonde oor die kerk as oor die huis. Agter die kerk is ‘n oop erf. Dit is hier waar hulle ‘n nuwe pastorie wil bou. Weereens bid ek, "Here, gee tog dat hulle dit nie sal doen nie, ek sal tevrede wees met die huis wat daar is."

Wat sal ek vir Mechthild sÍ, hoe lyk dit alles. Ek mag nie negatief klink nie. Ek moet opgewonde wees. Al is ek miskien net half opgewonde. Ek is tog bang, soms onseker, dan weer baie seker. Tog weet ek, ek het nog nie die beroep gekry nie. Ek het nie eens aansoek gedoen nie. Weer dink ek al die gedagtes wat ek enkele minute van tevore gedink het oor. Dis asof ek vergeet het ek het dit reeds gedink. Weer dink ek oor beroepe in vandag se tyd. Vandag is beroepe so skaars. En daar is letterlik honderd aansoeke per pos. Die kanse is maar min. Aan die ander kant is die kanse weer baie goed. Alhoewel ek niemand in die gemeente ken nie, nie een kerkraadslid nog ooit ontmoet het nie, behalwe oom Schalk Burger wat my in die Kaap kom sien het, voel ek tog my kanse is goed. Dit is in die Here se hande. Nadat ek alles gesien het, voel ek baie neutraal. Kry ek die beroep of kry ek dit nie, ek sal berus by wat die Here besluit. Ek kan darem vir Mechtild vertel daar is ‘n Clicks, Pep Stores, Model, Ackermans, ‘n Spurr, Edgars, Fochini. Truworths en ook ‘n Kentucky. Dit sal vir haar nie maklik wees nie. Onwillekeurig dink ek aan ander mense wat al in dieselfde omstandighede was. Barinda het getrou en kort daarna na hierdie vreemde land getrek. ‘n Maand of twee later is haar pappie oorlede in die RSA. Hoe moes sy nie voel om hier in die vreemde te kom sit nie. Yolande het weggetrek van haar ouers en haar eerste baba hier gehad. Ons was darem nog in die bevoorregte posisie om ons kinders by ons ouers groot te maak. Ten minste tot en met twee jarige ouderdom. Daarin kan ons nog ‘n seŽning tel. Debbie het hierheen getrek terwyl haar ouers in Pretoria woon. Dis seker ook 2000km ver. Daar is ook Almarie Louw wat Gobabis toe getrek het, kort daarna is haar mammie oorlede.

Ek koop vir my ‘n Chilie burger. Die "buns" was oud, ek is sommer teleurgesteld in Walvis se Kentucky. Die bediening was baie vars. Dit maak op die ou end die ou "bun". Ek ry nog so ‘n paar draaie deur die dorp.

Dan gaan ek maar terug na Swakopmund, na Schalk en Yolande waar ek vir die volgende paar dae sal slaap. My hart is so vol. Ek weet nie mooi wat ek alles voel en dink nie. Ek weet nie mooi hoe om te voel nie. Ek is moeg, moeg gery, moeg gedink, sommer moeg van alles. Moeg van spanning wat ek in myself ronddra die afgelope twee weke. Net ek en Mechtild weet wat alles voorlÍ, of dalk nie voorlÍ nie. En natuurlik Abrie, moes jy nou juis hierdie tyd so ‘n droom gehad het. Miskien was dit ‘n vals droom, dan was Abrie tog verkeerd. Ek tel ‘n briefie op wat in Schalk en Yolande se sitkamer op die tafeltjie lÍ. Die handskrif is bekend. Jou werklik waar, dis Abrie se handskrif. ‘n Gelukwensing met klein Elsaby se geboorte. ‘n Digter van formaat:

Scalla en Yolalla en Isabella

Baie geluk met julle nuwe een, wat ‘n seŽn!

