Oos-3 Here ek het Seer!

HERE, EK HET SEER!

‘n boekie oor sie seer in mense se lewens:

Deur Ds. Welly du Toit

"Oom, ek is lief vir pappa en vir mamma. Maar pappa en mamma baklei vreeslik. En pappa het ges hy gaan weg en kom nooit weer terug nie. Ai, oom, ek wil my pappa en my mamma h. As ek hulle nie altwee kan h nie, wil ek nie meer lewe nie oom. Help my asseblief oom. Wat moet ek doen om hulle gelukkig te maak?"

Daar is soveel pyn en seer in mense. Hierdie seer vra nie hoe oud jy is nie. Hy tref jou soos kanker enige mens tref. Of jy drie jaar oud is, of jy 30 is, en of jy 60 is. Hierdie seer maak seer. Dit is ‘n seer wat anders is as ‘n rugpyn, of ‘n blou nael wat jy gekry het toe jy jou vinger in die kar se deur vasgeslaan het. Hierdie pyn is ‘n brandpyn. Dit pyn, daar waar jy nie weet waar dit regtig is nie. Is dit in jou gedagtes, is dit in jou hart, is dit in jou maag, of is dit …? Ek weet nie. Dit voel of deel van jou lewe uit jou geskeur is. Hierdie sielepyn ken net mense wat dit al ervaar het. As ons praat van mense, dan bedoel ons mense van alle ouderdomme. Ja, en veral kinder-mense. "Tog het Hy ons lyding op hom geneem, deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom." Jes. 53:4-5.

Wanneer ek ‘n geliefde deur die dood afgee, dan ervaar ek hierdie pyn. My pa is dood of my broer is dood. Of nog erger, my kind is dood. En ek het seer. Bitterlik seer. Dit is asof ander mense my nie verstaan nie, of nie wil verstaan nie. Hulle gaan voort asof niks met my gebeur het nie. Hulle ry by my huis verby, hulle doen inkopies, hulle doen besigheid, hulle kyk TV, hulle neem deel aan sport, hulle neem kinders skool toe, dit alles asof niks gebeur het nie. En ek sit met hierdie bitterlike seer binne in my. Hierdie smart wat my vreet. "Raak dit julle nie julle almal wat met die pad verby gaan. Kyk tog self of daar ‘n smart is soos die smart wat oor my gekom het, wat die Here my aangedoen het." Klg.1:12

‘n Dogtertjie kruip agter die bed weg as haar pappa kom kuier. Sy vrees hom. Dit wat hy in die verlede aan haar gedoen het, maak haar bang. Sy sit daar, bewend, haar ogies soekend, vraend, vreesbevange, smekend, huilend. Hy moet net nie naby my kom nie. Hy moenie aan my vat nie. Hy moet my nie eers groet nie. As hy weer uit is, dan kan sy nie slaap nie. Sy snik haarself aan die slaap. Sy kry die vreeslikste nagmerries. Dan huil sy onbedaarlik. Haar skoolwerk gaan agteruit. Die juffrou s sy let nie op in die klas nie. Sy sit en droom heeldag. Sy wil nie meer sport doen nie. Sy het alle belangstelling verloor. Sy wil nie met maatjies speel nie. Sy wil nie met haar speelgoed speel nie. Sy wil niks meer doen nie.

"My man en ek is baie lief vir mekaar. Hy het my egter so vyf maande gelede verneuk. Ek het hom vergewe, maar ek kan hom nie vertrou nie. Ek het te seer gekry. Ek kan hom nie weer aanvaar soos aan die begin nie. Hy kan dit mos weer doen. Op die oomblik gaan dit goed, ons is bymekaar en ons is lief vir mekaar. Maar ek het seer, bitterlik seer." Die Skrif s: "As iemand droefheid veroorsaak het, is dit nie vir my wat hy hartseer maak nie, maar vir julle almal, of, om nie te oordryf nie, ten minste ‘n deel van julle. Vir so iemand is die bestraffing deur die meerderheid swaar genoeg. Nou moet julle so iemand liewer vergewe en bemoedig, anders kan hy so hartseer word dat hy heeltemal moed verloor. Daarom vra ek julle: Bewys liefde aan hom, …" 2 Kor.2:5-10

‘n Seuntjie gryp my bene vas, kyk op in my o en s: "Oomie, tel my op, asseblief oom. Tel my net op." Dit is ‘n wildvreemde seuntjie. Ek ken hom van geen kant nie. Ek het hom nog nooit gesien nie. Ek vra hom: "Hoekom moet oom jou optel?" Dadelik kom die antwoordjie: "Oom, gee my net ‘n drukkie. Dan kan oom my weer neersit. Net een drukkie, oom." Ek kan nie glo wat ek hoor nie. ‘n Vrou kom vinnig aangestap en maak verskoning. "Ekskuus meneer, dit is sommer ‘n klomp kinders uit die kinderhuis."

Daardie nag kon ek nie aan die slaap raak nie. As ek my o toemaak, sien ek elke keer hierdie gesiggie voor my. Die weerlose ogies, die sielswonde, die angs, die verwerping wat ek alles in enkele sekondes in hierdie kindergesiggie gesien het. Seer, Here, ek het seer. Baie seer. Hoekom ek Here? Hoekom moes dit met my gebeur Here? Kon U nie iemand anders uitkies nie, Here?

