Deur jou vingers val

Musiek en Liriek: Steve Hofmeyer

 

jy’t in die huis van haat verdwaal

daar’s ‘n prys om te betaal

soek jy bang in ‘n donker gang

waar die ligte deur die luike val

 

hier, leer die fout wat jy began

van ‘n goue les daaraan

jy’t my hart ontvoer oor jou koue vloer

waar jy liefde net wil leen en laat staan

 

vra ek jou te veel om saam met my te deel

wat ander bymekaar hou?

Vra ek jou te veel om saam met my te deel

Wat ‘n hart van jou wil hê?

 

koor

 

kyk hoe ek deur jou vingers val

en die donker my kom haal

in die koue staan ek kaal

 

dis ek wat jy deur jou vingers saai

deur jou rug op my te draai

en weg te loop terwyl jy hoop

dat ek jou soos ‘n boek sal omblaai

 

vra ek jou te veel om saam met my te deel

wat ander bymekaar hou?

vra ek jou te veel om saam met my te deel

wat ‘n hart van jou wil hê?

 

koor

 

kyk hoe ek deur jou vingers val

en die donker my kom haal

kyk hoe ek deur jou vingers val

in die koue staan ek kaal

dis die slot van ons verhaal

waar ek deur jou vingers val

Terug na hoofblad Kontak Karin Karin die mens Konsert Optredes CD's &  Albums Toekennings
Foto Album The First Lady Stokperdjies Lirieke/Lyrics Wie is Karin?

 

 
Kopiereg © 2000-2002 W F Malherbe