Mag dit nog meer van bo op julle neer reŽn;

Met God het julle dit in gemeen; om mens te skape uit een en een;

En nou is julle nie meer alleen; dit beweeg my om te ween;

Dink aan al Sy goedheid oor ons heen, alles te veel om in te neem;

Hoe Hy alle gawes - en julle nuut gebore een;

In vertroue aan julle leen;

Leer haar om hartlik God te bejeŽn;

liefde,

Abrie

Tog weet ek diep in my hart, al is Abrie se droom nie waar nie, moet ek Parow-Suid verlaat. Ek gaan lÍ, klim sommer onder die duvet in en raak onmiddelik aan die slaap. So ‘n heerlike middagslapie. Nadat ek wakker geword het, lees ek verder in oom F.A. se boek. Dit raak al meer boeiend. Elke keer as ek dit lees, verlang ek net meer en meer na my vroulief.

Die aand om 22:08 Nam tyd, toe reeds 23:08 in die RSA, bel Jumbo vanaf Walvisbaai. Die kerkraad het eenparig besluit om my te beroep. Nog ‘n eenparige beroep. Alles gebeur soos wat ek geglo het dit sal gebeur. Die Here maak nie ‘n fout nie. Dit laat my dink aan 2 Kor.3:4-5 "Ons sÍ dit omdat ons deur Christus ten volle op God vertrou. Uit onsself is ons nie instaat om iets te bedink asof dit uit onsself kom nie. Ons bekwaamheid kom van God, wat ons bekwaam gemaak het om bedienaars van ‘n nuwe verbond te wees, nie van die letter nie maar van die Gees. Die letter maak dood, die Gees maak lewend."

Wat gaan deur ‘n mens as jy ‘n beroep kry. Ek weet nie. Ek het nie woorde nie. Ek weet nie hoe om dit neer te skryf nie. Miskien kan ek dit sÍ. Ek voel die Here praat nog met my. Hy maak nog bemoeienis met my. Al die dinge wat gebeur het die laaste twee weke wat hierdie telefoon oproep voorafgegaan het. Die Here is getrou. ‘n Rukkie later bel Ds. Christo van den Heever van Swakopmund, die konsulent om my in kennis te stel dat ek beroep is. Hy was verbaas dat ek in Swakop is. Hy het my so pas in die Kaap gebel en by Mechthild gehoor dat ek reeds in Swakop is.

In my binneste wens ek alles was al verby. Die aankondiging dat ek beroep is, die aankondiging dat ek die beroep aangeneem het, die afskeid, almal se mening oor ons besluit. Die inpak, die groet van ou vriende. Die trane. Die trek, die reis vanaf Kaapstad na Walvisbaai. Al die grensreŽlings. Die paspoorte, die werkspermitte. Die ontvangs aan die ander kant. Die uitpak om weer terug te keer na normaal. Die kinders se nuwe skool. Die aanpassings vir hulle. Die toesprake. Die intree preek. Al die nuwe mense wat jy ontmoet. Al die verwelkomings. Ens. ens. ens. Ek wens ons kon die horlosie aandraai totdat dit alles afgehandel is en die ware feite op die tafel is, Ds. en mev. Welly du Toit, die leraarspaar van die Ned. Geref. Kerk Walvisbaai Noord. Ja, ek het omtrent getrek van Suid na Noord. Parow-Suid, Walvisbaai-Noord. Kaapstad in die Suide, Walvisbaai sowat 2000 km verder noord. Nou kan ek waarlik sÍ as iemand my vra hoe dit gaan: Kyk noord en gaan voort. As alles afgehandel is, kan ons uitkom by die mense se siele. Is hulle saak met die Here reg? Ons sal nog besig wees met al die formaliteite dan gaan iemand dood. En, dan het ons dalk nie met hom gepraat oor sy saak met die Here nie.

Ek is so opgewonde dat ek nie lus het om Bybel te lees nie. Ek lees weer ‘n stukkie van oom F.A. Ek lees en lees en lees dit sommer klaar. Later huil ek so dat ek nie deur my oŽ kan sien nie. Dit is aangrypend. Ek moet dit vir Mechthild stuur om te lees, nog voordat ek in die Kaap kom moet sy dit klaar gelees het. Ek wil nie sien hoe sy huil nie. Sy moet klaar huil voordat ek daar kom. Dan kan ons oor die boek gesels. Daarna sit ek sommer die lig af en gaan slaap met ‘n lied in my hart. Dankie Here. Tog is dit asof die Here my uitskud en sÍ, "lees net ‘n paar verse uit die Woord. Sommer daar waar jy laas opgehou lees het." Dit is in Mattheus 2 of 3. Ek kan nie eens onthou nie. Ek skakel weer die lig aan, klim uit die bed en gaan haal my Bybel. Ek begin lees in Mattheus 3. "In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesÍ: Bekeer julle want die koninkryk van die hemel het naby gekom. Hy is die een wat die profeet Jesaja bedoel het toe hy gesÍ het: Iemand roep in die woestyn: Maak die pad van die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit."

