Die vraag - Hoe ?

Inhoud : Strategie

Vyf doelwitte en hulle uiteensetting

Strategie vir 1999

NOORDGEMEENTE SE VYF DOELWITTE

(ONS WIL IN NOORD-GEMEENTE GRAAG)

 


Groei in getalle deur evangelisasie
Sterker groei deur ons lofprysing en aanbidding
Warmer groei in ons gemeenskap met mekaar
Dieper groei in ons dissipelskap
Brer groei deur ons bedieninge
Die Doelwit Sirkel
NG Kerk Walvisbaai - Tuisblad


DOELWIT nommer een: Groei groter deur evangelisasie.

Om mense uit die Gemeenskap in die Groot Groep in te bring.

Dit help jou om die groot opdrag uit te voer. Om ander te wen vir Christus. Dit is ook ons missie vir 1999, om soveel moontlik mense uit die gemeenskap wat kerklidmate is, te bereik, te bedien en te verander van kerk ongelowiges in wedergeborenes. Mt.28:19 "Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense m dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. En onthou: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wreld." ‘n Verdere Sendingveld van die gemeente is die Moslems in Marokko, wat bedien word deur John en Annarika Faul email adres: JohnHenryFaul@compuserve.com van hierdie gemeente asook die mense in die Okavango streek, wat bedien word deur Soutie Lewis adres en telefoon nommer: Posbus 973, Rundu, 067-255732. Ons gaan Sondag oggenddienste in 1999 inrig vir ongelowiges. Enige lidmaat wat ‘n pad stap met enige heiden, kan so ‘n persoon met vrymoedigheid op ‘n Sondag oggend kerk toe nooi. Die diens sal so ingerig wees om juis heidene te bereik. Dienste vir die gelowiges sal op Woensdag aande wees.

Terug na Inhoud


DOELWIT nommer twee: Groei sterker deur lofprysing (worship)

Ons wil mense uit die Groot Groep in die Gemeente inbring.

Lofprysing help jou om op God te fokus. Dit bring jou geestelik en emosioneel in die regte stemming en berei jou voor om die Woord te hoor, aan te neem en te gaan doen.

Om aan jou die atmosfeer te bied om jouself uit te leef. Om net jouself te wees.

IS DIT SKRIFTUURLIK?

Wat is lofprysing en aanbidding en wat is dit nie!

Die nie lekker sing nie. As ons lekker saamsing, almal geniet dit. Dan het ons lekker gesing. Dit gaan nie net om die emosies van die mens nie.

Dit het met God self te doen. Dit is ‘n direkte gerigtheid op God. Gesang 311.

Dit is ‘n blye dankbare en vreugdevolle reaksie op God dat Hy leef. Hy is, Hy sal wees, Hy doen. Gesang 5.

Dit begin nie by die mens nie. Dit begin by God. In God se hart.

Calvyn. God het ons geskape dat ons kan lewe om God te prys.

God gee groot blydskap. Neh 12

Voor God op God gerigte ervaring.

Dit is ‘n belewing wat jy moet ervaar. Jy moet daarby betrokke wees.

Jy kan nie lofprysing en aanbidding skei nie.

Albei is op God gefokus.

Lofprysing is borrelend van aard.

Dis vrolik. Dis jubelend.

Aanbidding is meer ernstig en gedemp.

Loprysing: kyk ons na God se hand, sy dade, redding ens.

Gesang 311. Uit die stof klink my lof.

Psalm 9, die reddingsdade van God, hoe God dit doen. Wat God doen.

Aanbidding: kyk ons na God se hart,

Dis nie net emosies van goed voel nie. Dit gaan veel dieper. Selfs wanneer dit met ons nie goed gaan nie. Wanneer dit in die gemeente nie goed gaan nie. Wanneer die opkomste nie goed is nie. Wanneer dit voel asof God ver van my af is.

Psalm 42. Vreet die laste Dawid soos ‘n kanker. Nogtans sal hy ‘n loflied vir God sing.

Aanbidding: God se hart, God se gesig.

Sy eienskappe, Sy persoon, vriendelikheid, g eduld, heiligheid

Besef met wie jy werklik te make het.

Masjesteit.

Ons God is te klein. Ons aanbid te ‘n klein God. Daarom is ons lofprysing te klein. Te min.

Ons kom in die teenwoordigheid van die Koning, Ek vat sy hand, ek soen sy hand. Vereer, bewonder.

Kan ons dit in ons eredienste, in ons omgang met mekaar, beleef.

Grote God aan U die eer ……

Om die eienskappe van God te prys.

Wanneer jy op God fokus en wegkyk van jouself.

Om jouself in God se teenwoordigheid te bring.

Om jouself totaal aan God oor te gee.

Om van God alleen bewus te wees.

Om jouself skaamteloos uit te giet voor God.

Wie moet ek loof en prys?

God die Vader

God die Seun

God die Heilige Gees

Hoe moet ek die Here loof en prys?

Verskillende kerke het verskillende menings daaroor. Sommige is meer vry. Steek jy jou hande in die lug op, se die mense jy raak apostolies. Staan jy met jou hande langs jou sye as jy sing "hef op julle hande" dan se die mense jy is vreeslik styf. Dis nie ‘n maklike saak nie. Dis nie of jy is reg of ek is reg nie. Albei is reg. Dit wat jy vrymoedig doen, dis vir jou reg.

1. In Gees en waarheid: Joh.4:23-24

2. Met die regte gesindheid:

Vreugde: Ps.37:4

"Laat die Here self jou hoogste vreugde wees en dan sal Hy jou gee wat jou hart begeer"

In gehoorsaamheid: Ps. 27:8

"Ek stem saam as u s ek moet U aanbid, daarom kom ek dan ook Here, om U te aanbid."

Met verwagting: Ps.27:13-14

"Ek glo vas dat ek die Here se goedheid hier op aarde sal ondervind solank ek lewe. Stel jou verwagting op die Here!

Hou moed en vertrou op Hom; stel jou verwagting op die Here!

Met jou hele hart: Ps.9:2

"Here, met my hele hart wil ek U prys en vertel van al die wonderlike dinge wat U gedoen het."

Oorgawe: Ps.33:3

"Sing vir Hom ‘n nuwe lied, speel met volle oorgawe, jubel dit uit!"

Vrees en bewing: Ps.2:11

"Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig…."

Vrolik: Ps.9:3

"Oor U wil ek my verbly en vrolik wees, U Naam wil ek besing, o Allerhoogste."

Dorstig: Ps.42:2,3

"Ek dors na God, na die lewende God."

Ontsag: Ps.33:8

"Die hele aarde moet vir die Here ontsag h, almal op die wreld moet Hom vereer."

3. Met klank:

Luidrugtig: Ps 98:4

"Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing!"

Al singende: Ps.34:4

"Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons sy Naam prys."

Gelag: Ps.126:2

"Ons het so gelag en gesing van blydskap! Die ander volke het vir mekaar ges: Wat die Here vir hulle gedoen het, is werklik fantasties!"

Juig: Ps.9:3

"Ek wil oor U juig en bly wees en sing om U, die allerhoogste God, te eer."

Aanroeping: Ps.18:4

"Prys die Here, want as ek na Hom roep in my nood, verlos Hy my van my vyande."

Jubelend: Ps.5:12

"Maar laat almal wat by U skuil, bly wees, laat hulle altyd jubel."

4. Met instrumente: Psalm 150:3-5

"Prys Hom met die ramshoring, prys Hom met die harp en lier! Prys Hom met die tamboeryn en koordanse, prys Hom

met snaarinstrumente en fluite! Prys Hom met simbale, prys Hom met galmende simbale!

Ramshoring: Ps.98:6

Harp en lier: Ps.144:9 / Ps.33:2

Tamboeryn: Ps.81:3

Snaarinstrumente: Ps.33:3 / Ps.98:4

Fluite Ps.150:4

Simbale Ps.150:4

Trompet Ps.98:6

5. Met ons liggame

Koordanse: Ps.149:3

"laat hulle sy Naam prys met koordanse, laat hulle speel tot sy eer op die tamboeryn en lier."

Handeklap: Ps.47:2

"Al julle volke klap julle hande, juig tot eer van God…"

Hande op te hef: Ps.134:2

"Hef julle hande in gebed op na die heiligdom en prys die Here."

In stilte: Ps.46:11

"bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde."

Kniel of buig: Ps.95:6

Staande: Ps.135:2

"…julle wat in die tempel van die Here staan, in die voorhowe van die tempel van ons God!"

