Hougaard wen eerste Aartvarkprys op kunstefees.

Berig deur Carel Lessing

Karin Hougaard het vanjaar met die louere weggestap om die eerste wenner van die Beeld se Aartvark-prys vir Innoverde werk op die Aardklopfees te word. 

Hougaard se Metamorph het sterk mededinging van ander produksies op die fees gekry soos Generaal Mannetjies Mentz, Waarom is die wat voor toyi-toyi altyd so vet? en Spieël.

Volgens Kobus Burger, sameroeper van die beoordeelaarspaneel, het Metamorph die prys verdien omdat dit kabaret op 'n nuwe manier benader het. 

Die Aartvark-prys word toegeken vir innoverende werk op die fees, ongeag in watter genre dit geskied. 

Die prys is die eerste en enigste amptelike prys wat tydens die fees toegeken is. 

Volgens Hougaard het sy sestien jaar laas 'n toekenning vir haar werk gekry toe sy 'n Sarie-toekenning gekry het. 

Haar produksie bestaan uit liedjies van Jacques Brell en Edith Piaf, maar die aanbieding daarvan was iets heeltemal nuut.  Die produksie bevat ook vertalings van Franse liedjies deur die Afrikaanse skrywer Maritha van der Vyver, wat tans in Frankryk woon.

Die Aartvark-trofee is spesiaal vir Beeld ontwerp deur Collen Maswanganyi, 'n jong beeldhouer van Msengi in die Noordelike Provinsie. 

 

Bles Bridges - 'n Huldeblyk

Terug na hoofblad Kontak Karin Karin die mens Konsert Optredes CD's &  Albums Toekennings
Foto Album The First Lady Stokperdjies Lirieke/Lyrics Wie is Karin?

 

 
Kopiereg © 2000-2002 W F Malherbe