Oos-4 Stop en dink

STOP EN DINK!

‘n Boekie oor jou eie politieke situasie en die invloed

wat politiek op jou het.

Deur Ds. Welly du Toit

Moenie slegs paragrawe of dele uit die boekie lees nie. As jy die ware boodskap van die boekie wil verstaan, lees dit van begin tot op die einde deur. Anders kan jy dalk verkeerde afleidings maak wat ek nie regtig bedoel nie.

As jy nie ‘n leerbare gees het nie:

STOP!

Moenie verder lees nie. Sit neer die boekie of gooi dit in die vullisdrom. Dit sal jou net ontstel. As jy nie bereid is om jou naaste lief te hÍ soos jouself nie, moet asseblief nie verder lees nie.

As jy ‘n leerbare gees het, daar lÍ ‘n diep geestelike les in hierdie boekie opgesluit. Tog gaan ek dit aan die einde nie vir jou in woorde uitspel nie. Jy moet dit in jou eie hart ontdek.

As in ek breŽ trekke moet sÍ waaroor dit handel, kan ek sÍ: Verander jou hart en gesindhede, nie jou uiterlike optredes nie.

Hoe pragtig is ons land en sy mense nie. NamibiŽ. ‘n droŽ land wat tog aan drie kante begrens word deur water. In die Weste deur die Atlantiese oseaan, in die Suide deur een van die grootste riviere in Suider-Afrika. In die Noorde deur die Kunenerivier en die Okavangorivier. Tog bly hierdie riviere se invloed op die land beperk tot hul vloedvlaktes. Die meeste van die ander binnelandse riviere is slegs kronkelende blou strepies op ‘n kaart, wat slegs enkele dae in ‘n goeie jaar die blink geruis van water ken. Wat ‘n voorreg was dit nie om in die loop van die Kuisebrivier te kon staan, suid lÍ duine sand opgestapel so asof hulle daar gegooi is deur ‘n groot hemelse lorrie, oos, noord en wes lÍ die harde vlaktes van die Namib. Onverbiddelike land. Dit is doodstil hier waar jy staan. Al geluid wat jy hoor is die bruin water massa wat om elke bossie en boomstamp loop. Wat slote spoel in die warm sand. Jy ruik die modderwater. Dit praat. Want dit was jare gelede dat hier laas water geloop het. Die Kuiseb rivier vol water, van kant tot kant. Geslagte gaan verby sonder om hierdie wonder van God se skepping te sien. Dit bring onkeerbare trane in jou oŽ. Trane van blydskap, trane van dankbaarheid van ‘n magtige Hand van God wat jou aanraak in jou binneste, waar jy lanklaas aangeraak was.

Jy wil huil van iets wat hier binne in jou wakker gemaak is. Iets wat jy lanklaas ervaar het. Dit is asof dit gesels met jou. Dit vertel van die honderde kilometer wat die water al aankom. Dit reŽn nie hier by die Kusebriviermond nie. Hier is dit woestyn. Al die water kom uit die binneland, ongeveer 300 km. hiervandaan.

STOP!

Wanneer laas het jy God in Sy Skepping raakgesien?

Kompromieloos lÍ sy ontsagwekkende landskap uit die oergesteentes deur klimaatskragte van felle uiterstes. In die binneland volg rypkoue, rotsversplinterende nagte soms op brandende dae; die land word verlos uit die pyniging van die droogte deur ‘n stortvloed. Langs die kus rol digte miswolke weer en weer in van die ysige see om die barheid van een van die onherbergsaamste kuste op die aardbol te sluier en sy kontraste te beklemtoon. Die Namib is ‘n smal kuswoestyn van meer as 150 000 vk km, en dit bied van die skouspelagtigste wildernistonele op aarde. En NamibiŽ is ‘n land van kontraste: van wilde, ruwe gebergtes en onmeetlike gelyk vlaktes, van meedoŽnlose woestyne en welige tropiese moerasse.

 

Etosha (die groot wit plek) spog met van die rykste wild bevolking ter wÍreld. Van reuse kameelperde wat oor die 1200 kg kan weeg tot die fynste Damara-dikdik van skraas 6 kg. Wonder wat het die Liewe Vader bedoel toe hy hierdie skepsels (die kameelperde) twee sulke horing gegee het?? En as ‘n kameelperd stap, dan tree hy mos eers sy linker voor en linker agter been na vore, dan balanseer hy homself op sy regter voor en regter agter been. En as hy waterdrink span hy mos eers sy twee voorbene so wyd as hy kan uitmekaar. So asof hy ‘n maatband in sy hand het en die breedte van die watergat wil meet. Dan knak hy die twee voor bene se knieŽ en bring sy lang nek daar van bo af grond toe om by die water uit te kom. Dan is daar nog olifante, leeus, luiperds, jagluiperds, wildehonde, gevlekte hiŽnas, strandwolwe, erdvarke, jakkalse, ratels, swartrenosters en talle ander klein diere in een of meer van NamibiŽ se natuurstreke.

STOP!

Wanneer laas het jy God raak gesien in die skepping van die dier? Hoe weet ‘n klein goggatjie van die Namib om in die nag wanneer die miswolke van die see af opkom, op die bopunt van die duine te gaan staan, stertkant teen die wind. Die dou (mis)druppels kondenseer op sy ruggie en loop af tot in sy mond. Dit is sy enigste manier van water drink. Wie het hierdie toktokkie dit geleer? Die Namib, of God?

Soms het ons ons diere meer lief as ons naaste. Soms behandel ons ons naaste slegter as wat ons ons troeteldiere behandel. Asof God vir ons gesÍ het: Jy moet jou troeteldiere liefhÍ soos jouself.

In hierdie land is so baie mense verskillende mense. Swartmense, Witmense, Kleurlinge, Portugese, Ovamboe’s, Damara’s, Duitsers, NoorweŽrs, Switsers, Herero’s, die Rehoboth mense, Ovimba’s en baie ander. Groottes, kleines, vettes (daar is besonder baie van hulle), maeres, mooies, lelikes, vriendelikes en onvriendelikes? Van alles en nog wat. Almal het ‘n toekoms visie vir hulleself. Party is optimisties, party is pessimisties. Party praat saam met diť party, ander praat saam met ‘n ander party. Ander wil die kaffers (verskoon die woord maar dit is hulle taalgebruik) net doodskiet. (Die woord kaffer in eintlik ‘n woord wat heiden beteken en in ‘n geestelike sin sy ontstaan het. Dit is honderde jare later eers verpolitiseer. Die persoon wat nog so praat, ongeag sy velkleur, is nog ‘n kaffer m.a.w. ‘n heiden.) Sommige is te liberaal vir ander. Ander word weer beskuldig dat hulle te konserwatief is. Ander is kwaad vir die kerk oor "Kerk en Samelewing" en " Sodat almal een kan wees", daarom breek hulle weg van hulle kerk en stig nuwe kerke.

Ander wil graag iets doen aan hulle rasseverhoudings maar asseblief, die swartman moet net nie in sy huis kom nie. Netnou gee hy af aan die lakens of dalk aan die spier wit bad se rante. Ander gooi die president met klippe omdat hy nie vinnig genoeg hervorm het nie, maar hulle self pas dit tot die uiterste toe. Die wat in sinkkrotte sit, sit onder die nuwe regering nog steeds net waar hulle was. Met die verskil, hulle het nou stemreg. Sommige boere bou vir nog ‘n R20000 ‘n derde sitkamer in sy huis aan terwyl hy ‘n paar R100000 landbank skuld het en sy swartes in krotte sit, dan vra hy wat kan ons doen? Hierdie mense ken die Here glad nie. Pragtige kerkmense. Hulle het te ryk geword om Hom te ken. Ander sit in sink krotte dan vra hulle hoe kan ons ons broers en suster bereik met die evangelie. Hulle het niks, maar dit wat hulle het, is hulle ook bereid om te gee.

