Hoof bladsy
Reg vir Visvang
Visvang tipes
Vis tipes
Visvang tips
Visvang stories
Eie ondervinding
Advertensies
Persoonlike inligting
Hierdie bladsy het ek geskep na 'n deeglike ondersoek van plekke in die
water, waar visse die meeste van die tyd wei.
Ek bespreek ook verskillende visgewoontes.
Ek sal ook die bladsy opdateer soos ek van nuwe weiplekke te hore kom
waar nog grotes uitgehaal is.
Karp
Baber
Swartbaar
Forel
Geelvis
Karp

Karpe is omnivore. Dit beteken dat hulle enige tipe water plante of larwes
sal vreet. Hulle spandeer die meeste van hul tyd op die bodem van 'n dam of rivier,
op soek na kos.
Later in die dag sal karpe eerder naby aan die oppervlak van die water swem op soek na water flooie
wat opwaarts gedryf het.
In damme waar daar riete voorkom, sal groot karpe gewoonlik beskerming soek in die riete.
Baber
Babers is karnivore. Hulle eet enige tipe vleisagtige aas.
Alhoewel ek in sekere gevalle al babers met brood of mieliepitte aangekeer het.
In 'n omgewing waar bome in die water staan sal babers gewoonlik net onder die bome aangetref word.
Die hoof rede is dat hulle wag vir klein voëltjies wat uit hul nesse in die water val.
Nog 'n plek om vir babers te soek is net onder 'n digte laag water plante waar die water baie vlakker is.
Swartbaars
Swartbaars hou daarvan om naby enige tipe voorwerpe onder die water te swem.
Soos bv. waterplante,bome & riete.
Swartbaars hou daarvan om in diep water te skuil en om in vlakker water te wei vir kos.
Forel

Die volgende is beste visvang plekke waar forelle in damme gevang word:
1) Klippe in die water.
2) Diep water naby gras.
3) Vlakker water naby enige plante.
4) Naby riete.
Geelvis

Geelvisse kan in damme of riviere gevang word.
Hulle hou ook van aas soos brood,mielies,pap,deeg.
Geelvisse is eintlik meer 'n vleis etende vis.
'n Klein krappie is natuurlik bobaas aas vir geelvis.
Gaan boontoe