Ek het my werk verloor oor ander mense se kwaadwillige optrede teenoor my. My hele wreld het platgeval. Alles het plat gel. Vernietig. Flenters. My vyf slaapkamer huis het skielik gekrimp na ‘n klein twee slaapkamer woonstelletjie. My kantoor toerusting, faksmasjien en selfoon en ander toerusting moes ek dadelik verkoop. My kantoor was nou die bedkassie langs my bed. My skoene en tandeborsel en persoonlike goedjies moes alles hulle plek vind in die badkamer. Waar ek en my vrou elkeen ons eie kas gehad het, moes ons nou ‘n kas deel, ons twee en ook nog ons seuntjie wat nou by ons in die kamer geslaap het. Hy was nog in die doeke. Dit het alles saam in een kas gegaan. Baie van ons goed het ons gestoor by vriende, in ons sleepwaentjie, in koffers onder die beddens, oral waar daar ‘n oop plekkie was. Here, hoekom moes dit met my gebeur het. Dis ‘n bitter pil om te sluk. Dit maak seer. Ek het seer Here. Paulus het in dieselfde situasie ges: "Waarom ly julle nie liewer onreg nie? Waarom laat julle julle nie liewer te kort doen nie? … julle het julle sonde laat afwas, julle is geheilig, julle is vrygespreek in die Naam van die Here Jesus Christus en deur die Gees van ons God." 1 Kor.6:7 en 11.

Die Here Jesus het sy lewe verloor weens ander se kwaadwillige optrede teen Hom. Dawid het vir Urija laat vermoor, weens kwaadwillige redes, omdat hy (Dawid) met Urija se vrou owerspel gepleeg het en nou die vrou vir hom wou neem.

"Ek bel my gewese vrou so een keer per week. My kinders is daar. Ek is lief vir hulle. Dit is nou net sewe maande dat ons geskei is. My vierjarige dogtertjie praat graag met pappa oor die foon. Sy vertel van haar poppe en alles wat sy by die kleuterskool gedoen het. My sestienjarige dogter weier nou al sewe maande om met my te praat. As sy die foon antwoord wanneer ek bel, sit sy die foon in my oor neer. Dit maak seer Here. Dit is tog my kind. Hoe graag sou ek dit ook anders wou h. Hoe graag sou ek vir haar ‘n pa wou wees. Hoe graag sou ek vir my kinders ‘n gelukkige huis wou gee. Ek wil so graag …, ai Here … U ken my hart, U ken my seer, Here help my asseblief. Help my!

Miskien s jy: ek is in owerspel betrap, of ek is ouderling in die kerk en ek is laas naweek gevang vir dronk bestuur, of ek het my vrou geslaan, of ek het ‘n ongeluk veroorsaak en twee vriende wat by my in die motor was, is dood. Na so ‘n skokkende gebeurtenis in jou lewe, is dit vir jou asof almal vir jou vreemd is. Almal kyk jou aan asof hulle jou vir die eerste keer sien. Dis natuurlik nie waar nie, maar so voel dit vir jou. Almal waai so huiwerig deur ‘n toe motorvenster vir jou as hulle jou in die straat sien, so asof hulle bang is iemand sien dat hulle vir jou waai. Ou bekendes is skielik vreemdelinge. Hulle kyk nou deur ‘n ander bril na jou. Deur ‘n sonde bril. Want jy het dit of dat gedoen. As die foon lui, kom daar so ‘n donkerte in jou op. Wie wil nou alweer simpatiseer. Wie wil alweer homself geniet in jou verleentheid. As die voordeur klokkie lui, wil jy onder die bed inkruip. Jy is verneder. Jy is platgeslaan. Jy is vertrap, jy voel vernietig. Here, ek het seer.

Ek het eenkeer oor die nuus gehoor van ‘n busbestuurder wat met ‘n groep kinders in ‘n trein vas gery het. Daar is tien kinders dood. Die bestuurder het weggehardloop. Hy het te vinning gery, was almal se verklaring. Of dit die waarheid was of nie, wie van ons wat almal bestuurderslisensies het, het nog nooit te vinning gery nie. Wie kan s, "ek het nog nooit die spoedgrens oortree nie". Niemand van ons ry te vinnig om ander mense dood te maak nie. En as dit gebeur, wat dan. En as dit met jou gebeur, wat dan???

Kan God sulke mense weer gebruik. Moses het ‘n moord gepleeg en God het hom gebruik om die volk uit Egipte te lei. Dawid het nadat hy gesondig het met Batseba, opgestaan en weer God voluit gedien. Petrus het Jesus verlon, hy het gevloek, gesweer, gelieg en weggehardloop in Getsemane. Na die uitstorting van die Heilige Gees het hy gepreek en 3000 mense het tot bekering kom. "Al was julle sonde soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu, al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol." "Laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik en laat ons die wedloop wat voorl met volharding hardloop." Hebr.12:1-2

 

VIR GOD OM BEHEER OOR TE NEEM, MOET JY BEHEER VERLOOR. WANT SOLANK JY IN BEHEER IS, IS JY EINTLIK BUITE BEHEER. DIE GEWILLIGHEID OM BEHEER TE VERLOOR, IS ‘N VOORWAARDE VIR ONS IDENTIFISERING MET DIE KRUIS VAN CHRISTUS.