Tong: Ps.35:28

"My tong sal nie stil word oor U trou nie, dag vir dag sal ek U loof."

Mond: Ps.40:4

"Hy het my ‘n nuwe lied in die mond gel, ‘n loflied vir ons God."

Lippe: Ps.34:2

"Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees."

Wie mag die Here loof en prys?

Ps.150:6 "laat alles wat asem haal, die Here prys."

Om die Here te loof en prys is nie iets wat net sekere mense mag doen nie. Jesus het self ook ges dat as Hy nie geloof word nie, die klippe dit sal uitroep. Lofprysing en aanbidding is net soos redding. Elke mens het die keuse of hy daaraan deel wil h.

Ons moet almal die Here loof en prys!

Waarom moet ek die Here loof en prys?

1. Omdat ons God liefhet.

Wanneer ons vir ‘n persoon omgee of lief is, is dit waaroor ons sal praat. Ons sal vir ander vertel hoe wonderlik hierdie persoon vir ons is. Wanneer ons met hierdie persoon praat sal ons ook vir hom vertel wat hy vir ons beteken en hoe wonderlik hy is. Dieselfde geld vir ons verhouding met die Here. As ons vir Hom lief is en omgee, sal ons nie anders kan as om vir ander en vir Hom te vertel hoe wonderlik Hy vir ons is en wat Hy alles vir jou beteken. Ons bevestig dus ons liefde vir Hom deur ons lofprysing en aanbidding. Dis ‘n liefdesverklaring. Ons s vir die Here dat ons Hom liefhet. Dis ‘n oopknoop van my siel. Ek wys vir God; so voel ek, so lyk ek, so is ek. Help my Here. Ges.191

2. Uit gehoorsaamheid.

Mat.4:10b "die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien."

Ps.92 / 96 / 97 / 100 Hier kry ons duidelike opdragte om die Here te prys. Daar is dus gee keuse nie.

3. Uit dankbaarheid.

Vir wie Hy is

Vir wat Hy vir ons gedoen het

Vir wat Hy steeds doen

Vir wat Hy nog gaan doen.

4. Omdat God dit in Sy Woord van ons vra?

Dit staan in die Bybel.

Ps.150:1 is ‘n opdrag. God s ons moet dit doen. Dit is ons taak en ons opdrag.

As ons hierdie oproep verontagsaam, verontagsaam ons die woord.

Ons moet dit wees op grond van ons kindskap.

Dit is ‘n wesenskenmerk van die ware kind van God

Ons moet hand diep in eie boesem steek.

5. Omdat God daarvan hou.

Ons wil tog graag dinge doen wat God behaag. Ps.22:4

God geniet dit.

Ps 96. So ‘n offer is vir die Here vekiesliker as N$10000 vir die kerksaal.

Dit maak God se hart bly.

Wat gebeur wanneer ek die Here loof en prys?

1. God word verheerlik.

Daar is vir die mens geen groter roeping as om God te verheerlik nie en dit gebeur deur lofprysing en aanbidding. As bloedgewaste mense Hom loof, word die Drie-enige God se doel vir die mens vervul en Hy word verheerlik.

2. Die mense wat lofprys sal gesen word.

Niemand ly skade deur aan God te gee nie, want God is aan niemand iets verskuldig nie. Die Here word beskryf as ‘n gesende God. Gevolglik word almal wat Hom sen in lofprysing deur Hom gesen.

3. Ongereddes sal getrek en bereik word.

4. Ons kom in ‘n meer intieme verhouding met die Here.

Met interpersoonlike verhoudings in gedagte sal jy besef dat hoe meer tyd jy saam met iemand spandeer, hoe beter sal jy die persoon leer ken.

5. God kan met ons praat.

In die rustige aanbiddings deel van volprysing kan ons die Here hoor as Hy met ons praat.

Onder watter omstandighede moet ons die Here loof en prys?

Alle omstandighede. Lofprysing en aanbidding is ‘n lewensstyl. Jy s dalk jy is nie lus om die Here te loof en prys nie, omdat jy nie so voel nie, dalk voel jy swaarmoedig. As jy uit gehoorsaamheid kies om in jou slegte omstandighede die Here te loof en prys ten spyte van hoe jy voel, sal jou swaarmoedigheid lig word.

Johannes 4:24 lees ons dat ons die Here in gees en in waarheid moet aanbid. Dit dui daarop dat ons die Here nie net omdat ons so voel nie, maar ook omdat ons dit uit die Bybel sien en leer, moet loof en prys.

Wat moet my gesindheid wees wanneer ek die Here loof en prys?

‘n Gesindheid van totale oorgawe. In die Psalms lees ons: "Loof die Here o my siel en alles wat binne in my is loof Sy Heilige Naam."

Waar moet ek die Here loof en prys?

Oral

Wanneer moet ek die Here loof en prys?

Ps. 57: vroeg in die more

Ps 119: in die middel van die nag

Hebr 13:15 onophoudelik: Wanneer u goed voel. As jy goed voel, voel jy lus om te sing. Daar gebeur so baie dinge in ‘n dag waaroor ons dankbaar moet wees. Jak.5:13. Ps.16:9; Jes:65:18; By elke geleentheid. Dit is egter goed om ‘n byeenkoms met lofprysing en aanbidding te begin omdat dit die weg voorberei deur mense se gedagtes op God te fokus. Ons mag maar sing.

En as daar dae kom wanneer ons nie bly is nie, dan moet ons ook. Habbakuk: ……….nogtans sal ek in die Here jubel.

Al hoor ek ek het pakket gekry

Al hoor ek ek het kanker

Al is my hart stikend

Al presteer my kinders nie op skool nie

Sug en klag is ook vorme van lof

God is in beheer van my lewe.

24 uur van die dag

dit is ‘n lewenswyse, dis meer as lekker sing in die kerk

dit strek verder as die kerk van Sondae

Worship buttons. 10:00 Sondae gaan dit aan, Sondag 11:00 skakel hulle dit af.

Hande sondae in die lug, maandae doen daardie hande sonde

Monde loof en prys sondae, maandae skinder hulle

Hoe lank loof en prys ek die Here?

So lank soos wat die Here my lei om dit te doen. Ons lees in die Skrif dat ons dit in alle ewigheid sal doen, so ‘n bietjie oefening hier op aarde sal nie skade doen nie.

Hoe kan ek lofprysing en aanbidding in my stiltetyd toepas?

Die realiteit is dat lofprysing en aanbidding ‘n deel moet wees van ons Christelike leefstyl en nie iets is wat ons net op Sondae doen nie. Dit is noodsaaklik om op ‘n daaglikse basis tyd in jou stiltetyd in te ruim op die Here te loof en prys.

Vereer die Here deur Hom te prys vir al sy eienskappe wat Hy het. (Groot, Almagtig, Alwetend, Die begin en die einde, ens.)

Lees lofpsalms uit die Skrif aan die Here voor.

Indien jy ‘n instrument kan bespeel kan jy vrylik die Here loof en prys terwyl jy speel.

Skakel bandjies aan en sing dan saam terwyl jy totaal aan die Here oorgee.

Dit is ook goed om ‘n persoon soos Dawid se lewe te bestudeer en meer te leer van hoe hy die Here geloof en geprys het.

Lofprysing en aanbidding mag vir u vreemd wees in die NGK. Wees jy net jouself.

Terug na Inhoud


DOELWIT nommer drie: Groei warmer deur gemeenskap (fellowship)

Ons wil mense uit die Gemeente in die Gelowiges sirkel inbring. Ons glo lewensverandering vind in die kleingroepe plaas. Ons laat kleingroepe ontstaan soos die behoefte daarvoor na vore kom.

Om met mekaar gemeenskap te h, mekaar te dien

Gemeenskap met mekaar help ons om die probleme in die lewe saam te hanteer. Daar is voldoende ondersteuning en bemoediging van broers en susters onder mekaar.