Ander het hulle laat meesleur deur politieke drukgroepe links, en ander na regs. Hulle bid vir regerings wat moet val. Ander bid vir soldate dat hulle moet sterf.. Ander vra vrae oor politieke kwessies. Waar sal ons nou stem in hierdie pragtige land? Elkeen het ‘n demokratiese keuse. Watter van al die tale sal ons as amptelike taal erken?

Sommige leef rustig voort in hulle eie wÍreld sonder enige steuringe. Hulle koop hulle veiligheid, hulle koop hulle stilte, hulle koop hulle saligheid en hulle plek in die kerk. Hulle koop hulle plekkie in die hemel. Hulle koop hulle plekkie in die son. Hy leef in sy eie wÍreld en weet nie wat sy buurman wat langs hom woon, deurmaak nie. Sien dit miskien op die televisie en verbly hom daarin, darem een minder. Ander wil nie meer kinders hÍ nie, want daar is nie ‘n toekoms vir ons kinders nie, of die wederkoms is te naby. Hulle leef steeds met ‘n haat teen ander in hulle harte. Hulle doen nie veel om ‘n toekoms uit te werk nie.

STOP!

Wanneer laas het jy begrip gehad vir ‘n ander persoon se omstandighede. Soms moet God ons platslaan. Soms moet God ons terugbring na ons ware grootte. Terugbring dat ons kan besef dat ons voor God nietig en niks is nie, dat ons weer die mense rondom ons kan raaksien. Dat ons weer ‘n oor kan hÍ vir hulle behoeftes en hulle pyn?

Jy moet jou naaste liefhÍ soos jouself.

Ander stroom by die duisende na rugby wedstryde, popkonserte, teaters ens. Die dominees moet raas omdat die kerke so leeg word. Hulle probeer hulle bes om markverwant te wees in hulle "entertainment". Die orkes moet "gospel rock" speel, dan trek ons die jongmense. Ons moet aanbied dit waarvan die mense hou. Dit is moeilik om mense na die kerk te trek, as God die enigste aantrekkingskrag is. Dit is die dominee se skuld dat die kerk so leeg is. miskien gedeeltelik. Elkeen wat die kerk kritiseer, kritiseer homself. Jy is die kerk! Nie die gebou daar in kerkstraat nie.

Nou kan ons nog na die kerk ook gaan. Sommige sÍ jy moet in tale ook praat, ander sÍ jy moet gedoop wees, ander sÍ jy moet ryk wees, ander sÍ jy moet alles weggee en verkoop. Wat van lag in die Gees? Wat van die "Bible Code"?

 

STOP!

Wanneer laas het jy jou verhouding met God werklik oordink en heroorweeg. Nie soos wat mense dit sien nie, soos wat jy weet dit werklik is?

Jy moet die Here jou God liefhÍ met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Ons kan nog blaaie en blaaie vol skryf. Hoe deurmekaar is ons land? Waarheen is ons oppad? Hoe sal ons ooit anderkant uitkom? Dink net hoe n mooi getuienis kan ons die wÍreld in stuur as ons op 1 000 de en 1000 de vierkante kilometer met baie verskillende bevolkingsgroepe en verskillende kerke in VREDE kan saamwoon en nog ‘n toekoms bou vir ons kinders.

Wat moet ons doen om hierdie ideaal te bereik? Baie, maar tog ook min. Baie aan ons self, min aan ander. Dit is so jammer dat hierdie boodskap vir baie NamibiŽrs onaanvaarbaar sal wees. Gaan gerus voort op die pad wat jy wil, met jou oogklappe aan, en kyk oor 10 jaar terug waar jy staan, wat die vrug op jou lewe is en hoe die toekoms vir jou lyk.

Ek wil graag ‘n paar getuienisse vir u vertel. Nee, laat hulle dit self vertel.

Die eerste was ‘n predikant van die Ned. Geref. Kerk, Ds. Peter Louw:

"In September 1976 het vreeslike onluste uitgebreek en alle geboue moes bewaak word. Elaine, my vrou, is geskakel deur die skool en die kinders moes dadelik gehaal word. In my dagboek staan: "Gesamentlike biduur in Stellenbosch Sentraal Gemeente bygewoon vir noodtoestand. Professor Jonker spreek die studende toe uit Romeine 12 : 21 : "Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie." Dit was ‘n magtige boodskap en het my diep aangegryp. Die aand moes ek saam met ander studente wagstaan by die Kweekskool. Ek het my knopkierie saamgeneem. Die ander studente het almal vuurwapens gehad. Toe het daar iets gebeur wat my diep laat nadink het. ‘n Groepie gewapende studente stap by my verby. Skertsend, maar tog ernstig sÍ hulle: "Vanaand wil ons doodskiet!" Diep in my hart het iets geroer. Praat Christene so?

Gedurende hierdie dae het daar ‘n worstelstryd in my siel ontstaan. Ek is in ‘n Afrikaanse huis gebore en het in Suid-Afrika groot geword. Anderskleuriges was vir my net ‘kaffers’, ‘koelies’ en ‘hotnots’. Een van ons professore het gedurende hierdie dae baie reguit oor ons verhoudings met ander mense gepraat. Dit was vir my ‘n vreemde boodskap. Goed kan ek onthou dat ek by een klas so kwaad was dat ek huis toe geloop het en vir Elaine gesÍ het: "Ek kan die kafferboetie nie verdra nie. As hy so lief is vir hulle, waarom gaan woon hy nie tussen hulle nie!"

Een nag het ek ‘n vreemde ondervinding gehad ... Daardie nag sou die einde beteken van ‘n era van bitterheid, verskuilde haat en vrees wat in my hart geleef het. God kan ‘n mens verander. "Of dit ‘n droom was, of ‘n visioen, of ‘n verbeeldingsreis --- dit sal ek nooit kan defineer nie. Maar van een ding is ek absoluut seker: Dit het my aangespreek en ‘n totale nuwe skepsel gemaak. Interessant dat alles wat in die droom gebeur het, later deur myself in die praktyk ondervind is in my bediening en aanraking met die mens.

‘Ek word skielik ‘wakker’ en bewus van die feit dat ‘n swart hand bo-op die kombers lÍ. So groot was die skrik dat ek onmiddelik regop in die bed sit. Ja, sonder twyfel --- die ander hand was ook swart. Vinnig spring ek op en hardloop na die spieŽl. Dit was ‘n onvergeetlike ondervinding. My gesig was pikswart. Skielik wou ek lag, huil, skree en histeries raak --- alles gelyk. ‘n Duisend dinge het deur my brein gesnel. Snaaks hoedat ‘n mens aan jou gesig kan vat --- seker net om seker te maak dat wat jy sien werklikheid is! Nee --- daar is geen fout nie --- ek is swart --- dis die grootste ramp wat ‘n Suid-Afrikaner ooit kan tref!