Ons is so in beheer van ons lewens. Ons het God nie eintlik meer nodig nie. Ek het ‘n huis, (mikrogolf, televisie en videomasjiene, skottel om meer kanale op te vang, ‘n swembad, ‘n binnebraai, fakmasjien, selfoon, ens) ek het ‘n goeie werk en goeie inkomste, ek het twee motors, ek het ‘n vrou en kinders, ek gaan kerk toe, ek lees my Bybel en bid elke oggend en aand. Van ‘n lewende verhouding met die Here Jesus is daar geen sprake nie. Dit is nie eintlik nodig nie. Daar is nie werklik ‘n behoefte aan so ‘n verhouding nie. Ek is in totale beheer van myself en van my situasie. Daar is nou wel nie ware vrede in die huis nie. Maar dit gaan eintlik goed. Niks om oor te kla nie. As mense my vra na my welstand, kan ek met humor antwoord: "Kyk noord en gaan voort" of "Arm maar darem" of "Kla jy maar eerste" of "Hou bek, hou kop, hou moed" of iets dergliks.

Maandag by die werk roep die baas my in. Dis eintlik snaaks. Dis baie min dat hy my inroep. Ek het so ‘n snaakse gevoel in my. Waaroor sal dit nou wees. Ek weet nie van groot foute wat ek begaan het nie. Ek weet ook nie van werk wat ek vir hom moet doen of moes doen nie.

Toe ek in sy kantoor instap, sien ek ‘n koevert op sy lessenaar met my naam daarop. Ek het dadelik geweet, dis my afdanking tjek. Ek het nie rede gehad om afgedank te word nie. Ek het nie rede gehad om dit te weet voordat hy my dit ges het nie. Ek het net geweet. Die gesprek wat gevolg het, was formaliteit. Hy was besonders vriendelik teenoor my. Vriendeliker as gewoonlik.

Toe ek sy kantoor deur agter my toetrek, toe val my hele wreld inmekaar. Ek het eerste gedink aan die huis en motor se paaiemente. Toe het ek somme gemaak. Ek het my vrou se salaris oor en oor bereken en ingedeel in al ons verpligtinge. My kinders se skoolgeld. Hoe sal ek dit kan bybring? Hoekom ek Here? Hoekom het dit met my gebeur? Hoekom nie met iemand anders nie? Skielik het al my maskers afgeval. Ek het gevoel of ek al my selfvertroue verloor het. Hoe gaan ek dit vir my vrou verduidelik?

Ek het die nag deur geworstel. My vrou het dit nie goed gevat nie. Die kinders was ook aanmekaar in die pad. Hulle was verward. Hulle het hulle pa nog nooit so gesien nie. Hy loop met ‘n vraende frons op sy voorkop. Hy is ongeduldig met almal. Sy o sit skielik so diep in sy kop, so asof hy by jou is, maar ook nie hier by jou is nie. Dit was asof dood in ons huis gekom het. Tog is dit ‘n soort dood wat weer lewend gemaak kan word. Maar waarheen, wanneer en wat moet ek doen? Dit is vrae wat aanmekaar in my kop gemaal het. Die volgende oggend het ek die kinders om die kombuis tafel bymekaar geroep. Ons het vir die eerste keer in jare weer saam Bybel gelees. Ek het die deel uit Matteus gelees: "Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet of drink nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Is die lewe nie belangriker as kos en die liggaam as klere nie? Kyk na die wilde vols: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?"

Ek is na ontbyt terug kamer toe. Ek maak die kamer venster oop. Die dag daar buite lyk so anders as gister. Gister oggend het ek ook die venster oopgemaak. Toe het ek nie eens die roosboom raakgesien nie, my aandag was by dit wat ek gister moes doen. By my werk. Vandag is alles anders. In ‘n oogwink anders. Ek tel die rose aan die roosboom. Kyk hoe pragtig lyk hulle, vyf van hulle. Ek sien die mossie wat op die gras sit. Hoor die pragtige fluit geluide wat hy maak. En die Bybel s dat hy nie worries het nie. Ek sien die mistigheid in die lug. Ek voel die koel luggie deur my hare waai. Gister was al hierdie dinge ook hier. Maar ek was hier maar ook nie hier nie. Ek was toe in beheer. Vandag is God in beheer. Vir God om beheer oor te neem moet jy beheer verloor. Want solank jy in beheer is, is jy eintlik buite beheer. Die gewilligheid om beheer te verloor, is ‘n voorwaarde vir ons identifisering met die kruis van Christus.

My vyf jarige seuntjie het vanoggend gebid: "dankie Jesus vir ‘n warm bedjie om in te slaap, dankie vir kossies en dankie vir kleertjies." Is dit nie waar nie. Is dit nie ‘n wonderlike gebed nie. Ek kon dit weer my eie maak. My hele lewens uitkyk het binne een dag verander. Ek het skielik weer met die kinders krieket gespeel. In die aande het ek gaan sit en met die hond gespeel. Ek het die Here gedank vir die liefde wat ek vandag gekry het. Al was dit net ‘n bietjie liefde. Net ‘n bietjie van my vrou en van my kinders. Ek het weer tyd gehad vir noodsaaklike dinge waarvoor ek nie tyd gehad het nie. Ek het geweet, nou is God regtig in beheer. Ek het ‘n rustigheid in my gehad. ‘n Opgewonde rustigheid, maar soms tog ook ‘n onrustige rustigheid. As daar so iets bestaan. Kom ek s eerder, ‘n roekelose rustigheid.

