|
Duisend
Kerse
Musiek
en liriek: Lieze Stassen
jy’t vir my in
die skemer ‘n kers opgesteek
jy het vir my so
baie van myself laat weet
nou brand my kers
te kort
nou het ek maar
weer tot niet geword
maar iewers êrens
brand ‘n kers
jy’t vir my in
die stilte ‘n lig laat brand
jy het vir my
‘n baken in die nag geplant
nou brand my lig
te flou
nou het elke vlam
verdwyn in die kou
maar iewers êrens
brand ‘n kers
koor
‘n duisend
kerse wile k op jou tafel dek
‘n duisend keer
weer die ou akkoorde ontdek
‘n simfonie van
‘n duisend jaar
‘n duisend
kerse op my altar
ek wil vir jou so
graag ‘n kers opsteek
ek wil vir jou so
graag van gister laat vergeet
ek wil jou maar
net in my arms hou
en elke oomblik
lewe net vir jou
want iewers êrens
brand ‘n kers
koor
herhaal
|