Toe skiet ‘n plan my te binne. Elaine sal verstaan! Binne ‘n gedeelte van ‘n sekonde is ek langs die bed en skud haar wakker. Sal ek daardie oŽ ooit vergeet? Vrees, en dan die gille: "Dis ‘n kaffer ... dis ‘n kaffer ...!" Ek val haar in die rede. "Nee, nee dis ek --- dis Peter, jou man" maar niks help nie. Teen hierdie tyd is sy histeries. In my ‘droom’ weet ek dat sy my as haar man herken, maar net ‘n swarte voor haar sien. Nou skree sy: "Uit! Uit kaffer uit!" Miskien sal die seuns begryp. Hulle herken my as Pa, maar ‘n swart pa --- nooit nie! Ek onthou dat ek gepleit en gesoebat het, maar dat ek later die huis moes verlaat omdat die polisie geroep sou word. As my dierbares my nie sou aanvaar nie; wie sou dit dan doen?

Ongelukkig sou baie honderde bladsye hierdie ondervinding nie kan beskryf nie. Dog graag wil ek ‘n paar met u deel. Sommige dinge het reeds uit ons midde verdwyn, maar baie leef nog in ons samelewing en ongelukkig nog in so baie harte. Ek het in die straat afgestap. Die eerste ding wat ek opgemerk het, was die feit dat waar die meeste honde voorheen nooit eers van my notisie geneem het nie, nou het al wat hond is die hekke bestorm. Nog nooit was ek so dankbaar vir hoŽ heinings en gegrendelde hekke nie.

Daardie eerste honderd tree het my reeds ingelyf in ‘n wÍreld van teenkanting en ‘n sekerheid dat ek nie hier welkom was nie. Mense wat reeds in die tuine was, besig om nat te gooi of met tuinslange die vroeŽ oggendwÍreld met duisende reŽnboŽ te besaai, het my snaaks aangegluur. Met hulle oŽ het hulle my agtervolg en hulle gedagtes was duidelik leesbaar. "Wat soek so ‘n netversorgde kaffer so vroeg in die mŰre in ons buurt?" Hier wil ek uit. Maar waarheen sou ek gaan? Ja, ek weet, gou poskantoor toe en daar ‘n oproep maak. Daar sal seker iemand wees wat sou kon begryp.

Hier het ek my eerste ondervinding met apartheid gehad. Onthou, in my hart was ek nog steeds ‘n witman en my gedagtes het nog nie geregistreer dat ek ‘n ander kleur vel het nie. Ek stap by die naaste foonhokkie binne. Skielik lÍ ek op my sitvlak buite op die harde sement. ‘n Groot blanke het op my afgetuur. "Kaffer, kan jy nie lees nie? Daar staan:’Net blankes.’ Maak dat jy wegkom voordat ek jou neus afslaan!" Op daardie oomblik is ek terug op skool waar die kinders my gespot het oor my plat neus. Die gedagte kom toe by my op of die Here my toe reeds al voorberei het om ‘n ‘kaffer’ te word.

Nou is ek daar uit. Teen hierdie tyd het ek lus gehad om iets te eet. My hart was seer; my kop het wilde draaie begin maak en ek kon net nie begryp wat ek gedoen het om hierdie wrede lot te verdien nie. Oorkant was ‘n kafee wat ek baie besoek het. Ek onthou dat die Griek en ek dikwels lang gesprekke gevoer het. Hy was eintlik baie gaaf vir my en het met tye as ek nie genoeg geld gehad het nie, my sommer uitstel gegee tot ‘n later datum. Ewe vrolik stap ek die kafee binne. Dit was vol kinders wat oppad skool toe was. Ek staan sommer agter en wag my beurt af. Oral druk die kinders voor my in en in plaas van om nader te kom, het dit gelyk of ek al hoe verder teruggedruk word.

‘Snaaks! dink ek. ‘Die kinders is mos nie gewoonlik so onbeskof nie?’ Skielik tref dit my: Peter, jy is swart! Uiteindelik is almal uit en nou is dit my kans. Ek gaan staan sommer gou voor die toonbank en sit my paar appels voor hom neer. Ek vra ou Gretos hoe dit gaan. Hy kyk my vreemd aan asof ek nie gewas het nie. Kortaf sÍ hy: "Tagtig sent!" Plaas dat ek die geld neersit en loop, vra ek ewe onskuldig: "Gretos, ken jy my nie?" "Ken ek kaffers? Ja ek ken hulle --- skelms! die hele lot. Gee my jou geld en trap!" Buite staan ek verlŽŽ. Die ander mense in die winkel het tog te lekker gelag. Die appels is suur. Terwyl ek staan kom daar ‘n polisieman direk op my afgestap. Wat het ek nou gedoen? Hy lyk besonderlik kwaai. ‘Ag wat, dis maar my verbeelding. Die polisie was nog altyd baie gaaf met my’. "Pas!" snou hy my toe. Ek bars uit van die lag. Dis toe dat ek vir die tweede keer daardie oggend die sypaadjie van Stellenbosch met my broek se sitplek skoonmaak. "Lag kaffer! Jy het nogal ‘n sin van humor." Sy hande is op sy sye en die een lÍ op die kolf van die groot rewolver. Ek kry skielik die nare gevoel dat ek rÍrig ‘n kaffer is, en dat dit tyd is om op te hou lag. ‘Lieg Peter, dis al wat jou vanoggend kan red!’ skiet dit deur my brein. "Ekskuus, jammer --- maar hulle sÍ my kop is van kleins af nie reg nie" Ja, jou kop is so deurmekaar dat jy vergeet het om baas te sÍ! Sy oŽ kyk my striemend aan. "Ekskuus, baas ... baas polisieman", antwoord ek met al die nederigheid wat tot my beskikking was. Nou lag hy. Die twee keer ‘ baas’ sÍ het hy werklik geniet en met ‘n skop op my lyf, stap hy weg. Verligting sak op my toe. Gelukkig het hy skoon die pas vergeet. Ek het op daardie oomblik besef hoe naby ek aan die tronk was. Erens moes ek myself verskuil, want hier in die openbaar was ek nie veilig nie.

Miskien sou iemand my werk gee. Om ‘n baie lang storie kort te knip; ek het by oumense werk gekry en kos uit ‘n ou blikbord en koffie uit ‘n gevlekte beker moes drink. Die honde se bakke en myne is saam onder die kas gebÍre. Dit het my seergemaak. Vir hierdie mense was ek net ‘n dier. Ek het gou geleer dat hoe meer ek ‘baas’ en ‘miesies’ sÍ, hoe gelukkiger het die blanke mense gevoel. Gelukkig was die bruinvrou wat in die kombuis gewerk het ‘n Christen en sy het my vriendelik behandel. "Hoe kon ek uit hierdie situasie wegkom?", was die vraag wat my gedurig geteister het.

Dis Sondag. Ek skrik wakker onder die sinkplate waar ek snags skuiling gesoek het. Dis kerkklokke wat beier. Hier is die oplossing. Ek is ‘n ouderling en almal ken my by die kerk. As daar iemand is wat sal verstaan dan is dit sonder twyfel my kerk. Duidelik sien ek die kerk voor my met die twee diakens wat afkondigings by die deure uitgee. Oral stroom die mense. Dis nagmaal. ‘Hoekom het ek nie al lankal hieraan gedink nie!’ flits dit deur my gedagtes. Die kerk --- my kerk sal verstaan. Met entoesiasme klim ek die trappies uit. Vandag sal ek sekerlik mense kry wat verstaan. Eienaardig dat ek nie daaraan gedink het dat die oumense by wie ek gewerk het, ook lidmate van my kerk was nie --- en hulle het alles behalwe soos Christene wat die gebod van liefde geken het, opgetree.