‘n Mens kom soms in klein situasies waar jy nie weet watter kant toe nie. Jy weet daar moet ‘n uitkoms wees, maar jy weet nie wanneer en hoe dit uikoms gaan kom nie. Jou motor gaan staan op ‘n snelweg in ‘n stad. Jy ken niemand in die stad nie. Jy weet nie eens waar die naaste garage is nie. Jy weet nie of daar ‘n agentskap is vir jou fabrikaat nie. Jou hande is afgekap. Jy is buite beheer. Ons was al almal in sulke situasies. Wanneer dit egter jou hele bestaan en al jou sekuriteite raak, dan is dit nie meer ‘n grap nie. Dan is jou "buite beheer" ‘n baie erger saak.

Is dit nie juis in hierdie situasies dat God vir ons s: "My kind, moet dit nie gering ag as die Here jou tug nie en moenie mismoedig word as Hy jou teregwys nie, want die Here tug hom wat Hy liefhet, Hy straf elkeen wat Hy as kind aanneem." Hebr.12:5

Al maak dit seer. Al is dit deurmekaar. Al voel jy asof jou hele bestaan plat val. God is in beheer. Solank jy in beheer is, is jy eintlik buite beheer. Vir God om beheer oor te neem, moet jy beheer verloor. Die gewilligheid om beheer te verloor is ‘n voorwaarde vir ons identifisering met die kruis van Christus.

 

Praat help om die hart te lug

luister wys jou hart sit op die regte plek

Wanneer jou hart gebroke is

sal jy jou kop moet gebruik

Droefheid kyk terug

kommer kyk rond

hoop kyk vorentoe

geloof kyk boontoe

As jou hart nie deur smart leeggetap is nie

was daar nie nou plek vir vreugde nie

Wanneer jy lank op jou probleme sit

kan dit net wanhoop uitbroei

Dis nie ‘n skande om te misluk nie

maar dis ‘n skande om nie jou beste te doen nie

Die geheim van die lewe

is om altyd die vlam van hoop brandend te hou

selfs al brand dit by tye laag

 

 

GOD HET SY HAND OP DIE RAT EN SY OOG OP DIE VERSTE DRAAI IN DIE PAD:

Soms is dit asof God nie ‘n situasie kan hanteer nie. Ek gee die situasie oor aan God, maar dit is asof Hy dit nie kan hanteer nie. Abram raak moedeloos met God. God het hom beloof dat sy nageslag baie sal word. Hy is al amper 100 jaar oud, sy vrou is oud. En daar is geen kinders nie. Hulle is al verby die stadium van kinders. Tog bly God se belofte staan. Dan besluit Abram hy sal maar ‘n plan maak. Hy sal God help. Want hoe ouer hy en Sarah geraak het, hoe moeiliker is dit seker vir God om hierdie belofte na te kom. Hy sal maar by sy slavin slaap sodat daar darem ‘n nageslag vir hom kan wees.

Ons is altyd te haastig. God is in beheer. Hy het sy hand op die rat en sy oog op die verste draai in die pad. God weet wat Hy doen en wanneer Hy dit gaan doen. Ons is soos stout kinders. My karretjie is stukkend. Ek bring dit na pappa en vra dat pappa dit vir my moet regmaak. Ek het self probeer, maar kon dit nie regkry nie. Pappa doen dit graag, daarom neem hy die karretjie en begin daaraan werk. Pappa kan die werk die vinnigste en maklikste afhandel as die kind nie lastig is nie. Die kind moet eenvoudig sit en toekyk hoe pappa die speelding regmaak. Vertrou dat pappa dit op die beste manier sal doen. Maar, wat doen die meeste van God se kinders. Hulle staan eenkant en lewer kommentaar en kritiek op dit wat pappa besig is om te doen. Soms wil hulle ongeduldig probeer help en is net in pappa se pad. Eindelik gryp hulle in vertwyfeling die speelding heeltemal uit die Vader se hande, en dan voeg hulle nog met ‘n taamlike mate van bitterheid by dat hulle tog nie werklik gedink het dat Hy dit kon regmaak nie. Dat hulle hom ‘n kans gegee het en Hy hulle in die steek gelaat het.

Dit is dan dat ons s God is nie ‘n God van liefde nie. Hoe kan ‘n God van liefde sulke dinge toelaat? Kyk net hierdie duister wolke wat oor my kop hang. Dit is God se skuld. My huwelik l in flarde, dit is God se skuld. Ek het geen lewenslus meer oor nie, dit is God se skuld. Ek is elke dag depressief oor my omstandighede. Dit is God se skuld. Ek is moeg van vra, moeg gedink. My gedagtes kry geen einde nie. Dit gaan net aan en aan en aan. "Ek het gedink dit is klaar met my en my hoop op die Here. Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas." Klg.3:18

As ons dan uiteindelik by die einde van onsself kom, dan het ons ‘n probleem. Ons weet ons kan dit nie self hanteer nie. Dan gaan ons maar weer terug na ons Hemelse Vader. Dan bid ons en vra die Here om dit vir ons te hanteer. Ons vra Hom om ons te help met die probleem. Hy moet dit vir ons uitsorteer. Ek noem dit ‘n gebed van afstanddoening. Ek doen afstand van die situasie. Ek gee dit oor aan God. Jy moet in jou gemoed ‘n offer bring. ‘n Offer van: "ek kan niks aan hierdie situasie doen nie, net God kan". In sulke omstandighede raak ons gebede dikwels bevelend. Ons wil God voorskryf wat en wanneer en hoe Hy dit moet doen. Die kombinasie van die vrugteloosheid van die gebiedende (bevele) gebede saam met die uitgeputheid van liggaam en siel, laat ‘n mens kom by die oorgee punt, die nul punt, die keer punt, die doodspunt. Vrees verdwyn, inspanning hou op. Daar kom vrede oor jou. Jy doen afstand van die situasie. Jy gee dit oor aan God. Want jy weet, net God kan nog help. Geen menslike inspanning kan enige verandering bring nie. Dit is nou in God se hande.

