'n VRIEND SIEN HUIL, KAN EK NIE

 

Jacques Brel

Afrikaanse liriek: K. Hougaard (met goedgun-

stige toestemming van die Fondation

Internationale  Jacques Brel)

Uitgewers: Pouchenel-Editions Music/peermusic

 

Natuurlik is die stryd verbete verdring

ons dikwels die musiek / die teerheid

hoort tot die verlede en illusies is tot

niet / Natuurlik is alles te kope / Dis

net dis / wie die meeste bide

Vertrapte blomme leë dromme / maar ‘n

vriend sien huil… dit kan ek nie

 

Natuurlik is als reeds verlore / en wag

ons almal op die end / met skouers

krom, geboë staan ons net-net nog orent

 

Natuurlik word ons steeds bedrieg, maar

selfs voëls se vlug is onbekend / hul reis

verby en onverhaalbaar / maar ‘n vriend sien

huil… kan ek nie

 

So sterf die stede dan – gebroke / verniel

deur kinders van vyftig jaar / maar die

hartseer gou vergete / weens nuwe seer of

grou gevaar / En oraloor staan daar / ver-

dwaaldes / die stryd verloor teen hul ver-

driet / Die waarheid stil, dit is ontwapen

maar ‘n vriend sien huil… kan ek nie

 

Natuuelik is skimme onskendbaar / verkore

wees verg moed en pyn / nasies is steeds

onversoenbaar / geen lig, net ‘n valse skyn

In eie koudheid ‘n gevangene / al soekend –

liefde bly verskuild / eindelaas steeds vol

verlange / sien mens tog ‘n vriend… wat huil


 

Terug na hoofblad Kontak Karin Karin die mens Konsert Optredes CD's &  Albums Toekennings
Foto Album The First Lady Stokperdjies Lirieke/Lyrics Wie is Karin?

 

 
Kopiereg © 2000-2002 W F Malherbe