CD's / Albums

 

(Hierdie is 'n lys van al Karin se albums in datum volgorde, volg net die skakel om meer uit te vind oor 'n spesifieke album)

Tydens haar voorgraadse jare aan die universiteit van Pretoria blink Karin uit as solis in die Alabamastudentegeselskap en stel sy in 1983 as tweedejaarstudent haar eerste solo-album "EERSTE AFSPRAAK" vry. Sy ontvang twee Sarietoekennings
hiervoor. Treffers op die album sluit in Swaeltjie en Lui Telefoon - Afrikaans se eerste popmusiek! Amptelik wy hierdie debuutalbum dan haar loopbaan as een van Suid-Afrika se huishoudelike name in.

Talle televisieoptredes en konserte volg in die jare daarna. 'n "Seven single" album "SONDER JOU / TUSSEN 10 EN 20" sien die lig in 1984.

Haar tweede album "HERONTMOETING"met treffers soos Sweef soos 'n Arend, Gly op die Reënboog en Spoortjies verskyn in 1988 en sy tree ook voltyds toe tot die musiekbedryf.

In 1994 volg haar wegbreekalbum "BLY". Hierdie album dien as waterskeiding tussen die "girl next door" beeld en 'n ryper, meer volwasse Karin wat die kreatiewe leisels van haar sangloopbaan by ander oorneem en self die besluite begin neem. Hierdie nuwe Karin Hougaard word deur 'n kwaliteit-honger publiek met ope arms ontvang en word sy beskou as een van die toonaangewende vroue kunstenaars van die 90's.

Gedurende 1996 reik Karin 'n album met die titel "HOOGTEPUNTE" uit wat 'n samestelling is van al haar grootste treffers en gunstelingliedjies, ...liedjies wat oor 'n dekade strek - vanaf 1983 tot 1993. Van haar eertse treffers soos "Swaeltjie", "Hier in my Droom", "Lui Telefoon"(1983), tot "Sweef soos 'n Arend", "Gly op die Reënboog", "Ek het Gedroom" (1988), en "I Will Always Love You" (1993). Hiedie CD is 'n spieël van Karin se veelsydigheid as sangeres. Sy kan enige iets van Brel, Piaf, Whitney Houston tot Meatloaf se liedjies, met gemak sing.

In 1997 reik Karin 'n CD-kortspeler of "single" uit getitel "THIS IS AS LOVE AS LOVE IS GONNA GET". Dit is Karin se eerste engelse vrystelling en 'n voorloper tot "Muse" 'n tweetalige album.

As 'n jong vrou van "thirty-something" stel sy haar nuutste album getiteld "MUSE" (1997) vry en behaal sy internasionale sukses met hierdie baanbrekerswerk. 'n Internasionale deurbraak is iets waaroor Karin lankal reeds droom, om haar musiek buite die landsgrense te laat hoor en vandaar ook die motivering vir die tweetalige album. Op die album "MUSE", soos op "BLY", is Karin verantwoordelik vir die meeste van die komposisies.

'n Jaar later (1998) reik Karin weer 'n CD-kortspeler of "single" uit getiteld "TRYING TO SURRENDER". Hierdie CD bevat twee liedjies genaamd Trying to Surrender (die titelsnit) en Wens.

In 1999 maak sy die album METAMORPH en is dit haar eerste "cover" album - sy neem die musiek van Jacques Brel en Edith Piaf en metamorfeer dit. Die album is sopas genomineer vir 'n SAMA/FNB toekenning as Beste Volwasse Kontemporêre Album in Engels. Die gepaardgaande produksie ook getoiteld METAMORPH het BEELD se Aartvark toekenning ontvang vir die INNOVERENDSTE PRODUKSIE tydens die Aardklop Kunstefees.
 


Terug na hoofblad Kontak Karin Karin die mens Konsert Optredes CD's &  Albums Toekennings
Foto Album The First Lady Stokperdjies Lirieke/Lyrics Wie is Karin?

 

 
Kopiereg © 2000-2002 W F Malherbe