WOORD SKOOL 
 
-Skeppingsdoel-
Die doel van Herlewingstad Woordskool is om die Liggaam van Christus
te dien en om Sy lede op te lei en toe te rus met die woord om sodoende meer effektiewe dissipels te wees, verenig in die Groot opdrag van Jesus Christus ons Heer soos omskryf in
Mattheus 28: 18-20.
 

-Strategie-
Om studente met die woord van God by te staan en hulle te leer aangaande die Grootheid van God Drie enig sodat:

Elkeen ‘n persoonlike verhouding met Hom sal hê en sodoende geestelik in Christus sal groei.
Om studente te ontwikkel met behulp van formele- en tuis studies om hulle sodoende toe te rus om nie net dissipels van Christus te wees nie, maar ook dissipelsmakers vir Hom te word.
Om opleiding aan studente te verskaf in die spesifieke bedieningsveld waar God hulle geroep het.