Susan Booyens Senior omroeper / Regisseur: Radio sonder Grense het die volgende te sê gehad oor Karin

“Met die uitreiking van Karin Hougaard se album “Bly” in 1994 het sy haarself sonder twyfel bewys as een van die opwindendste jong stemme in Afrikaanse musiek, maar terselfdertyd is sy ook ‘n “veteran” wat op 16-jarige ouderdom reeds die ATKV Crescendo gewen het – die jongste algehele wenner ooit! Daarom is hierdie album van hoogtepunte uit haar loopbaan tussen 1983 en 1993 so interessant: dit dokumenteer die groei wat plaasgevind het tussen die baie jong popklank van byvoorbeeld “Lui Telefoon” en die rypheid in stemkleur van “Always Love You”. 

Karin was 18 jaar oud toe “Eerste Afspraak” in 1983 vrygestel is en sy palm daardie jaar ‘n Sarie Toekenning vir Mees Belowende Sangeres in. Dit is destyds heeltemal tereg beskou as ‘n baanbrekersalbum – as’t ware die eerste popmusiek in Afrikaans. Vyf jaar later volg “Herontmoeting”. Dié album spog reeds met baie van Karin se eie lirieke; en kan gesien word as ‘n logiese voorloper tot die uitstekende “Bly” wat ‘n meer volwasse en introspektiewe klank het. Op “Hoogtepunte” kry ‘n mens ‘n heerlike oorsig van die pad wat ‘n sangeres soos Karin moes loop om haarself te vestig. Niemand bly 18 nie, maar dit is belangrik om te onthou waarvandaan ons kom. Nou sien ons net uit na haar volgende album!” 

Die 17 snitte op Hoogtepunte

 


 

Terug na hoofblad Kontak Karin Karin die mens Konsert Optredes CD's &  Albums Toekennings
Foto Album The First Lady Stokperdjies Lirieke/Lyrics Wie is Karin?

 

 
Kopiereg © 2000-2002 W F Malherbe