SKRIF:

DIEN

[Julle, broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as ‘n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Gal.5:13]

[Daarna neem Hy ‘n beker, spreek die dankgebed uit en s: Neem dit en gee dit vir mekaar. Lk.22:17]

[Daarom, my broers, as julle saamkom om die nagmaal te vier, wag vir mekaar. 1 Kor.11:33]

[As Ek, wat julle Here en julle Leermeester is, dan julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was. Jh.13:14]

[Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Rm.14:13]

BEMOEDIGING

[Dra mekaar se laste en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus. Gal.6:2]

[sodat daar nie verdeeldheid in die liggaam sou wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar dra. 1 Kor.12:25]

[Troos mekaar dan met hierdie woorde. 1Th.4:18]

[Praat mekaar moed in en versterk mekaar dan met hierdie woorde, soos julle trouens reeds doen. 1Th.5:11]

[Maar solank daar nog ‘n vandag is, moet julle mekaar elke dag aanspoor sodat niemand van julle deur die misleiding van die sonde verhard word nie. Heb.3:13]

[Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien nader kom. Heb.10:25]

[Ek bedoel dat, as ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s’n en julle deur myne. Rm.1:12 ]

[My broers, ek is self maar alte bewus dat julle vol goeie hoedanighede is en omvattende kennis besit, en dat julle mekaar self op die regte weg kan help. Rm.15:14]

GOEDGESIND, HARTLIK, VERGEWE EN VERDRA

[Wees eensegesind onder mekaar. Rm.12:16]

[En mag God die bron van alle standvastigheid en bemodiging, gee dat julle eensgesind onder mekaar sal wees soos Christus Jesus dit wil h. Rm.15:5]

[Aanvaar mekaar dan, soos Christus julle ook aanvaar het, tot eer van God. Rm.15:7]

[Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde. Ef.4:2]

[Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Ef.4:32]

[Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle ook mekaar vergewe. Kol.3:13]

[en moenie vir mekaar lieg nie. Kol.3:9]

[Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Jak.4:11]

[Moenie oor mekaar kla nie, broers, … Jak..5:9]

VREDE

[Julle moet werklik sout wees en in vrede met mekaar lewe. Mk.9:50]

[L julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe. Ef.4:3]

[En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe. Wees altyd dankbaar. Kol.3:15]

[Leef in vrede met mekaar. 1Th.5:13 ]

LIEFH

[Ek gee julle ‘n nuwe gebod; julle moet mekaar liefh. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefh. Jh.13:35]

[As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is. Jh.13:35]

[Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefh soos Ek julle liefhet. Jh.15:12]

[Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefh. Jh.15:17]

[En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1Th.3:12]

[Oor broederliefde hoef ons nie aan julle te skrywe nie, want julle is self deur God geleer om mekaar lief te h. 1Th.4:9]

[My doel daarmee is dat hulle bemoedig moet word. Hulle moet met liefde aan mekaar verbind wees en saam strewe na diep en volledige insig, sodat hulle God se geheimenis kan ken. Die geheimenis is Christus. Kol.2:2]

[Bo dit alles moet julle mekaar liefh. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind. Kol.3:15]

[Geliefdes, ons moet mekaar liefh, want liede kom van God, en elkeen wat liefhet, is ‘n kind van God en ken God. 1Jh.4:7]

[Geliefdes, as dit is hoe God sy liefde aan ons bewys het, behoort ons mekaar ook lief te h. 1Jh.4:11]

[En nou het ek ‘n vesoek, geagte vrou. Dit is nie iets nuuts wat ek vir julle voorskrywe nie, maar ‘n gebod wat ons van die begin af gehad het: Ons moet mekaar liefh. 2Jh.5]

[Ons moet God altyd vir julle dank, broers. En dit is ook reg, want julle geloof neem sterk toe, en sonder uitsonderling word julle liefde vir mekaar altyd meer. Tit.3:3]

[Laat ons na mekaar omsien deur mekaar aan te spoor tot liefde en goeie dade. Heb.10:24]

[As broers moet julle mekaar altyd liefh. Hebr.13:1]

[Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. Hd.2:44]

[Die groot getal wat gelowig geword het, was een van hart en siel. Niemand het sy goed net vir homself gehou nie, maar hulle het alles met mekaar gedeel. Hd.4:32]

[Betoon hartlike broederliefde teenoor mekaar; bewys eerbied teenoor mekaar en wees mekaar daarin tot voorbeeld. Rm.12:10]

[Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te h. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit. Rm.13:8]

LEER EN ONDERRIG

[Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. Kol.3:16]

1.4 OBJEK: Lidmaat van NGK Walvisbaai-Noord

1.5 TEIKENGROEP: Die gemeente

1.6 LEWENSKOMPONENT: My verhouding met ander gemeentelede.

1.7 BASIESE LEWENS BEHOEFTE: Mense om mee saam te leef

1.8 DIE GEMEENTE VOORSIEN: ‘n Geestelike familie

1.9 EMOSIONELE VOORDEEL: Geestelike ondersteuning in ‘n tyd van nood.

‘n Mens kan nie volledig mens wees sonder sy medemens nie. ‘n Mens kan nie besluit of hy in verhouding met sy medemens wil lewe of nie. Ons kan nie ‘n gelukkige, aangepaste mens wees sonder ons medemens nie. Alleen in verhouding tot jou medemens ontdek jy jou ware menswees. Dit is wat ons in Noord gemeente poog om te doen. Gemeenskap met mekaar help ons om die probleme van die lewe te oorwin.

Terug na Inhoud


DOELWIT nommer vier: Groei dieper deur dissipelskap

Om mense uit die Gelowiges in die groep leiers in te bring.

Jy leer om die waarhede in die Skrif jou eie te maak. Jy rig jou lewe daarvolgens in. Dit help jou om jou geloof te verstaan en te verwoord. Ons wil jou leer om ook ander te gaan leer wat jy geleer het. So voer ons die Groot Opdrag van Mat.28:19 uit, "gaan dan, maak dissipels van al die nasies en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het."

Ef.4:11 - 13. "En dit is die gawes wat Hy gegee het: apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars. Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus. So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus."

DIE GEMEENTE VOORSIEN:

Dissipelskap kursusse om jou toe te rus:

Kursus in Christen leierskap.
‘n Huwelikskursus
Kursus in persoonlike heiligheid
Basiese beginsels van Christenskap


Kursus in Christen leierskap.

Datum:23 tot 27 April 1999 en 10 tot 14 September 1999:

Plek: 16de weg 47; Koste: N$100; Materiaal: 7 laws of a learner: Bruce Wilkenson

Fasiliteerder en Navrae: Albie van Rooyen 064-207420 of Ds. Welly du Toit 064-202706LET WEL, DIT IS 14 SESSIE WAT JY ALMAL MOET BYWOON, NIE TWEE IS DIESELFDE NIE.

Rel nommer EEN

Hoe om ander te leer

Rel nommer TWEE

Skep verwagting by iemand

Rel nommer DRIE

Toepassing

Rel nommer VIER

Herhaling vir vaslegging

Rel nommer VYF

Die behoefte

Rel nommer SES

Toerusting

Rel nommer SEWE

Persoonlike herlewing

Terug na Inhoud


‘n Huwelikskursus

Koste: N$100;

Plek: 16de weg 47;

Tyd: Eerste trimester begin 4 Maart

Derde trimester begin 22 Julie

Navrae: Ds. W du Toit 064-202706

‘n Huwelikskursus om jou huwelik ‘n fees te maak.

Inhoud:

  1. Verlaat jul ouerhuise
  2. Verbind julleself aan mekaar
  3. Die vrou is die helper vir die man
  4. Onderdanigheid
  5. Die man is die leier
  6. Liefde
  7. Rels vir die huwelik
  8. Geld
  9. Seks
  10. Romanties
  11. Kommunikasie
  12. Lojaliteit

    Terug na Inhoud


Kursus in persoonlike heiligheid

Tyd: 1 2 3 4

20 Januarie 1999 24 Maart 1999 2 Junie 1999 4 Augustus 1999

27 Januarie 1999 31 Maart 1999 9 Junie 1999 11 Augustus 1999

03 Februarie 1999 7 April 1999 16 Junie 1999 18 Augustus 1999

10 Februarie 1999 14 April 1999 23 Junie 1999 25 Augustus 1999

29 September 1999

6 Oktober 1999

13 Oktober 1999

20 Oktober 1999

Jy kan enige een van die vyf kursusse loop. Dit word soggend 05:30 vir mans en saans 19:00 vir vroue aangebied.

Koste: N$40

Navrae: Kontak Albie van Rooyen: 064-207420

‘n Kursus in persoonlike heiligheid om jou persoonlike verhouding met God te vernuwe.

Ons sal jou behoefte probeer vervul. Kom deel dit met ons. Dan werk ons daaraan.

Dit gee jou standvastigheid en stabiliteit. "Daarom liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie." 1Kor.15:58. Bid saam met ons as gemeente vir ‘n leerbare gees in gemeentelede se harte. Ons is nooit te oud om te leer nie. Mag dit ook die gesindheid van jou hart wees.

