|
Skollieklong
Musiek
en liriek: Lieze Stassen
om en om draai
die klank van jou naam
wyl gister se
droom om my lag
en ons polkadans
in die sekelmaan
vou my toe in jou
liefdesjas
hou aan met sing
op my horison
van liefde wat
nooit vergaan
jy’s hier by my
my skollieklong
vou my toe in jou
liefdesjas
koor
vou my toe in jou
liefdesjas
vou my toe en hou
my vas
my skollieklong,
skollieklong
aai, jaai, jaai,
jaai
voel jy die bewe
in my lyf
as jou arms om my
vou
en jy my kop
deurmekaar kom vryf
vou my toe in jou
liefdesjas
koor
vou my toe in jou
liefdesjas
vou my toe en hou
my vas
vou my toe en hou
my vas
my skollieklong,
skollieklong
aai, jaai, jaai,
jaai, aai, jaai, jaai, jaai
|