Die wreld wat ‘n mens vir jouself binne in jou skep, is so groot in jou eie o. Daarom is jou probleme so groot, jou teleurstelling so groot. Maar dan skielik kom jy voor iets werkliks groot te staan … voor die Grenslose Almag van God … en jy weet jou wreldjie is maar baie klein, baie begrens. Niks van jou klein wreldjie is werklik so groot soos jy gedink het nie. Ook nie jou hartseer en teleurstelling nie. Dan besef jy ook dat hierdie Skepper ook jou Skepper is. En Hy vergeet nooit die werk van Sy hande nie, waarvan jy een is.

Here, ek het seer.

God het sy hand op die rat en sy oog op die verste draai in die pad.

 

Daar is twee dae in elke week waaroor ons ons nie

behoort te bekommer nie. Die een is gister, met al

sy foute en kwellings, sy versuim en kwale, sy flaters

en seerkry. Gister is virewig verby. Dit is buite ons

beheer. Al die geld in die wreld kan gister nie na

ons terugbring nie. Ons kan niks wat ons gister

gedoen het, ongedaan maak nie. Ons kan nie ‘n

enkele woord wat ons gister kwytgeraak het, nou

weer terugtrek nie. Gister is verby. Virewig verby.

Die ander dag waaroor ons ons nie hoef te bekommer

nie, is mre met al sy moontlikhede, al sy laste en

groot belofte en swak prestasies. Mre is buite ons

onmiddelike beheer. Mre sal die son stralend of

agter ‘n bank wolke opkom. Bekommer jou nie oor

mre nie, want mre bring sy eie bekommernis.

Dan bly daar nog ‘n dag oor, Vandag. Dis wanneer

ons die laste en seer van gister afgooi, en die vrese

en bekommernis van mre afgooi, dan het ons

genoeg krag vir vandag. Dan sien ons kans om

vandag voluit te leef. Dis nie die doen en late

van vandag wat ‘n mens oor die afgrond dryf nie,

dis die bitterheid, onvergewensgesindheid, seer

en laste van gister, wat ons alweer oordra na mre.

Lewe een dag op ‘n slag, dan lewe jy vandag!

 

 

DIE LEWE GAAN VOORT TEN SPYTE VAN DIT WAT JY OP DIE LEWENSPAD VERLOOR, DAAR BLY NOG ALTYD GENOEG OOR OM VOOR TE LEWE.

Ons is so geneig om in die verlede te leef. Ons dink so baie terug aan die dae toe ek nog my pa gehad het. Hy is nou al ‘n jaar gelede dood. Ek dink so baie terug aan die Mercedes wat ek gehad het. Toe maak ek daardie groot finansiele flater, nou ry ek ‘n Uno. Maar ek hunker na die verlede. Ek dink so baie aan my getroude dae. Dit was lekker. Maar dinge het skeef geloop. Ek is nou reeds sewe maande geskei. Dis verby. Dit sal ook nie weer kom nie. Ek dink aan my vorige werk. Dit was goeie dae. Dit was lekkerder as dit wat ek nou het. Ek dink terug aan die dae wat ek ho aansien geniet het. Almal het opgekyk na my. Mense het kom raad vra. Mense het kom kuier. Daar was altyd vriende wat gekom en gegaan het. Nou is die huis dood stil.

Ek dink gedurig terug. Ek hunker terug. Ek praat graag daaroor. Die las van die verlede druk my vas. Dit maak my verbitterd. Dit bring ‘n wrok in my hart teenoor die lewe en teenoor mense wat meegemaak het om dit te laat gebeur.

Dit wat ek verloor het op die lewenspad, raak ‘n las wat ek met my saamdra. Die Woord van God s so duidelik: "Terwyl ons dan so ‘n groot skare van geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorl, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof." Hebr.12:1-2 Die dinge wat ons verloor het, waarna ons so dikwels hunker, maak dat ons halfspoed lewe. Ons lewe nie voluit nie. Ons kan nie saam met Paulus uitroep: "Vir my is die lewe Christus en die sterwe wins" nie.

 

DIT IS SOMS GOED DAT GOD ONS TEEN DIE GROND NEERSLAAN. GOED DAT GOD ONS TERUGBRING NA ONS WARE GROOTTE: DAT ONS ONSSELF SIEN SOOS ONS IS, KLEIN, NIETIG, NIKS. DIT IS GOED DAT GOD ONS SOMS WIL LAAT HUIL VAN SKAAMTE. DIT MAAK WEER VAN ONS MENSE, DIT NEEM DIE HARTE VAN KLIP UIT ONS UIT EN GEE ONS WEER HARTE VAN VLEES, HARTE WAT WEER KAN BLOEI EN PYN VAN BEGRIP EN DEERNIS, OOK VIR ANDER.