Terug na Inhoud


Basiese beginsels van Christenskap

Tyd: 21 Jan 19:00 27 Mei 19:00 16 Sept 19:00

4 Feb 19:00 10 Mei 19:00 23 Sept 19:00

11 Feb 19:00 17 Mei 19:00 30 Sept 19:00

18 Feb 19:00 24 Mei 19:00 7 Okt 19:00

Inhoud:

  1. Waarom gaan Christenskap?
  2. Valse fondamente?
  3. Hoe groei ek geestelik?
  4. Lewe na die dood?
  5. As ek weer sondig?
  6. Christen by my werkplek?
  7. ‘n Gemeente ?

Navrae: Ds. W du Toit: 064-202706

Terug na Inhoud


DOELWIT nommer vyf: Groei breer deur bediening (ministry)

Dit help jou om jou gawes en talente te ontdek. Jy leer om dit te gebruik om ander te dien.

  1. Klema bediening
  2. Kassette bediening
  3. Oos Weer bediening
  4. Gemeente briewe
  5. Gebeds bediening
  6. Kerksaal

DIE KLEMA BEDIENING

Die woord Klema beteken loot. Die Klema bediening beteken dat daar ‘n klompie mense in Noord gemeente hulleself geroepe voel om ander mense te laat tuis en welkom voel.

Die behoefte om welkom en tuis te voel en te voel jy "behoort" is een van die mens se basiese en sterkste behoeftes. Dit gee ‘n mens sekuriteit, gemoedsrus en ‘n bevestiging dat iemand jou nodig het, net soos jy hulle nodig het. Ons wil nie net h jy moet voel dat ons jou nodig het nie. ONS HET JOU NODIG!

Net soos wat dit waar is in ‘n huis, by die werk en in die gemeenskap waar jy woon, net so is dit ook waar vir almal in die kerk of gemeente waar jy aanbid. Almal van ons is lede van dieselfde liggaam. God het aan elkeen ‘n gawe gegee. Ons moet gewillig wees om daardie gawes tot opbou van die gemeente te gebruik. So dien ons mekaar en reik uit na die wreld. "Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde." Ef.4:16

Die hoofdoel van die Klema bediening is om nuwe intrekkers te laat tuisvoel. Hulle moet dadelik weet wie en wat Noord gemeente is en waarheen ons oppad is. Hulle moet hulle eie plekkie vind in ons "oppad" wees. En ons wil elkeen verseker, ons is oppad. Ons het ‘n duidelike visie, ons het doelwitte vir onsself daar gestel. Ons het dit meetbaar geformuleer. Ons het aksieplanne, waarvan Klema maar een van baie is.

Elkeen moet soos ‘n loot (klema) ingent word op die wingerdstok sodat hulle vanuit die stok kan voedsel inneem, en kan vrugte dra. "Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. ‘n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. " Joh.15:2,4,6

Terug na Inhoud


NGK WALVISBAAI-NOORD KASSETTE-BEDIENING

Vir navrae: Kontak Bertus Fokkens by 064-207759

NR NAAM DATUM PREDIKER SKRIF
001 Gebed 26/10/96

Gebed 26/10/96

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
002 Sending 03/11/96

God gebruik sondaars 10/11/96

Ds Pretorius

Ds. W du Toit

 
003 Wandel met God soos Henog 17/11/96

Brief aan Filidelfia 17/11/96

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
004 Lewende Briewe vir Jesus 24/11/96

Brief aan Laudicea 24/11/96

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
005 Jesus die Vredeskind 01/12/96 Ds. W du Toit  
006 Hoe ruik jy? Vir Jesus 19/01/97

Evangelisasie 26/01/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
007 Jona (1) 26/01/97

Die tong 02/02/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
008 Gemeentevergadering 09/02/97 Gemeente  
009 Persoonlike getuienis 23/02/97 P Beaumgardt  
010 God en Finansies:(Tiendes/Offers) 23/12/97 P Beaumgardt  
011 Nagmaalsformulier 18/12/97

Julle is die sout van die aarde 02/03/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
012 Jona (2) 09/02/97

Hoe praat God met ons?(1) 09/03/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
013 Waarom lyding? 09/03/97

Hoe praat God met ons? (2) 09/03/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
014 Die dood en die lewe daarna? 16/03/97

Sonde wat tot die dood lei 16/03/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
015 Jesus se lewe op aarde 29/03/97 Ds. W du Toit  
016 Jesus se lewe 30/03/97

Jesus het opgestaan 30/03/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
017 Sondagontheiliging 06/04/97

Sondagontheiliging(vervolg) COKE 13/04/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
018 Wat is sonde? 13/04/97 Ds. W du Toit  
019 Die krag van die Heilige Gees 20/04/97 Ds. W du Toit  
020 Die Heilige Gees en gebed 20/04/97 Ds. W du Toit  
021 Die vrug van die Gees: Liefde 27/04/97

Die vrug van die Gees: Blydskap 27/04/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
022 Die vrug v/d Gees:Vrede 04/05/97

Die vrug v/d Gees: Geduld 04/05/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
023 Die vrug v/d Gees:Vriendelikheid 08/05/97

Die vrug v/d Gees: Goedheid 08/05/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
024 Die vrug v/d Gees: Nederigheid 18/05/97

Die vrug v/d Gees: Sagmoedigheid 18/05/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
025 Die vrug v/d Gees:Selfbeheersing 18/05/97

Die vrug v/d Gees: Getrouheid 11/05/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
026 5 dwase meisies(versuim) 01/06/97 Ds. W du Toit  
027 5 dwase meisies(Back to basics) 22/06/97

5 dwas meisies(dissipeskap) 22/06/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
028 Persoonlike getuienis 08/06/97 S Lewis  
029 Persoonlike getuienis 08/06/97 S Lewis  
030 Vergifnis 15/06/97 Ds. P Louw  
031 Die drie stoele 15/06/97 Ds. P Louw  
032 Drie stoele vervolg 15/06/97

Ware Sukses 16/06/97

Ds. P Louw

Ds. P Louw

 
033 Die waarheid 17/06/97 Ds. P Louw  
034 Ouers en kinders 29/06/97

Wie is die Heilige Gees? 29/06/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
035 Wie is Jesus? Johan de Koning  
036 Vernadering 13/07/97

Wie is my naaste 20/07/96

Ds. C vd Heever

Ds. W du Toit

 
037 Ouers en tieners 20/07/97 Rodney Seale  
038 Wederkoms 27/08/97

Naasteliefde en broederliefde 27/07/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
039 Here ek het seer 10/08/97 Ds. W du Toit  
040 Jesus alleen 14/09/97

Geen kompromie 14/09/97

Ds. W du Toit

Ds. W du Toit

 
041 Hoogmoedige lidmaat 21/09/97 Ds. W du Toit  

Terug na Inhoud


OOS-WEER BEDIENING

As jy klaar gelees het, moet jy voel om bietjie huis uit te vee. Daarom die naam, Oos-Weer bediening. Dit is maar net ‘n traktaatjie bediening met verskillende traktaatjies wat geskryf word vir ons gemeente. Indien iemand anders daarby kan baat, is hy of sy welkom om daarvan te neem.

  1. Hoe verminder ek versoekings
  2. ‘n Dokument oor vernuwing
  3. Here ek het seer!
  4. Stop en dink
  5. ‘n Etosha dagboek
  6. Uit Ds se kantoor
  7. Praktiese riglyne vir Stiltetyd
  8. Konflik in ‘n gemeente

Oos-1: Hoe verminder ek versoekings?

A. WAAR STAAN JY?

Eerste fase Tweede fase Derde fase

1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9. 10 11.12.13.14.15.16.17.18.19.20 21.22.23.24.25.26.27.28.29.30

Heil in Christus Aanbieding Verandering

Bekering Toewyding Lewe en karakter

Geloof in Christus Dankbaarheid Gehoorsaamheid

B. HOEL LYK VERSOEKING?

2. 1 Kor.10:12-13 Hoe lyk versoekings?

