Die fees

Musiek: Lesley Rae Dowling 

Liriek: Jacques du Preez

 

in ‘n duisend jaar van verandering

verander niks – nie eens die mens se sin

waarna lei die paaie van ons?

is daar nog berge om te klim?

 

vrae wat ons somtyds vra

word soos blare in ‘n stroom gedra

verbouereerde strome vloei koel en sterk verby…

 

maar ek gaan nooit ophou soek

soos die digter gryp na word

soms is daar geboorte – somtyds net die dood

ek krap deur boeke geel met tyd

deur tye oud en nut

miskien kry ek maar net woestyn

miskien kry ek my lied

 

meer as ‘n honderd jaar se verwarring

ons moet sterk wees, kinderlik, soepel

wil jy in die volgende eeu insluip

of gaan jou oë jou kragte wys?

 

kom nou kinders word weer jonk

sluit oop die deur en voel weer vry

loop op goue strande, wat verby is is verby

die wêreld mag nog bitter wees

maar vind geen fout en ken geen vrees

die tafel is vir jou gedek

staan nader vir die fees.

Terug na hoofblad Kontak Karin Karin die mens Konsert Optredes CD's &  Albums Toekennings
Foto Album The First Lady Stokperdjies Lirieke/Lyrics Wie is Karin?

 

 
Kopiereg © 2000-2002 W F Malherbe