Teen hierdie tyd het ek reeds die boonste trappie voor die ingang bereik. Verder het ek ook nie gekom nie. "Ja, kaffer wat soek jy? Seker ‘n kommunis!" spoeg die diaken dit uit. "Luister ... (ek sluk sy naam betyds weg) ... ek is ‘n ouderling ..." Verder kon ek nie kom nie. Hy stamp my en ek voel hoe val ek. Dit was ‘n ver ent ondertoe. Dis toe my hele wese uitmekaar skeur ... Ek is weer in my slaapkamer by die huis. Voor die bed lÍ ek snikkend en klou aan die beddegoed vas. oor en oor prewel ek: "Here, vergewe my, Here vergewe my ... nooit weer sal ek iemand van ‘n ander kleur minag nie. Van nou af sal ek almal hoŽr ag as myself ... Vergewe my asseblief ... "

Hoe lank ek daar gelÍ het weet ek nie. Maar daar het ‘n nuwe mens tot ontwaking gekom. Die woorde van 2Kor 5:17 het nou in daardie oomblikke sy ware betekenis gekry!: "Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit is alles die werk van God."

STOP!

Jy wat hier lees, jy leef in ‘n nuwe tyd. Hoe nuut is jou hart? Hoe voel jy teenoor ‘n mens van ‘n ander bevolkingsgroep? Kan jy saam met Jesus sÍ: Ek sal elkeen hoŽr ag as myself.

‘n Tweede getuienis is die van ‘n blanke sendeling, Erlo Stegen:

In 1955 begin Erlo Stegen, ‘n Duitse sendeling, onder die Zoeloes werk met onuitputlike ywer en volgehoue inspanning. Hy het sy tent opgeslaan en die Woord verkondig: soms drie tot vier keer per dag. Sonder om doekies te draai, word dit duidelik aan sy hoorders gestel: "Julle moet verander word, anders is julle bestemming die hel!"

Al was daar soms seŽn op sy bediening, het hy gevoel dat daar iets kortkom. Hoe dikwels het hy nie gehoor van die hartverwarmende herlewing in Hermannsburg, Duitsland, meer as 100 jaar tevore nie. Is ‘n geestelike herlewing nie miskien ‘n sleutel tot ‘n lewende Christendom en tot die groot getal bekerings waarvan die boek Handelinge vertel nie? Met hierdie gedagtes het hy oor herlewing begin lees: Oswald Smith se "The Revival we need" en "The Lewis awakening". Hy het ook die werke van Leonard Ravenhill en Charles Finney oor herlewing bestudeer. Ook in Andrew Murray se geskrifte het hy die lig gesoek na ‘n dieper geestelike lewe. Hy het ook tot God geroep en gebid, maar daar kon net nie ‘n deurbraak in Zoeloeland kom nie. Die Bybel was vir hom baie kosbaar. Veral drie beloftes in Johannes het hom aangegryp en hy het in die verwagting geleef dat dit waar is en dat hy daarop kan vertrou:

Joh. 14:12

"Dit verseker Ek julle:

Wie in My glo sal ook die dinge doen wat ek doen;

en hy sal nog groter dinge as dit doen,

omdat Ek na die Vader toe gaan";

Joh. 15:7

"As julle in My bly en My woorde in julle,

vra dan net wat julle wil hÍ,

en julle sal dit kry";

Joh 16:24b

"Bid en julle sal ontvang,

sodat julle blydskap volkome kan wees".

Hy het gesÍ: "Ek sal; preek totdat die vuur uit die hemel neerdaal" Die vuur het nie neergedaal nie en sy werk het agteruit gegaan. Daar was vir hom die teenstelling as hy sy werk met die van Johannes die Doper vergelyk het. Hy het die digbevolkte dele uitgesoek, maar die mense het al hoe minder na sy dienste gekom. Johannes het na die woestynstreke gegaan en tog het die mense na hom gestroom! Na ‘n tyd van afwesigheid by ‘n plek waar hy dienste gehou het, moes hy eers weer vrede maak tussen die Christene.

Dit was soos ‘n klip wat jare lank in ‘n rivier gelÍ het. As die klip uitgehaal is en gebreek word, was dit kurkdroog aan die binnekant. Hulle het die Christelike godsdiens aangeneem, maar nie werklik met hulle vorige godsdiens gebreek nie. Wat hom die meeste gepla het, was die feit dat so min mans tot bekering gekom het. Hy lees in die Bybel (Hand.4:4) dat duisende mans tot bekering gekom het, terwyl slegs drie tot vyf persent van sy gemeentelede mans was.

Herlewing kom altyd na n geestelike insinking vooraf, sodat geen mens kan roem nie en almal kan merk dat dit van God alleen kom. Na ses jare van volgehoue arbeid onder die Zoeloes het daar iets gebeur wat seker as die laagtepunt van Erlo se bediening aangemerk kan word. Hy was besig met ‘n veldtog by Redcliff Vale, sowat 70 km van Pietermaritzburg. Hy het ‘n besondere poging aangewend om die Evangelie uit die Bybel vanaf die begin van die Ou Testament tot met die Nuwe Testament aan hulle te verduidelik. Hy het duidelik daaruit probeer aantoon dat Jesus die enigste ware God is --- ook vir die Zoeloes. Hy het die boodskap so eenvoudig oorgedra dat almal dit kon verstaan. Hy het afgesluit met ‘n oproep deur te sÍ dat Jesus siekes genees en wonders doen. Hy het die mense vermaan om nie die toordokters te raadpleeg nie, maar na Jesus te kom vir hulp.

Direk na die afsluiting van die diens het ‘n Zoeloevrou hom genader en gesÍ sy is baie bly om ‘n persoon te ontmoet wat die ware God aanbid. Sy wou graag hÍ dat hy saam met haar moet gaan na haar huis waar haar siek dogter is. By haar huis vind hy die dogter vasgemaak aan ‘n paal, terwyl drade diep in haar polse in sny. Niks anders kon haar hou nie. Toue en rieme het sy gebreek en sodra sy loskom, skeur sy al die klere van haar lyf af en verniel alles wat sy in die hande kon kry. Sy verniel selfs die landerye van die bure. Sy moet dan deur mans met kieries aangekeer word. Sy eet en slaap byna nie, praat soms weke aaneen.

Die arme moeder het reeds alles wat sy gehad het, uitgegee om die kind te help. Dit wat sy nie as offers aan die geeste gegee het nie, het sy vir die toordokters betaal. Ook blanke dokters het geen raad gehad nie. Christene het al vir haar gebid, maar niks het gehelp nie. Sy het al daaraan gedink om die kind te vermoor of om selfmoord te pleeg. "Maar," sÍ sy, "nou is ek so bly dat ek iemand gekry het wat die lewende God dien. Nou is daar hoop in my hart." Erlo het besef dat hy hom vasgepreek het. Hy kon hom nie uit die situasie lospraat nie. Vir ‘n blanke kon hy nog sÍ dat genesing miskien nie die wil van God is nie, of dat dit nie sy tyd is om te genees nie. Maar hierdie Zoeloemens aanvaar dan so met ‘n kinderlike geloof wat aan haar vertel is van Jesus. Erlo kon slegs in sy hart bid: "Here, U is God, sal U haar dan nie gesond maak nie?" Hy het geglo dat dit ‘n geleentheid is wat God gegee het, dat baie mense in die omgewing sal besef dat hy die lewende God is. Miskien sou haar bekering die vuur aan die brand steek.