  1. Jy dink jy kan nie val nie
  2. Versoekings soek om jou te oorval
  3. Versoek is nie uniek nie, almal leef daaronder
  4. God is getrou
  5. Niks meer as wat jy kan weerstaan
  6. Ook ‘n uitkoms
  7. Sodat jy dit kan weerstaan

3. Jak.1:13-17 Hoe werk versoekings?

  1. Aandag weg te trek Jy kyk
  2. Eie begeertes Jy het lus daarvoor
  3. Verlei Aanlok en saamsleep
  4. Dit raak bevrug Jy besluit
  5. Geboorte Jy doen
  6. Dit groei Dit word meer en meer
  7. Dit bring die dood Die sonde is vernietigend

C. HOE OORWIN EK VERSOEKINGS?

Verminder jou versoeking kwosient, jy sal meer oorwinning h

  1. Fisies: (Moeg) 1.2.3.4.5.6.7.8.9.10 Engergie/Sterk
  2. Emosioneel ("Down") 1.2.3.4.5.6.7.8.9.10 Voel goed
  3. Verstandelik(Ontevrede) 1.2.3.4.5.6.7.8.9.10 Te vrede
  4. Geestelik (Leeg) 1.2.3.4.5.6.7.8.9.10 Vol, groeiend
  5. Geografies (Alleen) 1.2.3.4.5.6.7.8.9.10 Saam met ander
  6. Verhoudings(Koud) 1.2.3.4.5.6.7.8.9.10 Warm
  7. Inwendig (Seer) 1.2.3.4.5.6.7.8.9.10 Gelukkig, hoop
  8. Persoonlik (Onseker) 1.2.3.4.5.6.7.8.9.10 Selfversekerd
  9. Verborge (Kwaad) 1.2.3.4.5.6.7.8.9.10 Vergewe
  10. In jou binneste(Seer) 1.2.3.4.5.6.7.8.9.10 Waarderend

Breek die patroon van die versoekings wat jou altyd laat val:

1. Watter dag van die week word jy die meeste versoek?

Ma Di Wo Do Vr Sa So

2. Watter tyd van die dag word jy die meeste versoek?

Oggend/Middagete/Middag/Aandete/Vroeg aand/Laat aand

3. Waar is jy wanneer jy in die grootste versoekings kom?

Werk/Huis/Ander se huis/Sport/Klub/Restaurant/Winkel

4. Wie is by jou wanneer jy in die grootste versoeking kom?

Jou vrou of man/ander vrou of man/Pa of ma/Jou baas

  1. Met watter sonde word jy die meeste versoek?
  2. Hoe voel jy net voordat jy sondig?
  3. Hoekom gee die sonde bevrediging?
  4. Wat kan jy doen om die patroon van versoekings te breek?

    Terug na Inhoud


Oos-2 ‘n Dokument oor vernuwing:

Waarom vernuwing?

Vernuwing raak almal. Dit raak hulle wat nie wil vernuwe nie, dit raak ook hulle wat graag wil vernuwe. Almal moet terugskuif na ‘n nul punt. Almal moet saam nuut begin, oor begin. Niemand kan nou meer roem op suksesse van die verlede nie. Metodes en strukture wat in die verlede suksesse gebring het, is dikwels struikelblokke in die vernuwingspad. Vernuwing bring nuwe uitdagings, nuwe grense, nuwe probleme en ‘n nuwe toekoms. Die vraag is: IS VERNUWING NODIG?

Sommige mense sal eers vernuwe indien hulle in die ergste krisis is. Ander sal selfs in die ergste krisis nie die nodigheid van vernuwing insien nie. Ander sal die krisis sien aankom en s: "Kom ons vernuwe nou reeds om die krisis te vermy". Dit is waarom ons in Noord gemeente nou reeds wil vernuwe! Prof Pieter Potgieter het al tydens die 1987 Vrystaatse Sinode ges: "die NGK is in ‘n bestaanskrisis, gesagskrisis, bedieningskrisis, verhoudingskrisis en gehoorsaamheidskrisis". Dr. J.M. Voster het in sy boek: Het die kerk nog enige betekenis? ges: "die kerk het in ‘n krisis beland as gevolg van meelewingsverlies, funksieverlies en ‘n gesagsverlies." ‘n Span teolo het in die Kerkbode van 22 Februarie 1984 geskryf: "’n Kadawer is die NGK weliswaar nie, maar kaduks en op die krukkelys wel. Ons leef ver benede en verwyder van die geestelike peil wat God van ons verwag. Die kerk skiet tekort wat die gemeenskap van gelowiges betref. Tug word nie toegepas dat die kaf van die koring geskei word nie en daarom is daar te veel wreld in die kerk. Die verlossingboodskap van Jesus Christus ly alte dikwels onder vergaderings, strukture en basaars. Die passiwiteit van lidmate kan vergelyk word met wilde eende wat verleer het om te vlieg weens ‘n oormaat kos. Die kerk het ‘n bedreigde en defensiewe mentaliteit ontwikkel. Kerkreg en kerkstrukture het dikwels so belangrik geword dat dit as ‘n versmorende knyptang dien en geen leefruimte daaromheen toelaat nie. Persoonlike lewensheiliging en gebed skiet ver tekort. Gebrekkige emosionele belewenis van Christenskap is erg verwaarloos. Konklusie: die NGK moet bereid wees tot hartgrondige selfkritiek, anders is hy op ‘n afdraande pad wat tot doodsheid kan lei".

Hierdie stellings van ons kerkleiers is reeds tien jaar en ouer. Het iets al verander?

Die Japanese het ‘n paar jaar gelede ‘n digitale horlosie gemaak en na die Switsers geneem om raad en hulp te vra. Dit Switsers het die ding (wat vir hulle niks meer as ‘n ding was nie) oopgemaak en weer net so toegemaak. "Daar is dan nie ratte in die ding nie, ‘n horlosie moet mos ratte h" was die Switsers se reaksie. Die Switsers het met ‘n ongelooflike deurbraak in hulle hande gestaan maar hulle het dit nie besef nie. Hulle het die aanbod van die hand gewys en binne ‘n paar jaar het hulle 65% van hulle horlosie-mark en duisende werksgeleenthede wreld wyd verloor. Hulle het dit afgestaan aan die Japanese. Die Switsers was nie bereid om ‘n waarde skuif te maak nie. Daar is baie sulke voorbeelde in die geskiedenis. Die spoorweg industrie was in die begin van die 20ste eeu die rykste industrie in Amerika. In 1914 toe die eerste motors hulle verskyning maak, het die spoorweg industrie nie juis aandag gegee of dit as ‘n bedreiging gesien nie. Vandag, 84 jaar later, het die motor as vervoer middel die trein feitlik geheel en al van die aarde afgevee. As die leiers van die spoorweg industrie net wou besef dit gaan nie oor treine nie, maar oor ‘n vervoer middel. Die spoorweg magnate was nie bereid om ‘n waardeskuif te maak nie.

Die NGK het tot in die laat sewentiger jare drasties gegroei. Geboorteaanwas was die rede hiervoor. Dit is nie ‘n direkte uitvoering van die groot opdrag nie. ‘n Wykstelsel met ouderling en diaken in ‘n wyk het uiters goed gewerk vir die kerk wat die kerk wou bedien. Dit het nie juis ‘n uitreiking na die buitekerklike ook ingesluit nie. Miskien wanneer daar sensus opname gedoen is, is buitekerklikes opgespoor. Die vraag is egter, is hulle bedien? Is hulle so bedien dat hulle kerk toe gekom het? En het die kerk hulle so bedien dat hulle wedergebore christene geword het? In ‘n woonbuurt of gedeelte van ‘n woonbuurt het almal aan die NGK behoort en saam het die wyk eintlik as ‘n klein gemeentetjie gefunksioneer. Meeste van hierdie lidmate was toegewyde kinders van die Here en daar was elke twee jaar iemand gereed om met groot toewyding by die vorige ouderling of diaken oor te neem. Vandag behoort dalk drie gesinne uit elke 50 in ‘n woonbuurt aan die NGK en die wykstelsel (ouderling en diaken met ‘n kwitansieboek vir ‘n wyk) het ‘n frustrerende struktuur geword. Tot groot frustrasie van die ouderling en diaken, ook tot groot frustrasie van die gemeentelid. Baie ander faktore wat die laaste jare verander het, beinvloed gesinne se betrokkenheid. Faktore soos, geld, geweld, politieke veranderinge, sosiale veranderinge, ‘n geweldige daling in die geestelike vlak van kerklidmate, die werkende ma’s, televise ens.

