LIEFDE VAN LATER 

Jacques Brel

Afrikaanse teks: Karin Hougaard (na die teks

en met toestemming van Leonard Nijgh)

Met verdure erkenning aan Petrovna Meteler-

kamp en Jannie du Toit

Uitgewers: Pouchenel/peermusic

 

As liefde jaar kan deurstaan / dan

moet dit regtig liefde wees / Ondanks die

baie bitter ure / die foute, agterdog en

vrees / Hierdie kamer om on sheen / wat ons

stil geheime ken / die storie van ‘n fel

verlede / Die wilde hartstog het gekwyn

die soete raserny verdwyn / die wapens

waarmee ons gestry het

 

Ek hou van jou / met hart en siel hou ek

van jou / van hier tot aan die lug se

blouste blou / Ek hou nog steeds van jou

 

Jy ken nou elkeen van my streke / ek ken

die eise van jou spel / Ek hoef al lank nie

meer te smeek nie / my swakhede ken jy wel

Soms lose k jou te lank alleen / miskien is

wat jy doen verkeerd / maar wie van ons kan

foutloos lewe? / Ons moet vergewe en vergeet

en mettertyd sal albei leer / mens kan altyd

weer begin

 

KOOR

 

Al ons gestry van die verlede / was teen

mekaar en met mekaar / maar rustig leef word

gou gewoonte / en bring die liefde in gevaar

Ek huil al lank nie meer so gou jou humeur

het ook getaan / ons het nog net geweegde

woorde / Maar al beheer ons nou die spel

een nodigheid bly steeds bestaan

die soete stryd van die liefde

 

Ek hou van jou / met my hart en

siel hou ek van jou / van hier tot

aan die lug se blouste blou / Ek

hou nog steeds van jou

 

Ek hou van jou / met hart en siel

hou ek van jou / van hier tot aan

die lug se blouste blou / Ek hou

nog steeds van jou

 

Ek hou van jou / ek hou van jou

Ek hou nog steeds van jou / verged

van jou / Nog steeds van jou


 

Terug na hoofblad Kontak Karin Karin die mens Konsert Optredes CD's &  Albums Toekennings
Foto Album The First Lady Stokperdjies Lirieke/Lyrics Wie is Karin?

 

 
Kopiereg © 2000-2002 W F Malherbe