Dankie Here, nogeens bevestig U vir my dat ek in hierdie woestyn paaie vir U reguit en gereed moet kom maak. Die volgende dag gaan staan ek op die Jetty in Swakopmund. Op die verste punt. Weerskante van my is net see, branders en die geruis van ‘n dreuning. Dit laat my dink aan die ou jong wat die see die eerste keer gesien het en vir sy baas gesÍ het, "Auk my baas, die see, hys nes die noi, hy raas heeldag maar doen niks." Hier staan ek, 2000 km van my huis, my mense, my kinders en my noi vir wie ek baie baie lief is. Hier staan ek en neem 'n besluit wat hulle daar ver in totaliteit gaan raak. Is ek werd Here, om ‘n besluit te neem vir ander mense. ‘n Groot besluit namens die mense vir wie ek die liefste het. Dit raak my gesin die meeste, dit raak die hele gemeente Parow-Suid. Dit raak Laerskool Ebenhaezer, dit raak gelowiges vir wie ek baie baie lief is. Dit raak honderde mense. Baie sal heerlik daaroor skinder, baie sal hulle verlustig in my besluit (soos die koringkrieke tussen Windhoek en Okahandja). Ander sal verstaan. Ander sal nie verstaan nie maar dit aanvaar. "Aan die einde van dit alles, Here, ek staan waar ek staan, ek kan nie anders nie. God stuur my. U roepstem kan ek nie ignoreer nie. Na mense kan ek nie luister of my oor hulle ontstel nie, Here. Ek laat ‘n hele sewe en ‘n halwe jaar agter (Parow-Suid). Ek laat ‘n hele sestien jaar agter (Universiteits vriende). Ek neem met my ‘n hele 10 jaar saam, my vrou en kinders. Ek bid dat ek meer tyd vir hulle sal hÍ in die toekoms. Help my Here, om vas te staan in U roeping vir my lewe. Ek sien uit na die toekoms en wat dit vir my inhou." Op daardie oomblik slaan ‘n yslike brander oor die Jetty my papnat, soutnat. Ek kan nie onthou of ek Amen gesÍ het nie. Ek het in die dae nie juis gebede begin en gebede geeÔndig nie. Ek het sommer gebede geleef. Ek kon amper in die aand as ek my kop op die kussing neergelÍ het, AMEN, sÍ.

Ek het baie geleer in Parow-Suid. Dit sal ‘n deel van my lewe wees wat ek nooit maar nooit sal kan uitvee nie. Dankie vir elke persoon wat aan ons help bou het. Ek is jammer vir elkeen wat ek teleurgestel het. Ek nooi elke persoon wat iets teen my het om my die kans te gee om dit reg te maak. Ek vra jou omverskoning. Kom ons kyk vorentoe. Kom ons sien saam uit na die Wederkoms van ons Here Jesus.

‘n Visioen sonder ‘n taak is ‘n lugkasteel. ‘n Visioen met ‘n taak is ‘n sending. Bid vir my en Mechthild en die kinders op ons nuwe sending. Is jy bereid om die hoogste prys vir so ‘n visioen te betaal - die verlies van ‘n vriende, familie of ‘n loopbaan? Daar is nie verlaagde tariewe vir die ommekeer van ‘n siel nie. As jy net gered, gereinig en tevrede wil wees, dan het God se stryd jou nie nodig nie? Die kerk het sy Heilige Gees vuur verloor, daarom gaan mense na die helse vuur. Jy wat agterbly in Parow-Suid, wat is jou roeping in God se Akker? Het jy ‘n visioen? Het jy ‘n taak? Doen dit met ‘n Heilige Gees vuur!

Bid vir ons. Ons bid ook vir julle.

Kom kuier vir ons

Oos-7

Terug na Inhoud