Padam, Padam 

 

Musiek: Norbert Glanzberg

Afrikaanse Liriek: Marita van der Vyver

Uitgewers: EMI/SARRAL/MS

 

Daar’s ‘n melodie wat my kwel /  ‘n wysie

soms hard en soms sag / Wat my agtervolg

dag en nag / soos iemand wat iets moet

vertel / Bekend soos my eie verlede / ‘n

skaduwee wat nooit verdwyn / En elke keer

as ek wil vra / waarom hy my pla, styg sy

stem / en dit sny, sny soos ‘n lem

 

Padam… padam… padam / en hy loop

orals agter my aan / Padam… padam…

padam / en hy vra of ek nog kan onthou

Padam… padam… padam / en dit lyk of

hy my wil vermaan / En ek hoor dit

aanhoudend die stem wat tart / bekend

soos my kloppende hart / Hy sê: “Jy mag

nooit-ooit vergeet / onthou jy die voruge

keer? / Daar’s altyd ‘n rede vir treur al

wil jy dit nie altyd weet.” / En al my

verlore gekiefdes / marsjeer voor my oë

verby / Ek sien weer die leë gebare / ek

hoor weer die leuns van weleer / ek

onthou weer die berou

 

Padam … padam… padam / en hy loop

orals agter my aan / Padam…

padam… padam / en hy vra of ek nog

kan onthou / Padam… padam… padam

en dit lyk of hy my wil vermaan / En

ek hoor dit aanhoudend die stem wat

tart / op maat van sy kloppende hart

 

Padam… padam… padam / Kan jy hoor

hoe dit klop soos ‘n trom? / Padam…

padam… padam… / hoor die eggo,

dit dreun om en om / Dis ‘n deuntjie

wat altyd terugkom / dis ‘n toonleer

van trane op maat van die klop / Die klop van ‘n hart sonder hom


 

Terug na hoofblad Kontak Karin Karin die mens Konsert Optredes CD's &  Albums Toekennings
Foto Album The First Lady Stokperdjies Lirieke/Lyrics Wie is Karin?

 

 
Kopiereg © 2000-2002 W F Malherbe