Die gemiddelde belydende lidmaat was in 1948 redelik godsdienstig, hulle het geen televisie kanale gehad om te kyk nie, min radio stasies om na te luister en die verskeidenheid van tydskrifte was beperk. Hulle het baie van geestlike dinge geweet en as ‘n mens regtig moeite met hulle gedoen het, was jou kanse baie goed om die wat nie ‘n wedergebore lewe geleef het nie, te begelei tot ‘n geestelike wedergeboorte. In 1998 weet baie belydende lidmate nie juis wat in die Bybel staan nie, hulle lees nie juis die Bybel nie en hulle hou nie regtig daagliks stilletyd nie, hulle leef immoreel en soms ver van God af. Hulle het 40 of meer televisie kanale, honderde verskillende tydskrifte, baie pornografies van aard, hulle het baie geleenthede om hulself te voed met die immorele. Baie van die dinge wat hulle lees en sien, is of raak mettertyd vir hulle ‘n aanvaarbare lewensstyl en daarom leef hulle ook so. Dit sou drasties meer gebed, moeite, kennis en vaardighede vat om vandag se belydende lidmaat tot ‘n wedergebore lewe te bring, as ‘n belydende lidmaat van 60 jaar gelede. Hierdie onbetrokke belydende lidmate, (kom ons noem hulle kerklike ongelowiges) se siening van die kerk en erediens bywoning is die volgende: dit het vir hulle geen waarde nie, hulle het genoeg probleme van hul eie en hulle soek nie nog die kerk se probleme ook nie, hulle het nie tyd nie, hulle is net nie geintereseerd nie, die kerk vra te veel geld, eredienste is uiters vervelig en irrelevant. MAAR, hy wil lidmaat bly. Dan is daar ook die belydende lidmate wat regtig ‘n behoefte aan intieme gemeenskap met gelowiges begeer. MAAR omdat hulle dit nie regtig in die NGK vind nie, gaan hulle na ander kerke. Die kerk moet besef dat hy lede teen ‘n baie vinniger tempo verloor as wat hy gegroei het omdat hy in ‘n struktuur funksioneer wat nie meer mense aanspreek en begelei tot ‘n intieme verhouding met God nie. Die NGK het ‘n negatiewe groeikoers van amper 5%. Die kerke waarin die kleingroepe funksioneer as hoofbyeenkoms in die week, het ‘n positiewe groei koers van 215%. Die vrug spreek so hard dat ons dit kwalik kan miskyk. Die kerk wreldwyd verloor 2,6miljoen mense per jaar.

Die uitdagings van ons tyd vra soveel meer van die kerk. Probleme in skole was 50 jaar gelede, raas in die gange, laatkom vir skool, kougom eet op skoolgronde, nie huiswerk gedoen nie ens, vandag is probleme in die skole, tienerswangerskappe, dagga, selfmoordneigings, ens. Beinvloed hierdie verskil die kerk? Vyftig jaar gelede het die kinders karretjies, tol, kennetjie, vrot eier, bok-bok-staan-styf en albasters gespeel. Vandag speel hulle TV games en op die internet se "Chat line". Beinvloed hierdie verskil die kerk? Ons moet kennis neem daarvan dat die wreld in die laaste 30 jaar meer kennis vrygestel het as die vorige 5000 jaar tesame. Daarom werk dit wat vir 60 jaar gewerk het, dalk vandag nie meer nie.

Die tradisionele NGK bied vir mense ‘n geestelike byeenkoms waarin mense so stil moet sit soos in ‘n 16de eeuse geestelike byeenkoms, op 17 eeuse banke of stoele moet sit, 18de eeuse psalms en gesange moet sing, na 19de eeuse musiek instrumente moet luister (‘n orrel), en verwag dan mense moet die 21ste eeu opgewonde binnegaan en lojaal bly teenoor hulle kerk. Wie skakel die radio vandag aan en soek na ‘n stasie wat orrelmusiek speel. Of wie gaan koop ‘n CD of kasset met orrelmusiek? Metodes wat 50 of 60 jaar gelede gewerk het, werk nie meer vandag nie. Die wyn is nuut, die sakke is oud. Die sakke skeur met die nuwe wyn en die wyn raak verlore. Die evangelie bly dieselfde. As Coca Cola steeds slegs een verpakking gebruik het, nl die 350ml glas bottel wat hulle in 1950 gehad het, sou hulle dalk nie meer op die mark wees nie. Hulle inhoud het dieselfde gebly, maar die hoeveelhede het verander (500m.; 750ml; 300ml; 1L, 2L; ens), hulle verpakking het verander (glasbottels, plastiekbottels, blikkies) hulle soorte het verander na kafienvrye, dieet, gewone Coke ens. Hulle het hulle mark aandeel behou en wreldwyd uitgebrei sonder om die smaak van Coke te verander. Metodes en strukture kan tog verander sonder om die inhoud te verander.

Die NGK sal moet besef dat dit nie oor ‘n kerk gaan nie en dat ons nie die enigste is wat die waarheid beet het nie, maar dat dit gaan om siele vir Christus te bereik en hulle dan te bedien sodat hulle geestelik volwasse kan word in Christus en relevant kan leef met al die uitdagings van die 21ste eeu. Is die NGK bereid om hierdie waarde skuif te maak? Dit sal die tyd ons leer! Noord gemeente gaan haarself in die begin jare van die 21ste eeu inrig om die onkerklikes, ongelowiges en onbereiktes te bereik. In die Nuwe Testamentiese kerk is daar daagliks tot die gemeente toegevoeg. M.a.w. 365 per jaar, dit was seker meer as dit.

Daar is twee groepe wat geidentifiseer kan word in ‘n gemeente se vernuwings proses. Eerstens is daar die leiersgroep. Onder hulle is daar die inisieerders, 2% van die gemeente. Hulle is die mense met die nuwe idee’s. Ook in die leiersgroep is daar die wat insien dat verandering absoluut noodsaaklik is, hulle is gewoonlik so 14% van die gemeente.."Planne wat op goeie raad steun, slaag." Spr.20:18 Dan is daar die tweede groep nl die aanvaarders. Hulle kan onderling in drie verdeel word: Een, die vroe aanvaarders 33% van die gemeente; tweedens die laat aanvaarders ook 33% van die gemeente; en derdens die wat weerstand bied, hulle is 16% van die totale gemeente. Mense wat vernuwing teenstaan het miskien nie ‘n behoefte aan vernuwing nie, of hulle is gelukkig met die huidige metodes en strukture en wil graag bly by dit wat al jare in die kerk gebruik word. Dit het dan vir 60 jaar gewerk, hoekom sal dit nou kwansuis uitgedien wees? Hulle wil graag by die tradisionele bly. Hulle voel dat vernuwing hulle posisie in gedrang bring. Vernuwing bring mee dat hulle dalk ook moet verander of uit hulle gemaksones moet beweeg. Hulle is soms selfgesentreerd of het ‘n wantroue in ‘n leier, daarom is hulle teen vernuwing. Hierdie laaste groep voel baie ernstig oor hulle saak en daar moet erns gemaak word met hulle besware. Hulle moenie sommer net geignoreer word nie. Hulle vra baie tyd en baie persoonlike aandag. Baie van hulle sal ook mettertyd op die wa klim. Gee hulle net kans. Dadelik moet ons ook vir mekaar s dat ons verskillende standpunte gaan h oor hierdie sake. Ons gaan selfs met sommige mense so verskil dat ons paaie van mekaar moet skei. Dank die Here dat daar ‘n verskeidenheid in die liggaam van Christus is.

Vernuwing het twee gelyklopende lyne wat voortduur en nie ophou nie. Die eerste lyn is van die tradisionele na die eietydse. Hierdie is die maklike lyn van vernuwing. Dit is om styl veranderinge aan te bring in eredienste soos bv om te beweeg van: "kom ons sing ‘n paar psalms en gesange saam met orrelbegeleiding", na: "kom ons fokus in lofprysing en aanbidding met ‘n hele orkes van musiekintrumente op God". ‘n Skuif in Skrif eksegese en ‘n uitleg van die Skrif sonder toepassing of die boodskap wat dit vir vandag het, na ‘n gesprek vanuit vandag se lewe en vandag se probleme en ‘n verduideliking van wat s die Skrif daaroor en wat is die oplossings daarvoor. Die skuif van die tradisionele liturgie van Votum en Sengroet, Lofsang, Wet voorlesing uit Eksodus 20, die Skuldbelydenis en Geloofsbelydenis, Skriflesing en Prediking ens. na ‘n informele gesels en deelname uit die gehoor oor ‘n relevante onderwerp van die dag en hoe die Woord van God ‘n oplossing daaroor bied.

