Duet

Musiek en Liriek: Lieze Stassen

 

hy onthou so goed nog

die dagbreek reënboog

en haar lyf se roering in die skemeroog

en die nag se hartstog, liefdesintog

die lentebloeisel in sy gloeirooi vuur

 

sy is so weerloos met bacchus se odes

ver verwyder van die rooiwyn in sy glas

gedagtes verwaai ‘n haan wat kraai

en die breek van ‘n brander op ‘n lang wit sand

 

koor

 

en die vloei van word en ink op papier

bly steeds ‘n tydelike kuur

en die smaak op sy tong bly brak

wanneer sy haar kop laat sak

 

die pad wat sy verlang is ver en onbeplan

sy wat glo in wat die wêreld kan

sy gee die lewe ‘n kus sy’t in jou berus

deur storms laat sy haar kop op jou getye rus

 

koor herhaal

Terug na hoofblad Kontak Karin Karin die mens Konsert Optredes CD's &  Albums Toekennings
Foto Album The First Lady Stokperdjies Lirieke/Lyrics Wie is Karin?

 

 
Kopiereg © 2000-2002 W F Malherbe