Koor
Mis jy my
soms as die son opkom
Of mis jy
my as die son saans sak
Mis jy my
laat in die môre
Of mis jy
my vroeg in die nag
Kan jy ooit onthou hoe my hare ruik
Hoe dit klink as ek oopbek lag
Hoe dit voel wanneer ek aan jou vat
My koue lyf teen joune druk
Jou styf vashou as ons langpad ry
Vroeg in die more styf teen jou lê
Koor
Wonder jy dalk wat doen ek vanaand
Word jy snags wakker en verlang na my
Dink jy soms aan ons tye saam
Wat jy sal doen as ek jou vra vir die maan
Wonder jy ook of ek by jou gaan bly
Wonder jy of ek na jou ook verlang
Herhaal
koor
Lirieke - Naat
Komposisie - Naat
Jy sit die
son terug in my donker oë
Jy laat my
vlieg tot by die kranse heel bo
Jy gee nuwe
lewe aan my dooie lyf
Van jou wil
ek net die mooiste goeters skryf
Kom dans
saam met my buite in die reën
Dis net ons
twee en ons twee alleen
Ons dans op
die maat van die lied in my hart
En probeer die
noodlot nog een aand tart
As ek more
besef jy is reeds weg
Sal ons
weet hulle was dalk reg
Ons omgee
vir mekaar was ‘n aand in die reën
Want soms
word ons net vir mekaar geleen
Lirieke - Naat
Komposisie - Kaat
Waar kom jy
nou skielik vandaan
Of was jy
maar nog altyd hier
Dis of ‘n
weerligstraal my slaan
Wanneer jy
meteens hier voor my staan
Koor
Raak aan my
Ek is baie bang
Want die spoke gaan ons albei vang
Hulle dans en lag en huppel en spring
Dis hulle wat slegte tyding bring
My bene
word rietjies wat waai in die wind
Die spoke
van gister dans om my rond
Hulle
koggel en lag en huppel soos ‘n kind
Wanneer jy meteens
hier voor my staan
Koor X2
Lirieke - Naat
Komposisie - Naat en Angie
My kop loop
vannand vêr vêr paaie
Oor berge
en om skerp draaie
Na daar
waar jy bly
En ek
wonder of – mis jy my
Daar loop
kronkelpaaie in my kop
Dit loop en
ek kan dit nie stop nie
Wat ek ek
tog doen om dit te stop
Die
kronkelpaaie in my kop
Ek wens ons
kon halfpad ontmoet
Vêr van die
rook en roet
Weg van al
die mense wat my altyd vermaan
Om my
gevoel vir jou te laat staan
Hulle dink
dit is beter so
Want ek is
hier en jy – jy is daar
Jou gesig
is in alles om my
Ek voel jou
hande ooor my streel
En ek weet
dat ek my nie verbeel
Daar’s ‘n vuur
wat smeulend brand
Van die een
kant van die wêreld tot by die ander kant
Gee my jou
hand
Ons is
albei bang
Maar as jy
val – sal ek jou vang
As jy
struikel sal ek jou ophelp en dra
Langs vêr
vêr paaie
Oor berge
en skerp draaie
Herhaal X2
Lirieke -
Naat
Komposisie - Kaat
Dit is laat
Sondagmiddag in Melkbosstrand
Daar is ‘n
vuur wat hemelhoog brand
Stemme wat
raas en kinders wat lag
Dit is die
einde van nog ‘n dag
Dan die
alleen, die son het gesak
Die huis is
koed en leeg en strak
My hande
tas in die donker rond
Na die wyn
wat die pyn
Sal laat
smelt
In my bors
Melkbosstrand
kon jy maar praat
Van almal
se wel en weë
Sou die
vure altyd hemelhoog brand
Almal ‘n
kans weer gee
Ek wil jou
so graag hier by my hê
Sodat ons
weer so bymekaar kan lê
Na ‘n vuur
staar wat hemelhoog brand
Hier aan
die weskus by Melkbosstrand
Herhaal
koor
Instrumente
vers 3
Herhaal 3
Dit is die einde
van nog ‘n dag
Lirieke - Naat en Kaat
Komposisie - Naat en Kaat
Ek het jou
lief soos heel vyekonfyt
Elke lek lê
soet op my tong
Ek sou jou
graag wou stukkend byt
Met jou
liefde maak tot die son opkom
Na
middernag by kerslig saam met jou bad
Die son
sien sak op ‘n houthut se trap
Wyn drink
by ‘n doverstoof op ‘n mat
Met jou
deur grasgroen woude stap
Die wind in
ons hare is al wat ek vra
Ek kan jou
verdra, jou masasaha
Die lewe is
lekker met jou by my
En ek is
jou beste grootste heel vy
Herhaal 1
en 2
Lirieke - Naat
Komposisie - Naat
Ek wil my
arms om jou vou
Soos
groenmielieblare
Ek weet jy
het geen idée
Ek wil dit
al doen vir baie jare
Maar jy het
trou gesweer
Aan ‘n
ander vrou
En ek moet
tevrede wees
Dat ek net