‘n Tweede lyn van vernuwing is ‘n skuif in mense se kern-waardes. Dit is ‘n moeilike vernuwingsproses. Dit gaan oor die skuif van "die kerk is daar om die behoeftes van die gelowiges te vervul" maar dat dit ook daar is om ‘n tweede hoofrede nl. "die kerk is daar om uit te reik na ‘n verlore wreld". Hierdie skuif vind gewoonlik baie stadig plaas aangesien baie kerklidmate se waardes nooit regtig by Jesus se groot opdrag uitkom nie. Die kerk en alle geestelike dinge draai vir hulle net om hulleself. Die tendens wat deur die jare in gemeentes ervaar is wat hierdie vernuwings skuif gemaak het, is dat mense in die begin baie opgewonde oor vernuwing is, maar hulle beweeg slegs tot op ‘n sekere punt. Daar skop hulle vas. Tot op die punt waar hulle regtig agterkom dat hulle eie waardes wat hulle al jare en jare in hulle lewens vasgemaak het, nou skielik moet verander. Dit laat hulle onveilig voel. Nou moet hulle uit hulle gemaksones beweeg. Nou word daar van hulle ook iets daadwerkliks verwag. Sulke mense het gewoonlik nooit in hulle hele lewe iemand na die Here gelei nie. Nooit het hulle die groot opdrag van Jesus ernstig genoeg geneem nie. As hulle ‘n preek daaroor sou hoor, sou hulle skuldig voel, maar dit gou weer vergeet. Die verskoning van, "ek het nie genoeg kennis nie", sou altyd voldoende wees om hulle gewete te sus om maar weereens opnuut voort te gaan soos altyd. ‘n Gemeente se gesondheid word nie gemeet aan sy sit-kapasiteit nie, maar aan sy uitstuur-kapasiteit.

Ware vernuwing vind eers plaas wanneer elke individu sy kern waardes verander sodat dit tot die uitvoering van die groot opdrag in sy lewe lei. Dan kan gemeentelede saam gaan sit en waardes bepaal vir ‘n gemeente. Dan kan ‘n mens voortgaan om ‘n visie en missie en doelwitte te formuleer. Waardes dryf ‘n vise. Waardes is die masjien van die motor, visie is die stuurwiel, vernuwing is die brandstof. Vernuwing begin met die daarstelling van korrekte waardes, dan eers met die verandering en beplanning van metodes (vernuwing).

Kom ons vra onsself eerlik af: Watter waardes dryf Noord gemeente op die oomblik? Ek noem ‘n paar.

  1. Die bou van ‘n kerksaal
  2. ‘n Nuwe leier.
  3. Oorkom van lidmate van ander gemeentes na Noord
  4. Ons het ‘n ongelooflike ywer om die swaarkry in die verlede, weg te leef.
  5. Daar is ‘n baie positiewe opgewondendheid en verwagting by die lidmate.
  6. Daar is ‘n groot begeerte om meer te leer van die geestelike dinge.

Wat is ware en opregte waardes? Ons moet ophou bid: "Here, sen die dinge wat ons doen". Ons moet leer bid: "Here, help ons om die dinge te doen wat u sen". As ons werk, werk ons. As ons bid, werk God. Laat ons God se perspektief kry op die dinge wat ons doen. Laat ons saamstaan en werklik tot God bid om Noord gemeente te dra die 21 ste eeu binne. Laat ons die uitdagings wat oor ons pad kom, as geleenthede sien om God se Koninkryk te laat kom.

Terug na Inhoud


Praktiese wenke vir persoonlike stilltetyd

ONTHOU, STILTETYD IS ‘N ONNATUURLIKE INMENGING IN ‘N HAASTIGE MENS SE PROGRAM. AS JY ‘N HAASTIGE LEWE HET EN VOEL JY KOM NIE WERKLIK BY GOD UIT NIE, VERANDER EERS JOU LEWENS SPOED. AS DIT VIR JOU BELANGRIK GENOEG IS OM BY GOD UIT TE KOM SAL JY DIT DOEN.

Alleen God se teenwoordigheid gee God se krag. Bonatuurlike krag is tot jou beskikking. Maak kontak met God deur stilword en bid. Gebed is ‘n onnatuurlike aktiwiteit. Die mees intieme fellowship met God, kom alleen deur gebed. Dit maak ‘n verskil in jou verhouding met God. Nie om in die hardloop met God te praat nie.

Maar om met God sielveranderende en sieldeursoekende gesprekke te h. Jy sal baie meer van God leer. Hoe meer jy bid, hoe meer van God se lewe sal jy in jou binneste ervaar. God se krag vloei na mense wat bid, dit verander omstandighede, help ons om die daaglikse moeilikhede te hanteer, dit maak ons geestelik en psigies gesond, dit red huwelike en help ons om ander te help, dit kan vir jou wondere doen. As ons werk, werk ons, as ons bid, werk God. God kan ‘n verskil maak. Gebed is die sleutel om God se krag oop te sluit in jou lewe

Daar is baie verskillende strukture vir persoonlike stiltetyd. Hierdie is slegs een voorbeeld. Pas dit gerus aan sodat dit by jou situasie pas.

Alleen met God:

  1. Kry ‘n plek waar jy alleen met God is. Geen telefoon, geen steurnisse nie. As die foon dalk kan lui of iemand dalk aan die deur kan klop, gebeur dit mos juis altyd op die mees kritieke tye. Sit ‘n le stoel langs jou neer. Dit help jou om te besef, die lewende God van die heelal is hier by jou teenwoordig. Dink in jou gedagtes, God sit hier by jou. Jy kan ‘n kruis of ‘n doringkroon ook in jou gebedskamer neersit of teen die muur hang. ‘n Leraar kan ‘n herderstaf by hom hou. As hy bid vir die gemeente kan hy sy staf op hou. Die Here moet ook sien en hoor dat hy bid vir die kudde wat God Hom gegee het.
  2. Wees stil en rustig genoeg sodat jy God kan hoor. Soms is ons alleen met God, maar innerlik so onrustig en gejaagd dat God praat, maar ons is nie stil genoeg om Hom te hoor nie.
  3. Begin deur ‘n lofpsalm vir God te lees, of sing saam met ‘n kasset ‘n loflied. Lof aan God help jou om op God te fokus. Dit bring jou binneste, jou innerlike sieleverhouding inlyn met God. Min mense verstaan hierdie beginsel regtig. Sing hardop saam as jy kan.
  4. Gister: Kry vir jou ‘n notaboek waarin jy skryf. Skryf vandag se datum en skryf gister bo-aan. Skryf slegs een bladsy oor gister. Die vreugdes, die suksesse, die mislukkings en ook die sondes van gister. Lees dit hardop vir God. Daaruit vloei punt 3, Belydenisse gewoonlik.
  5. Skryf ‘n L op ‘n stukkie pappier en omsirkel dit. Dit staan vir luister. Sit dan stil, doen niks. Rig jou gedagtes op God en vra Hom om met jou te praat. Moenie haastig wees in hierdie oefening nie. Indien dit stil is, vra God: Wat is die volgende skerp punt in my karakter wat u wil afkap? Wat is die volgende stap in my familie? Watter skerp punte wil U afsny? Wat is die volgende stap in my bediening?
  6. Belydenisse: Skryf dit neer en lees dit hardop vir die Here. Die feit dat jy altyd ‘n verslaggie oor gister skrywe, help dat jy begin agterkom watter sondes vorm ‘n patroon in jou lewe. Bid dat die Here daardie patroon in jou lewe sal breek. Daar is ook ‘n handleiding in die vorm van een bladsy oor versoekings en hoe om die patroon daarvan te breek. Kry dit by die inligtings toonbank in die kerk.

Danksegging: Dank die Here vir alles.

  1. Dankie vir beantwoorde gebede
  2. Dankie vir geestelike seninge. Dis gewoonlik die dinge wat in jou lewe verander het, wat jyself nie kon verander nie. Dinge soos ‘n kort humeur kan ‘n mens nie self verander nie, maar God kan.
  3. Dankie vir verhoudinge met ander mense
  4. Dankie vir materile seninge

Versoeke: Vra die Here wat jy Hom wil vra.

  1. Versoeke rakende jou werk en elke dag se lewe
  2. Versoeke rakende mense
  3. Versoeke rakende jou familie
  4. Persoonlike versoeke, dinge wat oor jou persoonlike lewe gaan.
  5. Maak tyd om die Bybel te lees. Daarmee saam kan jy kassette luister, ‘n geestelike boek lees of ‘n geestelike video kyk.