Die meisie is die volgende dag gaan haal en in ‘n klein kamer by sy ouerhuis geplaas. Hulle moes alles uit die kamer neem omdat sy alles gebreek het. Hy en drie van sy kollegas het vir haar gebid en die Here gesmeek om haar te bevry en Sy krag te openbaar. Niks het gebeur nie, behalwe dat die meisie vir Erlo uitgelag het toe hy die duiwels beveel het om uit te gaan. Sy het haar voete gestamp dat die vloer dreun, terwyl hulle God gesmeek het, het sy godslasterlike liedere gesing.

Na drie weke se volhardende gebed moes hy die nederlaag erken. Erlo het gevra: "Here, hoekom is ons dan in ons tyd so sonder volmag?" Ongenees is sy teruggeneem na haar moeder wat so vas geglo het dat die God wat hulle sÍ wat lewe, haar gesond sou maak. Yl en ongeloofwaardig was die troos wat haar aangebied is. Die meisie het niks verbeter nie, maar hyself was verpletter. Die meisie het nie verander nie, maar sy prediking het. Hy het modernisties geword in sy prediking en het skielik baie foute in die Bybel raakgesien. Hy het hom voorgeneem om nie weer in dieselfde strik te trap nie. Voortaan sou daar altyd ‘n ‘Loophole’ in sy prediking wees om uit te kom. Aanvanklik het hy gebid vir herlewing en elke beskikbare boek oor die onderwerp gelees, maar die begeerte na herlewing het ook begin verflou. Hy kom tot die gevolgtrekking dat al Jesus se beloftes nie meer vir vandag geldig is nie --- die Bybel kan nie letterlik opgeneem word nie.

Om uit die verknorsing te kom, het hy gebid om ‘n verplasing en die gebed is wel verhoor. Na verloop van tyd het hy by Amerikaners gehoor dat die antwoord op sy probleem geloof was. ‘n Mens moet net gelowig wees en glo. Hierin het hy ‘n antwoord bemerk. Weer het hy sorgvuldig ‘n preek uitgewerk. Hierdie keer was die tema van die preek: geloof. Aan die einde van die preek het ‘n Zoeloegesin hom genader en gevra dat hy vir hulle blinde vader moet bid. Hy het seker gemaak dat almal glo en toe gebid. Niks het gebeur nie. Later het hy besef dat ‘n mens nie aan jou geloof moet glo nie maar aan God. Dieselfde tendens het hom voortgesit, sy prediking was nog meer versigtig en die Bybel het nog meer foute gehad.

Erlo was baie ongelukkig. Hy was besig met iets wat nie gewerk het nie. Hy het steeds voortgegaan met sy prediking, maar mense is nie bevry nie. Daar was ‘n skyn, ‘n gedaante van godsaligheid, maar die krag het ontbreek. In 1956 tydens ‘n sendingtoer in Suidwes (die huidige NamibiŽ), wys ‘n boer eendag vir hom ‘n boorgat met die helderste water denkbaar. Dit was vir hom kermerkend van sy bediening. Daar was voldoende helder water beskikbaar, maar tog het die plante gekwyn hoe meer hulle besproei is omdat die water brak was. Dit was ook so met sy prediking: hoe meer hy gepreek het, hoe minder het die mense geword. Die eerste 12 jaar van sy bediening kan bestempel word as ‘n periode in insinking.

Dit is juis hierdie besef van magteloosheid en nood wat dikwels die eerste roering van ‘n herlewing tot gevolg het. Deur die vrugteloosheid, mislukkings en teleurstelling van baie jare was die Here besig om vir Hom ‘n werktuig in die werkswinkel van Sy voorsieningheid te vorm.

Dit was die jaar 1966. God het reeds iets gedoen. Hy het Erlo Stegen by hierdie doodloopstraat gebring, Hy het hom sy geestelike armoede laat sien. Hy het die vuur van menslike ywer geblus sodat Hy sy hemelse vuur kon aansteek. Erlo Stegen het ‘n paar gemeentelede bymekaar geroep en sy ongeneŽntheid om op dieselfde spoor voort te gaan, bely. Saam het hulle na ‘n antwoord begin soek. Hulle sou twee keer per dag saamkom en die boek van Handelinge bestudeer. In ‘n klein sinkgeboutjie wat ‘n stal was, het hulle bymekaar gekom om te bid en Bybelstudie te doen.

Erlo was deeglik bewus van die gevaar van biblisisme en wou nie net verse waarvan hulle hou, bestudeer nie. "Ons wou nie soos kinders al die rosyntjies in die koek soek nie." Hy het Joh.7:38 as vertrekpunt geneem: "Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sÍ: Strome van lewende water sal uit sy binneste vloei." Hy het aan die wat teenwoordig was gevra wie almal glo. Nadat hulle almal bevestigend geantwoord het, het hy gevra uit wie se lewe daar strome van lewende water vloei. Nie een kon van lewende water getuig nie. Hy het tot die gevolgtrekking gekom: `of hulle praat nie die waarheid nie, `of hulle geloof is nie reg nie, `of die Bybel is verkeerd. Uit die verhaal van Ananias en Saffira het hulle gesien dat by die eerste gemeente dit verkiesliker was dat Ananias en Saffira sterf, eerder as dat sonde by die gemeente ingedra word. Hulle het gebid dat God onder die heidene moes werk, maar toe word dit vir hulle duidelik dat God nie by die heidene wou begin nie, maar by hulle. Hulle het die hand in eie boesem gesteek en besef hoe sondig hulle is. "The further we got, the more our hearts broke." Hulle het hulself duideliker begin sien in die lig van die Woord en deur die oortuigingskrag van die Heilige Gees. God het nie die eerste plek in hulle lewens gehad nie. Dit is een van die voorwaardes van herlewing. Hulle lees ook in Joh.16:8 dat die Heilige Gees kom om die wÍreld te oortuig van sonde en geregtigheid en oordeel. Dit is wat op ‘n magtige wyse ervaar word by elke herlewing.

Een Saterdag is die aand se Bybelstudie verskuif na die middag. Die plek waar hulle vergader het, was n ou koeistal net langs die tennisbane waar die landdros en ander bekende blankes van die dorp besig was om tennis te speel. Erlo wou die venster toemaak, sodat die tennisspelers nie moet sien dat hy saam met die Swartmense bid nie. Hy kon tog nie die swartes huis toe stuur nie. Terwyl by besig was om die venster toe te maak, was dit asof ‘n stem vir hom sÍ: "Maak maar toe. Maar dan bly Ek ook buite. Ek sal ook nie inkom nie. Jy skaam jou mos vir My." Dit was waar! Ek het my vir Hom geskaam en eensklaps het dit nie meer saak gemaak wie my hoor huil nie ... en ek HET gehuil." Soos Petrus van ouds het hy gehuil. Hy het besef dat hyself die grootste struikelblok in die weg van herlewing was. Sy probleem was hoogmoed en die Bybel sÍ: "God weerstaan die hoogmoediges." Hy besef dat nie net die duiwel nie, maar ook God teen hom is.

n Ander belangrike ding waarvan hy oortuig geraak het, is sy gebrek aan liefde vir die Swartman. Hy besef dat God hom nie kan gebruik tensy hy nie ook in hierdie opsig verander nie. "My relationship to the least is my relationship to Christ. As close as I am to that man, nothing closer am I to Christ." (vgl. Mat.25:40). Hy het toe sy hart oopgemaak vir die Swartmense. Intussen het die Here ook met die gemeente gewerk en die oggend nadat hy van sy vooroordele teenoor die Swartes ontslae geraak het, noem hulle hom vir die eerste keer "Baba". Dit beteken Vader. ‘n Naam wat hulle nooit vir ‘n Blanke gebruik nie.

