Karin en 'n Raggie

As dit kom by vryetydsbesteding is Karin obsessief oor haar rekenaar, die internet en die nuutste passie in haar lewe - scubaduik. Sy is 'n gekwalifiseerde gevorderde oopsee scubaduiker en het al onder andere die Seychelle, Mozambiek en selfs Aliwal Shoal saam met "Raggies", geduik! Maar haar gunsteling plek om vinne nat te maak is Plettenbergbaai, aangesien sy glo die beste duikskool in die land, Beyond the Beach, van daar af funksioneer!

Die Two Oceans Akwarium in Kaapstad bied 'n geleentheid aan vir gekwalifi- seerde duikers om in die predatore tenk te duik. Karin is genooi om die uitsonder- like geleentheid mee te maak onder die wakende oog van Tania Coetzee verbonde aan die Two Oceans.

Aldus Karin is die duik die toppunt vir enige adrenalien-junkie. Die duiker op die foto is Karin met 'n Raggie van oor die twee meter - mens kan haar uitken aan die helderrooi haarlyn wat onder die duikkappie uitsteek!

Way to go girl, jy kan nie net fantasties sing nie, jy het ook nie 'n bang haar op jou kop nie! (Van 'n Karin fan)


 

Terug na hoofblad Kontak Karin Karin die mens Konsert Optredes CD's &  Albums Toekennings
Foto Album The First Lady Stokperdjies Lirieke/Lyrics Wie is Karin?

 

 
Kopiereg © 2000-2002 W F Malherbe