Pasella

Musiek: Lieze Stassen 

Liriek: Elmarie Kitshoff

 

reën op die voorstoep ‘n kiewiet wat roep

dis ‘n môre-sê-oggend met voëls in die wind

daar’s ‘n stilte wat suinig oor die wêreld lê

dis ‘n tyd, ‘n tyd, ‘n tyd  - om lief te hê

 

die middag kom foeter die môre weg

daar’s ‘n meeu in die lug, dit sê die wêreld sleg

die stil wat met die wêreld lepellê

dis ‘n tyd, ‘n tyd, ‘n tyd – om lief te hê

 

koor

 

en dis alles verniet, dis alles pasella –

soos voëls teen die blou en die wind wat hul abba

ja dis alles verniet, dis alles pasella

 

skemertyd is ‘n troetelkind

die piet-my-vrou het sy maat gevind

dis ‘n tyd om drome te pamperlang

dis ‘n tyd, ‘n tyd, ‘n tyd  - om na iemand te verlang

 

koor herhaal

 

Terug na hoofblad Kontak Karin Karin die mens Konsert Optredes CD's &  Albums Toekennings
Foto Album The First Lady Stokperdjies Lirieke/Lyrics Wie is Karin?

 

 
Kopiereg © 2000-2002 W F Malherbe