Kyk
gerus Saterdagaand, 5 April 2003, om 7 uur na 'n Karin Hougaard
dokumentêr op Kyknet. Kry 'n wegneem ete, skink 'n glasie wyn, en ..... kyk
net!
Karin Hougaard word
gereken as een van die baanbrekers in die Suid Afrikaanse musiekbedryf. Sy het
haar eerste album, Eerste Afspraak, op agtienjarige ouderdom opgeneem. Sy
was op daardie stadium nie baie betrokke by die produksie van die album nie,
maar vanaf haar tweede album, Herontmoeting in 1988, het sy haarself
begin bewys as een van die eerste popsterre wat oorspronklike Afrikaanse
liedjies sing.