God het al baie mense terug gebring aarde toe. Baie rykes, baie sport helde, baie geestelike "grotes", baie mense wat te veel van hulleself gedink het. Want dit is God se werk om die hoogmoediges terug te bring na hulle werklike grootte. Maar, dit is seer. Hierdie mense het seer. Baie seer. Baie keer sit hulle jare lank met hierdie seer. Hulle verwerk dit nooit. Hulle kry nooit die kans om dit te verwerk nie. Meesal gun hulle hulself nie die kans om dit te verwerk nie. Hulle het soveel potensiaal om weer op te staan en nog ‘n groter sukses van die lewe te maak. Veral nou dat hulle, met al hulle vaardighede wat hulle reeds teenoor hulleself en teenoor die wreld daar buite bewys het, nog nederigheid daarby geleer het.

Maar, hulle is te bang om op te staan. Hulle is te bang hulle kry weer seer. Hulle verwerk nooit volkome die vorige seer nie. Hulle gaan sit nooit by iemand (‘n geestelike na wie jy kan opsien) om hierdie las in woorde af te gooi en saam met ‘n gelowige daaroor te kan bid nie. Selfs daarvoor is hulle ook te bang. Bang dat die persoon dit nie vertroulik sal hanteer nie. Hulle het ‘n wantroue teenoor almal in die lewe.

Sulke mense kan alleen herstel word deur liefde. Geen veroordeling nie, maar liefde sal hulle terug wen. Liefde sal hulle weer bring om ten volle in die samelewing te funksioneer. Liefde sal hulle optel. Hulle soek liefde, aanvaarding, vriende. Dit is ook gewoonlik mense wat baie liefde kan bewys. "Ek s vir jou, omdat haar sondes wat baie is, vergewe is, daarom bewys sy baie liefde. Maar hy vir wie min vergewe is, bewys min liefde. Luk.7:47

Hierdie mense het die potensiaal om God se spesiale mense te word. Daar is ‘n spreekwoord wat s: Elke heilige het ‘n verlede, elke sondaar het ‘n toekoms. Hierdie sondaars het ‘n Gods-geroepe toekoms. As hulle net kan opstaan en die las afgooi, wat hulle so maklik verstrik. Deur hierdie pynlike gebeure, of dit sonde was en of dit ‘n las was, het God gebruik om hierdie mens in ‘n genaderuimte te laat inbeweeg waarin ‘n mens die dieptes en wydtes van God se genade ontdek. Dieptes en wydtes wat nooit in gunstige omstandighede ontdek kan word nie. Wanneer jy terugkyk sien jy hierdie onbegeerde en tog wonderbaarlike lewenservaring soos die trappe wat lei na die deure van ‘n tempel in die hemel.

Dit haal mense se maskers af. Dit maak van hulle weer opregte mense. Voorheen sou hulle skaam wees as ander mense sou hoor hoe dit werklik in hulle huise gaan. Hoe dit werklik in hulle huwelik gaan. Hoe dit werklik met hulle persoonlike lewe (die dinge waarvan net jy weet) gaan. Hoe dit werklik in hulle persoonlike verhouding met die Here gaan. Noudat God hulle ontbloot het, is dit asof hulle nie meer skaam is nie. Hulle het al hierdie dinge aan God oorgegee en oor begin. Nuut begin. En daarmee saam, genaderuimtes van God ontdek wat baie ander nog nooit ontdek het nie.

Al was dit seer, Here, dit was die moeite werk.

 

God neem nie ons kruis weg nie, maar Hy stuur ander

kinders van die Here om ons daaraan te help dra.

 

 

 

‘N NUWE DEUR VAN GOD SE GENADE HET VIR MY OOPGEGAAN. DEUR HIERDIE PYNLIKE WEG HET GOD MY IN ‘N GENADERUIMTE LAAT INBEWEEG. DIT SOU LANK VAT VOORDAT EK DIE LIG AAN DIE ANDER KANT KON SIEN, MAAR MY EERSTE GEWAARWORDING WAS DAT GOD SE GENADE MEER DIEPTES EN WYDTES HET AS WAT ‘N MENS OOIT IN GUNSTIGE OMSTANDIGHEDE KAN ONTDEK.

Die dood van ‘n geliefde bring ‘n mens altyd in hierdie genade ruimtes van God in. Die seer dwing jou daarin. Die uitvee van hierdie persoon wat daar was, en nou weg is, maak so seer. Die kas moet leeggemaak word. Die bed in die huis is in die aande leeg. Selfs as ons weer restaurant toe gaan, is daar iemand nie meer saam met ons nie. Al wat oorbly, is foto’s of ‘n video en herhinneringe. Die le plek vang ‘n mens. Ons kan maar net saam met die Psalmdigter uitroep: "Die mens, sy lewensduur is soos die van gras … as die woestynwind daaroor waai, is dit weg en sy plek vir altyd leeg. Almal moet een of ander tyd hulle plek op aarde ontruim. Vir hulle wat na God toe gaan is dit ‘n voorreg, vir die wat agterbly, is dit net ‘n le plek. Hoeveel mense dra nie aan hierdie pyn nie. ‘n Vrou het vyftig jaar lank haar maat aan haar sy, en dan skielik, oornag, is hy weg. Vir-ewig weg. Hoekom Here? Ek het seer, Here. Daar is niemand op aarde, behalwe hulle wat vroeg sterf, wat nie een of ander tyd magteloos staar na die le plek wat agtergelaat is nie. Vir Job was dit tyding van tien kinders op een dag. O Job, hoe kon jy dit deurmaak? Hoe het jy staande gebly? Hoe is dit moontlik? Is daar verskrikliker woorde as dit?