nog altyd wou
Koor
Ek sou jou wou soen
op jou mond
En op jou lyf
Jou binne my hê
Jou saggies hoor sê
Bly hier vanaand
Bly nog ‘n maand
Jy weet dat ek altyd nog wou
Een aand is
nie genoeg nie
‘n Leeftyd
veels te kort
vir my om
vir jou te wys
my liefde
bloei al vir jare
Herhaal
koor
Herhaal 1
Lirieke - Kaat
Komposisie - Kaat
Nog ‘n
babelaas oggend
Met Grandpa
en wyn
Gisteraand
se waarheid
Klop in my
kop, of is dit
Rerig net
‘n hoofpyn
Koor
Ek is seker veronderstel
Om te sing van blomme en bome en goed
Maar realiteit kom sit op my bed
Stoot haar koue voete teen my boude
Vra my die diepste vrae
Want die waarheid moet uit
So spandeer
ons die oggend
Babelaas
Grandpa en wyn
Ons soek
angstig na die waarheid
Ons hoop
dat verborge vrese
Eindelik
sal verdwyn
Koor
Herhaal 1
Lirieke - Kaat
Komposisie - Kaat
Waar julle
ookal gaan ek is altyd daar
Ek hou
julle hande in myne vas
My arms ‘n
skans teen enige gevaar
My liefde
‘n getroue winterjas
Koor
En wanneer ek laatnag
Langs julle wakker sit
Weet ek sonder twyfel
Daar is nie ‘n liefde
Soos ‘n ma vir haar kind
Met julle
by my kan ek reuse verslaan
Riviere
aandurf en berge uitklim
Ou siele
wat my so goed verstaan
Daar is nie
‘n liefde
Soos ‘n ma
vir haar kind
Koor
Herhaal 2
Lirieke - Naat
Komposisie - Naat
Jy‘s ‘n
lawwe en stuitige en wonderlike man
Wat mense
bekoor net waar jy gaan
Wanneer ek
jou sien word my bene lam
Is my goeie
oortuigings na die maan
Jy gee om
vir alles, elke kind en kraai
Jy het
goeie vriende om elke hoek en draai
Jy laat my
soms voel soos ‘n ware godin
En ek
wonder waar het dit alles begin
Koor
Kom saam met my
Ek sal jou mooi oppas
Ek sal jou leer tango
En two-step en wals
Draf saam met met my berg-af
Ek hou jou hand vas
Ek sal jou oppas
Ek sal jou leer tange
En two-step en wals
Saam met
jou wil ek die mooiste veldblomme pluk
Al die pyn
en hartseer uit jou lyf uit ruk
Kaal in die
maanlig in ‘n plaasdam speel
En selfs my
hartsgeheime met jou deel
Herhaal
koor
Herhaal 2
Herhaal
koor
Lirieke - Naat
Komposisie - Naat
Die son het
gesak – dis skemer buite
Verlange lê
swaar in my lyf
‘n Boom se
vingers krap aan die ruite
van ‘n leë
en donker huis
Ons is al
‘n honderd jaar
Waansinnig
life vir mekaar
Maar die
seerkry van ‘n enkele keer
Hou ons vir
altyd weg van mekaar
Die son kom
op – dis helder lig buite
Verlange lê
dik oor my lyf
Die boomtak
se vingers
Het verkrom
en verstyf
Jy is weg –
dis ‘n eensame huis
Herhaal 2
en 3
Lirieke - Naat
Komposisie - Kaat
Ek mis jou
soms as die son opkom
Ek mis jou
soms as die son saans sak
Ek mis jou
vroeg in die môre
Ek mis jou
laat in die nag
Ek kan onthou hoe jou hare ruik
Hoe dit klink as jy oopbek lag
Hoe dit voel wanneer jy aan my vat
Jou koue lyf teen myne druk
My styf vashou as ons langpad ry
Vroeg in die more styf teen my lê
Herhaal
Koor
Ek wonder soms wat doen jy vanaand
Ek word snags wakker en verlang na jou
Ek dink altyd aan ons tye saam
Wat ek sou doen as jy my vra vir die maan
Ek wonder gaan jy ooit terugkom na my
Ek wonder of jy na my ook verlang
Herhaal
koor
Lirieke - Naat
Komposisie - Naat
Dis vroeg
in die more na ‘n lang warm nag
Maar my lyf
voel yskoud en stil en dood
Ek maak my
lyf warm onder ‘n kombers van verlange
Die pyn vul
elke kamer van my hart
Hoekom wil jy nou skielik weet
Is ek iewers heen oppad
Die kere wat ek jou sou vra
Om my siel te kitaar
Het jy net daar bly staan
Kamtig verbaas – kamtig verward
Ek wens jy
was hier om my vas te hou
‘n
Granaatrooi vuur wil my binneste verteer
‘n vuur wat
borrel en brand deur my vleis
en skadu’s
maak teen die muur
My tong is droog, dis ‘n langdurige dors
Want elke keer as ek jou sien
Draai gedagtes rond in my kop
En ek sê skink nog ‘n dop
Vir al die drogbeelde in my kop
Herhaal 1
Lirieke - Naat en Kaat
Komposisie - Naat