"Wanneer kan ons weer 'n nuwe CD verwag... dit raak mos nou tyd vir een of
hoe?"
Ek is huidiglik besig met opnames vir my nuwe CD. Een Afrikaanse en een Engelse CD single word vroeg Januarie
vrygestel en die nuwe CD (wat 14 oorspronklike snitte bevat) behoort betyds op die rakke te wees vir my
vertonings saam met Steve Hofmeyr in die Staatsteater Pretoria op 5, 6 en 7 Februarie.
Waarom woon jy hier, in 'n afgelee deel van die land?
Ek het in Johannesburg gewoon tot en met Maart 1996. Op 9 Februarie 1995
is een van my beste vriende, Lauren de Groen, tydens 'n rooftog
doodgeskiet. Dit het my lewe verander, asook die wyse waarop ek die
kwaliteit van my lewe en die van my gesin beskou het en my verhoudings met
ander mense. Ek het benoud geraak oor die geweld in Gauteng en ek was nie
bereid om my kinders in 'n wereld van vrees groot te maak nie. Ons het
besluit om na Shelly Beach op die Kwazulu-Natal Suidkus te verhuis om aan
ons kinders 'n beter lewenskwaliteit te bied en om meer gemoedsrus te he.
Dit is werklik 'n wonderlike plek om te lewe, ons lewe is eenvoudig, maar
rustig.
Wie/wat inspireer jou?
Toe ek omtrent 6 jaar oud was, het my broer (toe 17) geluister na groepe
soos Deep Purple, Uriah Heep, Black Sabbath, ens. en ek moet erken dat dit
'n ernstige liefde vir rock in my gekweek het. Gedurende my laerskoolkare
was ek 'n Abba fanatikus en het ek daarvan gedroom om soos Agnetha Faltskog
te sing. Ongelukkig het ek nie daardie tipe stem nie en dit het lank
geneem voordat ek myself daarby kon berus dat ek nooit soos sy of Olivia
Newton-John sou klin nie! Gedurende my tienerjare het ek begin luister na
groepe soos Heart, Europe, Toto en Pink Floyd. Ek was ontsettend
geinspireerd deur Anne en Nancy Wilson, die twee susters wat vir Heart
sing. Ek het ook gehou van Joan Jett en Patty Smythe. Vandag luister ek
na 'n verskeidenheid van musiek, maar my basiese voorkeur is rock.
Enige vreemde aanhangers?
Daar is 'n man wat vir my skryf wat 'n obsessie het met vroue wat rook. Ek
het ook eers gerook, maar rook nou slegs sosiaal (gewoonlik wanneer ek
onder stres verkeer, soos wanneer ek 'n nuwe CD opneem!). Hy stuur vir my
gedigte oor vroue en meisies wat rook en is mal oor my liedjie "My Naam Is
Nie My Naam Nie" omdat dit die volgende lirieke bevat "dood die sigaret in
die asbak, neem 'n slukkie dop". Elke nou en dan skryf hy en vra my om rooi
lipstiffie aan te sit, 'n sigaret in my mond te sit en dit dan aan hom te
stuur. Ek verstaan nie waarom dit vir hom so belangrik is nie, maar
aangesien dit redelik onskuldig is, het ek al vir hom 'n paar sigarette
gestuur!"
Gunsteling musiek?
Heart, Abba, Toto, Def Leppard, Alanis Morisette, Aerosmith, R.E.M.,
Bon Jovi, Skunk Anansie, U2, Pink Floyd, Eagles, Mariah Carey, Journey
Kos
Pizza, Hoender en Mexikaanse kos
Films
Pulp Fiction, Natural Born Killers, Legends of the Fall, Seven,
Angel Heart, True Romance, The Piano, Bitter Moon,
The Lover, Reservoir Dogs, Henry & June,
Interview with the Vampire, Dracula, Scarlett Letter,
The Professional, Dances with Wolves