God het ook ‘n kind deur die dood afgegee. Jesus het ook die verskeurdheid van twee ouers gesien toe hulle dogtertjie dood is. Jesus het die verlatenheid op twee susters se gesigte gesien toe hulle broer Laserus dood is. Jesus het die hulpgeroep gehoor van die terminale melaatses. Jesus het die verskriklike naderende dood ervaar en beleef op Getsemane. Hy het die verlatenheid ervaar toe sy dissipels daardie aand, in die moeilikste oomblik weggehardloop het. Hy is in hegtenis geneem. Hy is verhoor. Hy is gespot. En toe, is hy met vier lange spykers vermoor. Aan ‘n kruis. Jesus ken die las. Jesus ken die pyn. Jesus ken die dood.

"Die Here verstoot ‘n mens nie vir altyd nie, as Hy beproewing oor ‘n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want Sy liefde is groot: dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring. Klg.3:31

Jy huil oor jou omstandighede. Jy ervaar die smart en pyn. Ander leef rondom jou voort asof niks gebeur het nie. Hulle verstaan nie, want hulle is nie beroof nie. Hulle wil h jy moet die leed afskud en voortgaan. Maar dis makliker ges as gedoen. Die enigste een wat werklik verstaan is die Man van smarte. "Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien nie; en geen voorkoms dat ons Hom sou begeer nie. Hy was verag en deur die mense verlaat, ‘n man van smarte en bekend met krankheid. Jes.5:3

Vra nie: Is daar ‘n smart so groot soos my smart? S eerder: Daar is ‘n troos, so groot soos Sy troos. Hy neem ons smart op Hom en dra ons krankhede.

"Geen versoeking (omstandigheid) wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou. Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan." 1 Kor.10:13

"…julle moet bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming." Jak.1:2-4

Here, dis alles waar, maar dit bly seer. Ek het seer, Here. Help my om dit met iemand te gaan deel. Help my om iemand te kry wat ek kan vertrou, Here. Gee my iemand wat saam met my kan bid om hierdie seer te verwerk, Here.

 

 

 

 

EK IS:

‘n kind van God; Rom.8:16

vergewe; Kol.1:13-14

uit genade gered deur die geloof; Ef.2:8

vrygespreek; Rom.5:1

‘n nuwe mens; 2 Kor.5:17

onder leiding van die Gees; Rom.8:14

onder God se beskerming; Ps.91:11

vry van al my bekommernisse; 1 Pet.7:9

tot alles instaan; Fil.4:13

in beheer van my gedagtes; 2 Kor.10:5

verander deur my denke te vernuwe; Rom.12:2

die geregtigheid van God in Christus; 2 Kor.5:21

‘n volgeling van God; Ef.5:1

vol vreugde en blydskap; Job.8:21

‘n Vrolike mens is ‘n gesonde mens,

‘n neerslagtige mens raak uitgeput

Spr.17:22

Dit gaan altyd sleg met ‘n bedrukte mens,

die blymoedige mens se hele lewe is ‘n fees

Spr.15:15

 

 

 

DIKWELS IS DIE VERNEDERENDSTE OOMBLIK VAN ONS LEWE OOK DIE OOMBLIK VAN ONS GROOTSTE OORWINNING. DIE EIE EK L DAN IN DIE STOF, MAAR JOU VOETE IS WEER OP DIE REGTE PAD, GOD SE PAD.

Here ek het seer. Wat moet ek nou doen Here? Hoe moet daarmee saamleef, Here? Help my om dit vir altyd en altyd van my af te gooi. Dit is ‘n las wat ek met my saamdra op die lewenspad." Seer is ‘n versperring tussen ons en God, sodat Sy krag ons nie ten volle kan bereik nie. Dit is nie maklik wanneer die lewe my soveel houe toegedien het, dat ek nie meer wil lewe nie. Die een na die ander ding het oor my pad gekom. En, saam met al die seer moet ek nog ‘n dierbare ook afgee. Dit is nie maklik wanneer die lewe van ‘n dierbare in die weegskaal is nie, of wanneer jou hele toekoms en alle sekuriteite in die weegskaal is nie. Dit is nie maklik wanneer dit wat jy die sterkste op aarde begeer, aan die weggly is nie. In sulke tye is elke emosie, elke hartstog, saamgevat in ontsteltenis dat die ding wat ons die meeste vrees, op die punt is om oor ons te kom. Klaarblyklik kan alleen sterk maatrels met so ‘n seer en vrees afreken. Positiewe gedagtes, of om woorde van bevestiging oor en oor te herhaal, is nie sterk genoeg om dit te oorwin nie. Om baie te bid en Bybel te lees, is nie sterk genoeg nie. Om te hoor hoe baie ander mense vir jou bid, is nie sterk genoeg nie. Dan, juis dan kom ons kop aan kop tedoen met God. HY NEEM BEHEER OOR. Ons moet afstanddoen van hierdie saak. Ons moet rus en berus in God.