So het die Here self die een skans na die ander afgebreek om so die weg te baan vir die oorwinning deur die Gees. Die las van sonde in sy lewe het met verloop van tyd so swaar op hom gedruk dat hy daar gebring is dat hy vergeet het dat hy ooit ‘n kind van die Here was. Al wat voor hom gestaan het, was sy sondes. Al wat hy op daardie oomblik kon bid, was: "God wees my genadig, ek is ‘n sondaar." Sy sondes het in die weg gestaan van die seŽn van die Here.

Terwyl hy besig was met die verhaal van Petrus en Johannes en die kreupele wat genees is by die tempel (Hand. 3), het Erlo hulle daarop gewys dat Petrus gesÍ het: "Kyk na ons." Hulle het vir hulself afgevra of hulle ook vir die mense kan sÍ om na hulle te kyk, na hulle lewenswandel en verhouding met die Here. Hy het ook daarop gewys dat Petrus en Johannes nie geld gehad het nie. Hy vertel toe die verhaal van die twee priesters wat na ‘n diens die geld getel het. Die ouer priester het aan die jonger priester gesÍ: "Petrus kan nie meer sÍ ‘Silwer en goud het en nie’". Die jong priester antwoord toe: "Ja, maar hy kan ook nie meer sÍ "In die Naam van Jesus Christus die Nasarener, staan op en loop’ nie." Dit wat die eerste kerk gehad het (krag) het hulle nie, maar dit wat die eerste kerk nie gehad het nie (geld), dit het hulle.

Nadat hy dit vertel het, staan ‘n jong meisie wat slegs drie maande tevore tot bekering gekom het op en vra of sy mag bid. "Hierdie toestand van magteloosheid kan ek nie meer uithou nie," sÍ sy, terwyl die trane langs haar wange afloop. Erlo gee toestemming en sy bid: "Here, sal U nie weer U vuur in ons harte laat brand nie, sodat ons werklik sal lewe soos die Bybel graag wil hÍ." Aangegryp deur die gebed het hy die diens net daar afgesluit. Na die byeenkoms het hy aan sy broer Friedel gesÍ: "As hierdie gebed van die Heilige Gees was, dan glo ek dat God van ouds weer in ons midde sal wees." Na hierdie hemelse vuur het ook Erlo Stegen al meermale verlang. Hy het geweet dat net ‘n geestelike ontwaking, ‘n herlewing gewerk deur die Heilige Gees self, lewe in sy eie doodsbeendere, in die van sy mede-gelowiges en in die heidenharte kan blaas. Hy het homself herinner aan Kurt Koch se gebed in 1963. BewoŽ het hy gebid vir herlewing in Zoeloeland, nadat hy by die Lutherse teologiese seminarium op Mapumulo oor die werklikheid van die Heilige Gees gepraat het. Terwyl die meisie gebid het, was dit vir hom (Erlo) of sy hart brandend was soos die van die twee Emmausgangers toe Jesus self met hulle geloop en praat het.

"And then after about a week or a week and a half, God came down." Skielik was daar ‘n geweldige wind, amper soos ‘n saamgeperste wind wat losgelaat is. Dit het gevoel soos ‘n wind wat dwarsdeur hulle waai. Die gebou het geskud en almal was bewus dat die Heilige God in hulle midde was. Erlo het sy gesig in sy hande verberg, diep bewus van sy eie onwaardigheid. Hy het gevoel om net laag neer te buig. Almal het op hulle knieŽ geval. Niemand kon dit begryp nie. Herlewing het begin. Die Gees van God het die groepie in die ou stal, waar hulle vergader het, vervul. Van toe af was alles anders.

‘n Zoeloevrou, ‘n towenares, het onverwags by Mapumulo haar verskyning gemaak. Op Erlo Stegen se verbaasde vraag wat sy daar soek, antwoord sy: "Ek soek Jesus. Kan Hy my verlos? Ek is gebind met die kettings van die hel. Kan Hy hierdie kettings breek?" Erlo kon sy oŽ en ore nie glo nie. Twaalf jaar lank het hy probeer, dikwels weke lank om ‘n towenares tot Christus te lei, maar tevergeefs. En hier skielik asof uit die bloute, kom een aan en sÍ sy wil verlos word van die satansboeie. Hy vra haar: "Wie het met jou gepraat?" "Niemand nie", is die antwoord. "Wie het vir jou die boodskap van Jesus gebring?" vra hy weer. "Niemand nie". "Maar", vra sy, "waarom al die vrae? As Jesus my nie nou verlos nie, sterf ek met die hel as bestemming." Gelei deur Erlo het sy haar sondes bely en haar gewilligheid te kenne gegee om haar lewe vir Christus oop te stel. Toe sÍ sy: "Vra vir die Jesus dat Hy my verlos van die bose geeste in my." Met hierdie versoek was dit net asof ‘n beklemming oor Erlo kom. Sal hy weer probeer om ‘n besete te bevry soos ses jaar tevore met daardie meisie wat met die drade vasgemaak was? Sal dit nie maar weer misluk nie? Sal hy nie maar weer uitgelag word oor die mislukking nie? Sal die Satan self ook nie maar weer saamlag nie? Hulle neem haar binne. Saam met vyf of ses medewerkers vorm hulle ‘n kring rondom haar. Hulle begin ‘n lied sing, ‘n lied van Christus, die magtige Oorwinnaar wat oor Satan, demone en sonde seŽvier. Skielik begin die vrou rond te beweeg soos ‘n wilde dier wat sy prooi wil bespring en verskeur. Dit was asof die boosheid self uit haar oŽ gluur. Van skrik spring een van die werkers op en neem die loop, maar Erlo roep hom terug, want Jesus Christus is sterker as die Satan. Toe begin die vrou geluide maak. Eers was dit soos honde, baie honde wat blaf. Die geblaf was ook buite hoorbaar, sodat ‘n hond na die venster van die hut gekom het om na die honde wat so blaf te soek. Dan weer was dit asof ‘n trop varke in haar skree.

Nou was daar by Erlo en sy span geen twyfel dat hulle met duiwelbesetenheid te doen het nie. Toe hulle die vreemde magte in die Naam van Jesus Christus gebied om haar te verlaat, begin sy praat. Maar dit was nie haar stem en haar taal nie! Dit was ‘n manstem, en die taal was Engels - ‘n taal wat sy nooit geleer het nie! Hulle weier om uit te gaan, sÍ die stem. Tog het Erlo en sy span voortgegaan om te bid en te smeek: "Here, U moet hierdie mens bevry!" Toe praat die geeste weer: "Omdat die Heilige Gees gekom het, is Sy vuur te warm vir ons. Ons moet gaan." Nou skielik het iets vir Erlo duidelik geword, iets wat hy nooit kon verstaan nie. Paulus praat in Ef. 6:12 van die mens se worsteling teen "die bose geeste in die lug." Hoe kan ‘n mens tog teen onsigbare en bose geeste veg? Maar nou sien hy dit helder. Dit is juis die Heilige Gees wat vir die mens die stryd teen die bose geeste voer. Hierna begin die bose geeste die vrou met ‘n geskreeu wat die lug deurkleif, te verlaat. Die volgende oomblik verander haar gesig. Dit straal soos een wat reeds lank in die teenwoordigheid van die Here leef. En terwyl die vreugde in haar oŽ blink, roep sy dit uit: "Hoe wonderlik! Jesus het my vrygemaak! Hy het die kettings van die hel gebreek!" Hoe anders was dit nie nou as ses jaar tevore nie! Toe is Erlo gestuur na die besetene; hier kom die besetene self. Daar is drie weke lank gebid; hier slegs ‘n kort rukkie. Daar het die kettings gebly; hier is die kettings gebreek. Maar dit was die groot verskil: Toe het die mens probeer, maar nou het God self deur Sy Heilige Gees oorgeneem en met krag bevry.