Jy sal verstom staan hoe jou eie lewe verander. Werk aan die dinge in jou lewe wat nie van God is nie. Dis nie lekker dinge nie. Maar werk daaraan! Ons het in die gemeente gebedskettings. Indien jy enige gebedsversoek het of indien jy deel van hierdie ketting wil word, skakel vir Anna Venter by 207948 of vir Estelle van Rooyen by 207420. Daar is al soveel getuienisse van gebedsbeantwoording. Ons staan verstom oor die werking van die Here.

Ons het elke jaar middel Januarie ‘n reeks vanaf ‘n Sondag tot ‘n Sondag oor gebed. Soos die Here wil sal dit in 1999 vanaf 10 tot 17 Januarie wees. Die onderwerpe sal oor jou persoonlike gebedslewe handel. Hier volg ‘n paar moontlikhede wat behandel sal word. Indien u enige voorstelle het, gee dit betyds deur aan die leraar.

  1. Enige verhouding bestaan uit twee partye. Ons is geneig om te dink: Gebed is, "Ek praat met God" Nee, dit is meer as dit, dit is ook "God praat met my?" Hoe gebeur dit?
  2. Gevaarlike gebede om te bid!
  3. Gebed is ‘n onnatuurlike inmenging in ‘n haastige mens se lewe.
  4. When the request is wrong, God says no; When the time is wrong, God says slow; When the person is wrong, God says grow; When the request, time and person is right, God says go.
  5. Waarom word opregte gebede soms nie verhoor nie?
  6. As ons werk, werk ons. As ons bid, werk God!
  7. Gebed bring doelgerigtheid, selfversekering en sekerheid in my alledaagse lewe. Jesus het ten spyte van sy geweldige besige lewe, tyd gemaak om met die Vader te spandeer. Dit was hard vir hom om regtig tyd alleen te kry om te bid, daarom moes hy soms lank voor sonop opstaan om dit te doen. Mk 1:35. Dan het Hy nie net sy hart uitgestort tot die Vader nie, hy het ook ernstig geluister na wat die Vader Hom wil s. Omdat hy hierdie leiding van die Vader ontvang het, was daar ‘n doelgerigtheid in sy lewe. Die mense rondom Hom kon sy selfvertroue en sekerheid opmerk. Hy het geleer soos een met gesag Mk 1:22. God se krag is tot ons beskikking wanneer ons tyd maak in ons besige programme om na Hom kom. As ons leer hoe om op Hom te fokus en ons harte op Hom te rig.

Oos-8

Terug na Inhoud


Konflik hantering

Om 600 en meer mense met verskillende waardes, verskillende gawes, verskillende behoeftes en verskillende leiers eienskappe gelukkig en tevrede te hou, is nie 'n maklike taak nie. Ons uitgangspunt in die verband is nie in die eerste plek om die behoeftes van 'n meerderheidsgroep of 'n minderheidsgroep te vervul nie, maar om die opdrag van die Skrif vir gemeentewees na te jaag.

Ons gemeente het 'n duidelike visie, missie en doelwitte. Ons het 'n duidelike strategiese beplanning hoe ons bogenoemde wil bereik. Ons het duidelike afgebakende tye wanneer die vordering van hierdie proses gemeet word. Al hierdie begrippe word in bree trekke uitgespel in dokumente wat u op die inligtingstoonbank in die kerk kan kry. Lees dit en vergewis uself waarheen Noord-gemeente oppad is.

Ons het nie hierdie begrippe en die dokumente wat dit beskryf oornag uitgedink nie. Dit is saam met die kerkraad en gemeentelede beplan, deurdink, deurpraat en deurbid. Die proses gaan steeds voort op Woensdag aande om 18:00 en u is welkom om daaraan te kom deelneem. Dit sal baie onduidelikhede uit die weg ruim en miskien kan u sodoende uself inlyn met die proses bring.

Indien u 'n probleem het met die vernuwingsproses, of met 'n persoon of enige saak, volg asseblief die volgende prosedure wat deur die kerkraad goedgekeur is:

Terug na Inhoud


KERKSAAL DONASIES

Carstens P. Walvisbaai

Baard. C. Walvisbaai

Beets. W Walvisbaai

Bergh.O.Walvisbaai

Bestbier.F. Walvisbaai

Bezuidenhout.M.Walvis

Bosshoff. C. Walvisbaai

Botha: A. Walvisbaai

Botha. B. Walvisbaai

Brits.E. Walvisbaai

Burger.S. Walvisbaai

Coetzee. M. Walvisbaai

Coetzee.A. Walvisbaai

Coetzee A. Walvisbaai

Coetzee,C. Walvisbaai

Coetzee. P. Walvisbaai

Coetzee.J. Walvisbaai

Cronje. N. Hopetown RSA

De Beer.E. Walvisbaai

De Bruijne. Walvisbaai

Davids. P. Walvisbaai

De Koker.B. Walvisbaai

De Koker.D. Walvisbaai

De Wit:L.A. Walvisbaai

Dreyer. R. Walvisbaai

Du Rand. Prof..J. Johannesburg. RSA

Du Toit.W. Walvisbaai

Du Toit. A. Hopetown RSA

Du.Toit. P. Kimberley. RSA

Du Toit. L.Strand. RSA

Du Toit. J. Strand. RSA

Du Toit S. Walvisbaai

Duvenhage.W.Walvis

Duvenhage.B. Walvis

Els.R.Walvisbaai

Faul. J. Walvisbaai

Fourie.S. Kanada. USA

Fox. P.H. Walvisbaai

Grane: A. Walvisbaai

Grane: C Walvisbaai

Herbs. V. Walvisbaai

Horn:H.Walvisbaai

Hyundai. Walvisbaai

Lewis. S. Rundu

Mcdonald.D Walvisbaai

Mostert. T.Walvisbaai

Mostert. Pieter (Hiernamaals)

Mostert.G. Walvisbaai

Mostert.M. Walvisbaai

Meyer.E.Walvisbaai

Mynhardt.M.Walvis

Naamib Joiners: Walvis

Nel.B. Walvisbaai

Nel.C. Walvisbaai

NGKWalvisbaai-Moeder

Klem:W. Walvisbaai

Kuhn. G. Walvisbaai

Omega Shell. Walvisbaai

Phoenix. Walvisbaai

Petworld. Walvisbaai

Prinsloo. H. Walvisbaai.

Potgieter.M. Walvisbaai

Rautenbach.Dr.C.Walvis

Roberts.P. Walvisbaai

Robinson. K. Walvisbaai

Rosich.S.J.Walvisbaai

Sauerman. J. Walvisbaai

Shepperson.D.Walvis

Spar. Walvisbaai

Simpson.D.Walvisbaai

Smal.H en J.Walvis

Steenkamp.S.Walvis

Steve’s. Walvisbaai

Stofberg.S. Walvisbaai

Stopka.D.Bellville. RSA

Scholniek. Y. Walvisbaai

Skolniek: F. Walvisbaai

Swart K. Walvisbaai

Terblanche.N.Walvis

Troost. R. Walvisbaai

Tuit. D. Walvisbaai

Ultra Travel. Walvisbaai

V Bosch.M.Walvisbaai

V.d.Walt:H.Walvisbaai

Visser.M. Walvisbaai

Van Niekerk. Walvisbaai

V.Rooyen.E. Walvisbaai

V.Rooyen.A. Walvisbaai

V.Rooyen.K. Walvisbaai

V.Rooyen: R. Windhoek

V.Rooyen.M.Walvisbaai

V.Rooyen. E.Walvisbaai

V.Rooyen.V.Walvisbaai

V.Vuuren.JC.Walvisbaai

V.Vuuren.C. Walvisbaai

V.Vuuren. C. Walvisbaai

Van Vuuren. PZ. Nina

Van Wyk.N. Walvisbaai

Van Zyl: M. Walvisbaai

Van Zyl.J. Walvisbaai

Van Zyl. E. Walvisbaai

Van Zyl. J. Walvisbaai

Van Zyl. L. Walvisbaai

Van Zyl. W. Walvisbaa

Van Zyl T.T. Walvisbaai

Vermaak. S. Walvisbaai

Vermeulen.BHentiesbaai

Viljoen.Ds.Pretoria.RSA

Wichman. B. Walvisbaai

Ygelaar: E. Walvisbaai

Terug na Inhoud


Die Doelwit Sirkel

 

Terug na Inhoud