Maar wat dan van geloof? As ek glo dat God dit of dat vir my gaan doen? Waar kom geloof dan in? Afstanddoening en geloof kom bymekaar wanneer die mens by die nulpunt, die oorgee punt kom. ‘n Gelowige vrou wie se man gruwelik vermoor is, het eenkeer ges: Aanvaar dit. Slegs in aanvaarding is daar vrede. In vergeet is daar nie vrede nie. In besigwees en jou gedagtes aflei na ander dinge is daar nie vrede nie. In ‘n aanhoudende geworstel met jou eie gedagtes rondom die seer, is daar nie vrede nie. In berusting is daar nie vrede nie. Berusting is om te s, smartlike omstandighede het oor my gekom. Daar is geen ontvlugting daaraan nie. Ek is maar net een skepsel, ‘n vreemdeling in ‘n geweldige, onbekende skepping. Ek het selfs geen moed meer om te rebelleer nie. Dus sal ek maar net berus in wat blykbaar die wil van God is; ek sal selfs probeer om die beste te maak van die saak en my geduldig onderwerp. En so gaan l berusting kalmpies in die stof van ‘n heelal waaruit God skynbaar gevlug het, en die deur van Hoop slaan toe. Aanvaar God se wil vir jou lewe. Sy wil is goed en aanneemlik en volmaak. Aanvaarding is om God te vertrou. Ek sal my arms en my verstand oopmaak vir wat God toegelaat het om oor my te kom. Ek weet dat Sy bedoeling is om alle dinge vir my ten goede te laat meewerk. Ek gee myself oor aan hierdie situasie met die hoop op wat die toekoms sal bring. Hierdie aanvaarding laat die deur van Hoop wyd oop vir God se skeppende plan. Hierdie verskil tussen berusting en aanvaarding is die sleutel tot ‘n begrip van die samesmelting van geloof en afstanddoening. Anders gestel: dit is geloof buite beheer. Dit is om my seer aan God oor te gee.

"My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil." Matteus 26:39. In hierdie voorbeeld het Jesus Sy wil dieselfde as God se wil gemaak. Die gebed is nie verhoor soos die Mens Jesus verlang het nie. Nogtans het krag uit sy kruis gevloei. Ons gewilligheid om beheer te verloor is ‘n voorwaarde vir ons identifisering met die kruis van Christus. Deur die kruis van Jesus Christus het daar ook verligting vir my seer gekom. By Jesus is die verligting.

Dikwels is die vernederendste oomblik van ons lewe ook die oomblik van ons grootste oorwinning. Die eie ek l dan in die stof, maar jou voete is weer op die regte pad, God se pad.

Staan op. Gaan na iemand wat jy kan vertrou, ‘n geestelike broer of suster. Deel jou seer. Vertel jou seer. Al is dit hoe vernederend. Daarin is bevryding. Daarin is genesing. Dit word die oomblik van jou grootste oorwinning. As die seer terugkom, gaan bid weer saam met iemand. Verkieslik dieselfde persoon. Bid dat God jou die regte persoon sal aanwys. Al vertrou jy niemand meer nie. Jou seerkry het gemaak dat jy geen vertroue in ‘n medemens oor het nie. Bid tot God om jou iemand aan te wys. Aanvaar in die geloof dat God jou die regte persoon sal aanwys.

"Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later lewer dit egter vir die wat daardeur gevorm is, ‘n goeie vrug: vrede omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God. Versterk daarom die slap hande en die lam knie en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word." Hebr.12:11-12

Jou voete is weer op die regte pad, God se pad. "Laat ons elke las afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorl, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof." Hebr.12:1-2

God wil jou weer maksimaal gebruik indiens van Sy Koninkryk!

"Maar nou vertrou ek julle aan God toe en aan die woord van sy genade. Die woord is magtig om julle op te bou en julle in die seninge te laat deel wat Hy aan al die gelowiges as erfdeel belowe het." Hand.20:30

 

VOORWOORD

Here, ek het seer! is ‘n boekie wat handel oor die seer in mense en hoe selfsug en eie seerkry dikwels verhinder dat ons die mense word wat God wil h ons moet wees.

Mense wat seer het sal hul harte en lewens oopmaak as ons, wat Christene is, opreg omgee, as ons tyd maak vir ander in ons lewens en ‘n atmosfeer van liefde, aanvaarding en vergifnis skep. As ons maar wil luister en opreg wil omgee, dan sal ander ons vertrou en dan sal hulle hul harte vir ons oopmaak en vir ons van hulle vrese en pyn vertel.

Ek dra hierdie boekie op aan die Nerderduitse Gereformeerde Kerk Walvisbaai-Noord. Mag God gee dat ons hierdie weg van liefde, aanvaarding en vergifnis sal lewe as lidmate onder mekaar. Mag ons bymekaar staan en hierdie gemeente tot groot hoogtes bou.

Dankie aan my vrou Mechthild en kinders (Renate, Jean en Ludwig) vir julle liefde en bystand in die bediening. Dankie aan elke gemeentelid van Walvisbaai-Noord. Julle is wonderlike mense. Dankie aan elke kerkraadslid vir die harde werk wat julle insit in hierdie gemeente. Dankie aan die skriba, Christa Coetzee, wat net altyd moet regstaan as daar werk is wat ek gedoen wil h. Dankie aan Irene Scheun vir die ontwerp van die voorblad.

Dankie aan elke lid van die gemeenskap van Walvisbaai wat hierdie boekie koop en sodoende ‘n bydrae maak tot die Boufonds van Walvisbaai-Noord gemeente. Mag u die tyd vind om dit te lees. En asseblief, moenie langer met u eie seer rondloop nie. Doen wat die Here vir u s om te doen.

Ds. Welly du Toit

Terug na Inhoud