Wat het gebeur? By Erlo Stegen is daar geen twyfel nie --- dit was die Gees van God wat in krag gekom het. God is weer in hul midde! As antwoord op die maandelange volharding in gebed, skrifondersoek, selfondersoek en sondebelydenis, het die oomblik plotseling aangebreek dat die vuur van die Heilige Gees waarna hulle so verlang het, by hulle aangesteek is. Dit was asof die gebed van Jesaja, waarby die groepie biddendes op Mapumulo hulle aangesluit het, in vervulling begin gaan het: "As U maar die hemel sou oopskeur en wou afkom, sodat die berge voor U skud! Kom af soos vuur wat fynhoutjies laat brand, soos ‘n vuur wat water laat kook. Laat U Naam so aan U vyande bekend word, laat die nasies so voor U lewe" (Jes. 64:1-2).

‘n Nuwe tydperk het vir Erlo Stegen en sy groepie aangebreek. Baie mense het gekom om hulle saak met die Here reg te maak. Soggens as Erlo opstaan was daar gewoonlik 100 tot 200 voor die deur in hulle tuin by Mapumulo. Towenaresse, toordokters, besetenes en hulpbegeriges. Niemand het hulle gestuur nie --- hulle het net die gevoel gekry dat hulle Mapumulo toe moet gaan. Daar sal hulle vrede met God maak. "Ons verstaan dit self nie," sÍ hulle, "maar dit kan net God wees." Ander weer het ‘n stem gehoor: "Gaan na Mapumulo, na daardie huis." Ander is deur gesigte gelei. Dikwels was hulle in trane as hulle daar aankom, so aangegryp was hulle oor hulle sondes en verlore toestand.

Mense uit ‘n volk van wie daar dikwels gesÍ is dat hulle geen besef het van sonde teen God nie, het die las van sonde dikwels so drukkend gevoel dat hulle nie kon glo dat Christus hulle kon vergewe nie. Wanneer hulle egter die versekering het dat God kan en wil vergewe, word die sonde nie maar net in ‘n enkele sin bely nie, maar die sondes word een vir een voor die Here gebring. Wanneer die lig deurbreek, blink die gesigte van blydskap. Mense sou baie ver loop om dienste by te woon. Hulle het ook in massas opgetrek na die dienste. Sedert daardie tyd toe die wind deur die geboutjie op Mapumulo gewaai het en die vuur in die skoongemaakte koeistal aangesteek is, het reeds talle mense verlossing by Christus gevind.

 

STOP!

Is dit nie miskien die antwoord vir ons land nie?

Kan ons nie ons toekoms hierop bou nie?

Jy vra miskien:

Wat daarvan?

Wat kan ťk doen?

Waar moet ek begin?

Hoe lyk jou hart teenoor jou naaste?

n Derde getuienis:

Ds. J.C. de Vries was n ooggetuie van die gebeure te Worcester in 1860. Ek haal n woordelikse getuienis van hom aan.

"Op n sekere Sondag het sestig jongmense in n klein saaltjie bymekaargekom. Ek het die diens gelei. Ons het begin deur saam te sing, toe het ek n boodskap uit die Woord gebring en daarna n gebed gedoen. Drie of vier ander persone het ook n gesang opgegee en n gebed gedoen soos wat die gewoonte was. Toe het n Kleurlingmeisie agter in die saal opgestaan. Ewe beleefd het sy gevra of sy ook n lied mag opgee. Ek was eers huiwerig, onseker wat die gehoor daarvan sou dink, maar toe het ek ingestem. Sy het n lied aangegee en daarna baie aangrypend in gebed voorgegaan.

Terwyl sy besig was om te bid, het iets eienaardigs gebeur. Ons het n vreemde geluid gehoor, n veraf gedreun, wat steeds nader en nader gekom het, totdat dit gevoel het asof die hele saal deur n onsigbare hand geskud word. Meteens het almal teenwoordig begin bid, sommiges hardop, ander in fluisterstemme. Dit was n oorverdowende lawaai. n Vreemde, onbeskryflike gevoel het van my besit geneem. Selfs nou, na 43 jaar, is die gebeure van daardie aand nog helder en duidelik in my geheue afgeŽts. Dit was n sielsverrykende ervaring en vandag nog voel ek om op my knieŽ neer te sak en die Here te dank vir sy magtige dade.Terwyl ons met hierdie diens besig was, was Andrew Murray besig om in die kergebou n diens in Engels te lei. Hy was nie teenwoordig toe hierdie dinge begin het nie. Nadat sy diens verby was, het n ouderling by die saal verbygestap, die vreemde geluide gehoor, ingeloer en Andrew dadelik gaan roep! Hulle het op n drafstap nader gekom."

"Ds. Murray het nader gekom tot by die tafel waar ek gekniel het. Hy het my skouer aangeraak en beduie dat ek moes opstaan. Hy het my toe gevra wat gebeur het. Ek het hom alles meegedeel. Hy het in die gang afgestap en so hard as wat hy kon uitgeroep: ‘stil, mense! Bedaar, asseblief!’ Maar die gebede het doodeenvoudig voortgegaan. Ek het intussen self ook weer neergekniel. Dit was asof ek gevoel het ek moet op my knieŽ wees en nie op my voete nie.

Ds. Murray het weer uitgeroep: ‘Mense, ek is julle predikant, van God gestuur. Bly dadelik stil’ Maar dit was tevergeefs. Niemand het hom eers gehoor nie. Die geraas het voortgeduur. Almal het gebid en die Here om genade gesmeek. Ds. Murray het weer na my teruggekeer en gesÍ ek moet n lied laat sing en wel, ‘Help de ziel die raadloos scheit’. Ek het, maar die mense het net aanhou bid. Ds. Murray was ontsteld en het gesÍ: ‘God is n God van orde en hier is alles in wanorde’. Daarna het hy die saal verlaat."

Na hierdie geskiedkundige byeenkoms is bidure elke aand gehou. En elke aand was die patroon dieselfde. Aan die begin was daar n diepe stilte; niemand het probeer om n emosionele uitbarsting te ontlok nie, maar na die tweede of derde gebed het die veraf geruis weer hoorbaar geword en dan het almal gelyktydig begin bid. Dit was beslis nie die gewoonte in die Kerk nie, en niemand het die teenwoordiges aangesÍ om gelyk te bid nie. Dit het sommer vanself gebeur. Soms het die dienste tot drie-uur die volgende oggend aangehou; en dan was daar nog mense wat langer wou bly. Wanneer die mense na afloop van die dienste na hulle huise teruggekeer het, het blye sang deur die nagtelike stilte weerklink. Die bidders het spoedig so baie geword dat die saaltjie te klein was. Hulle moes na die skoolgebou verskuif en dit was ook spoedig te klein. Honderde mense vanuit die omliggende gebiede en vanaf plase het ook toegestroom.

