Chess
Hulle eerste album, vrygestel in 1986, was 'n mini-album wat net vier
snitte bevat het. Twee daarvan, "Down By The River" en "Holiday" ,was groot
treffers. Die tweede album, Make Your Move, is in 1987 vrygestel en
"Hello My Mama" was 'n groot treffer. Gedurende 1986 en
1987 het Chess Suid-Afrika, Botwana en Swaziland platgetoer, en met soveel
as vier vertonings per dag oor naweke !!, Daar moes van huurvlugte gebruik gemaak word om hulle van
een vertoning na die volgende te vlieg. Hulle het opgetree saam met
baie van die groot sterre van daardie tyd, bv. Stimela, Hotline, Yvonne
Chaka-Chaka, Brenda Fassie, ens.
Chess het aan die begin van 1988 uitmekaargespat as gevolg van teenstrydige
belange in die groep. In 'n stadium het Jean (kitaarspeler), Thelma
(klawerbordspeler) en Irene dit oorweeg om te hervorm met twee nuwe
groeplede, maar dit is nooit deurgevoer nie. Teen die tyd dat Chess opgebreek
het, het Irene gevoel dat sy vir 'n ruk uit die bedryf wou tree. "Teen
daardie tyd was ek en Louis vier maande getroud en het ek besluit om al my
tyd en aandag aan die huwelik en moederskap te wy!" het Irene my vertel.
Hul seun, Vaughn, is op 14 November 1988, een jaar en twee maande na hul
troue in 1987, gebore.
Van L na R: Jean Chellew (kitaar),
Thelma Segonah (keyboards en backing, Irene (sang en bas en
synth), Penny Rose (dromme) and Todd Twala (percussion and sang).
DUSK
In November 1989, het Steve Hofmeyr sy debuutplaat opgeneem en oudisies
gehou vir sy groep, DUSK. Aangesien Irene se man, Louis, Steve se
bestuurder was, het Irene die geleentheid gekry om 'n oudisie te doen.
Steve wou oorspronklik 'n agtergrondsangeres met 'n soet, country stemmetjie
gehad het, maar nadat hy Irene se sterk stem gehoor het, het hy van plan
verander en Irene in DUSK opgeneem. Mooi so, Steve!!!
Irene het gewoonlik 'n paar liedjies gesing voordat Steve sy vertoning
begin het. Ralph en Irene was die enigste twee lede wat reg van die begin
af deur al die ledeverwisselinge van DUSK in die groep gebly het. Dit was
as gevolg van Irene se vertolking van Tina Turner se "Simply The Best" dat
die publiek haar leer ken het en begin vra het vir 'n solo album.
Die oorspronklike DUSK was Nick Matzukis (tromspeler), Paul Hughes (kitaar,
programmering en agtergrondsang), Ralph Michielsen (baskitaar en
agtergrondsang) en Irene.
Hierdie foto van DUSK is geneem nadat daar skommelinge in die oorspronklike
was, van L na R; Ralph Michielsen (bas and sang), Celeste
Hamburg (sang), Steve Hofmeyr (wie's dit?!), Irene and Steven Swanepoel
(kitaar).

Kopiereg © 1997/98
.