STOP!

Waar God werk kan geen mens dit keer nie. God is ‘n God van liefde en Hy werk in besonder waar mense mekaar liefhet. As mense in ‘n sekere groep dink hulle is beter as ander, sal God hulle weerstaan want die Skrif sÍ "God weerstaan die hoogmoediges". Dan sal God nederige mense gebruik om Sy Koninkryk uit te brei. Ja, God sal mense gebruik wat ander nog waarlik kan liefhÍ. Ongeag watter nasie, of kultuur of bevolkingsgroep!

Groot herlewings wat n invloed uitgeoefen het op groot gebiede, is skaars. Daar was volgens my kennis die afgelope 150 jaar slegs 7 sulke herlewings in die kerk se geskiedenis. Daar was seker baie kleiner herlewings wat nie so n groot invloed uitgeoefen het op die geskiedenis nie. Van hierdie 7 grootstes was twee in Suid-Afrika. Twee uit sewe in die wÍreld. Dit laat n mens dink. By albei hierdie twee herlewings het God begin werk deur die wat miskien deur die mense as die geringste beskou word, n swart meisie en n kleurling meisie.

Is die gesindhede in ons harte nie dikwels die struikelblok in God se pad nie? Ons praat maklik dat ons harte oop is teenoor ons naaste, solank ons naaste net nie te naby aan onsself kom nie. Wanneer dit so na aan ons eie huise kom, ja, in ons eie huise kom, dan is dit n ander saak. Dan eers sien ons hoe ver ons harte werklik van God af is.

Gaan terug na jou huis, of dit twee verdiepings het met ‘n pragtige swembad, of dit net ‘n eenslaapkamer woonstel is en of dit ‘n sinkkrot is. Gaan kniel op die vloer van jou binnekamer. Trek ‘n sirkel so wyd as jy kan rondom jouself en bid: "Here, gee my herlewing in my land, in my kerk, in my huis, maar begin hier by my, hier binne-in hierdie sirkel, in my hart." En dan begin jy uitgooi buitekant die sirkel alles wat Hy vir jou wys om uit te gooi, want herlewing ken geen kortpad nie. Gooi uit die liefde vir jouself, die liefdeloosheid teenoor ander mense, jou ongeduld, jou gemaksugtigheid, die haat in jou hart, en al die dinge wat nog sondig en vuil is en die Gees bedroef.

En wanneer jy ‘n volmaakte sirkel rondom jouself getrek het, en alles wat vuil en verkeerd is, alles wat die Heilige Gees bedroef, uitgegooi het uit jou lewe, en gereinig voor Hom staan, dan en dan alleen sal Hy jou vul met Sy Heilige Gees en jou gebed vir herlewing beantwoord. Dan alleen kan ons bou aan ‘n mooi toekoms in ons mooi land, NamibiŽ!

As hierdie oplossing vir jou onaanvaarbaar is, bid dan net vir ons as Christene wat dit wel aanvaar, want daarin lÍ ook jou toekoms. Daar is Christene wat bereid is om vir God op te staan regoor NamibiŽ. Daar is duisende wat bereid is om ondergronds te gaan ter wille van Christus, indien ons ons pragtige land en ons vryheid verloor. Indien ons dit afgee aan n goddelose bestel. Sal ons miskien ons Godsdiensvryheid verloor? Sal ons ons Bybels verloor? Wees nie ontmoedig nie, daar is duisende manne, vrouens en jongmense wat bereid sal wees om hulle lewens te waag om sulke kosbare literatuur te besit. Wat ookal gebeur, "Christus is Heer." Hy alleen moet gedien word. Die Woord leer ons: "Die eer wat My toekom, gee Ek aan geen ander nie, die lof wat My toekom gee Ek nie aan gesnede beelde nie." Jes. 42:8. Christus sÍ: "Want niemand kan ‘n ander fondament lÍ as wat reeds gelÍ is nie." Die fondament is Jesus Christus. "Hy bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons gered moet word nie. Christus moet in alle dinge verhewe wees." Kor. 3:11; Hand. 4:12; Kol. 1:8.

Daarom sal die waarheid van God voortbestaan.

STOP!

Hoe lyk jou hart swartman? Hoe lyk jou hart witman? Met verwyte oor die verlede en met haat in die hede is daar geen toekoms nie. Kom ons bou aan ‘n nuwe toekoms!

n Nuwe hart in ‘n pragtige land.

Wie is ek? Gelukkig of ongelukkig wit? Ek kan nie spyt wees dat my vel wit is nie. God het my so geskape en ek self het nie ‘n keuse daarin gehad nie. Omdat my vel nou wit is haat baie swartes my. Maar ek wil vir hulle sÍ, ek het julle lief. En as my blanke nasie julle seergemaak het is ek jammer. Maar ek kan nou nie in sak en as gaan sit in ‘n hoekie met skuldgevoelens nie. Ek het my skuld bely en nou gaan ek aan. Die mense wat ek seergemaak het, het ek omverskoning gevra. "Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar sodat julle gesond kan word". Die wat my dan nog steeds haat, moet voor God staan met die haat in hulle harte.

Vir die swartmense wil ek sÍ, dankie vir julle voorbeeld. Julle is ons blankes in sommige dinge ver voor. Dankie vir julle verdraagsaamheid. Vir die blankes wil ek sÍ, dankie vir diť wat ook die hand reik na ons medebroers, oor kerk-, kleur-, en politieke grense. Dankie dat julle julle kerkdeure oopgemaak het vir God se geskapenes. Maak net julle harte daarmee saam oop.

Vir beide swart en wit wat na die radikale kante gedryf is, daar is seker genoeg redes waarom julle gegryp het na die radikale stroom waarin julle sit. Miskien het die rassisme van die blankes die swartes tot die sonde gedryf, of miskien het die wreedheid, barbaarsheid of wat jy dit ookal wil noem, die blankes tot geslote kerke gedryf. Aan beide kante het elk van ons nog van ons eie mense ook tot die ander kleur se uiterste gedryf. Bo oor die warboel van ideologiŽ, kerke, drukgroepe en radikales doen ek ‘n beroep. Kom ons keer terug na Christus! Kom ons neem hierdie twee gebeure in ons geskiedenis as rigtingwysers.

Die een was onder die blankes in 1860, die ander een was onder die swartes in 1967. ‘n Honderd jaar uitmekaar, een blank en die ander swart, en tog was albei gemeng. Tog het die volke oor kerk en kleurgrense in beide van hierdie herlewings in harmonie saamgeleef.

Daar was miskien nog herlewings waarvan ek nie weet nie. Die slagspreek van die Hervorming, Martin Luther en Johannes Calvyn was: Hervorm voortdurend! Kom ons hervorm as ‘n volk. Die evangelie is nog vrylik hoorbaar en bekombaar in ons land. Ons mense wil dit nog hoor. Die weg na die Ewige Lewe. DIE WAARHEID MAAK VRY!

As ons ons pragtige land van bo af bekyk, maar hierdie keer baie hoŽr as wat die lugreuse kan vlieg. As ons deur die oog van God na ons land moet kyk. Wat sal ons sien?

Wanneer iemand Jesus vra na die Ewige lewe, antwoord hy: "Jy moet jou naaste liefhÍ."

n Nuwe hart in ‘n pratige land???

 

saamgestel deur

Welly du Toit

Terug na Inhoud